Tuisblad
Welkom by Wikipedia,
die vrye ensiklopedie wat deur enigiemand verbeter en uitgebrei kan word.
|
|
Help ons om ’n wêreldklas-ensiklopedie in Afrikaans te skep. | |
Inleiding • Hulp • Kontak | Gebruikersportaal • Voorbladartikels • Kategorieë • Stel ’n vraag |
Voorbladartikel
Nineve (Akkadies: Ninua; voorheen Ninevé in Afrikaans) is ’n antieke Mesopotamiese stad aan die oosteroewer van die Tigrisrivier; dit was die hoofstad van die Nieu-Assiriese Ryk en ’n belangrike kruispunt van handelsroetes op die Tigris. Dit het veral tydens die bewind van koning Assurnasirpal II begin floreer. Die stad het tussen 100 000 en 150 000 inwoners gehad. In sy mure was 15 poorte en ’n uitgebreide stelsel van 18 kanale het water uit die heuwels na Nineve vervoer. Dit was sowat 50 jaar lank die grootste stad in die wêreld. Die voorspelling van die verwoesting van Nineve in die Bybel het later gelei tot die berou en redding van die inwoners. Dit is egter eindelik in 612 v.C., ná ’n bitter tydperk van burgeroorlog in Assirië, verwoes deur ’n ongewone koalisie van voormalige inwonervolke, die Babiloniërs, Mede, Perse, Galdeërs, Skitiërs en Kimmeriërs. Die stad se ruïnes lê oorkant die rivier van die moderne stad Mosoel in Irak. Die twee belangrikste grafheuwels binne die stadsmure is Kouyunjik, die Noordelike Paleis, en Nabi Joenoes. Uitgrawings word sedert die 19de eeu op die terrein gedoen, en talle paleise en tempels is al ontdek. Van die stadspoorte is ook gerekonstrueer. Groot kommer bestaan egter tans oor die agteruitgang van die terrein, veral weens moderne uitbreidings in die gebied, plundery en die optrede van die ekstremistiese militantegroep Isis.
In die nuus
Het u geweet...
... dat Julius Richard Petri die eerste mikrobioloog was wat 'n moderne stelsel daargestel het om bakterieë te kweek met die ontdekking van die petribakkie? ... dat daar sowat 350 000 Han-Chinese in Suid-Afrika woon? Die meeste van hulle is in Johannesburg en praat Chinese tale soos Mandaryns en Hakka. ... dat Rosamund Everard-Steenkamp die eerste vrou is wat 'n Spitfire en straalvliegtuig gevlieg het? ... dat die stigter van Windhoek, Curt von François, in Königs Wusterhausen, nou 'n stad in die Duitse deelstaat Brandenburg, oorlede is? ... dat die oorspronklike benaming vir die eerste maand van die jaar (Januarie), die Latynse benaming is vir die Romeinse god Janus? Die vroeër benaming vir hierdie maand was "louwmaand" en dit stam uit die middel-Hollandse taal. In Holland word hierdie maandnaam nog gebruik, maar die Latynse benaming is meer algemeen.
Vandag in die geskiedenis
Voorbladbeeld
Die Televisietoring van Berlyn van onder af gesien. Die toring, wat naby Alexanderplein in die sentrum van die Duitse hoofstad geleë is, is van 1965 tot 1969 deur die regering van die destydse Duitse Demokratiese Republiek (Oos-Duitsland) opgerig. Dit was bedoel om beide 'n simbool van Kommunistiese mag en van die stad te wees en is tot vandag toe een van sy landmerke.
|
Vind artikels
| |
Geografie - Geologie Afrika • Suider-Afrika • Amerika • Antarktika • Asië • Europa • Oseanië Rusland • Turkye • Verenigde State van Amerika Lande • Baaie • Berge • Eilande • Mere • Oseane • Riviere • Woestyne | ||
Geskiedenis | ||
Kultuur | ||
Religie | ||
Samelewing | ||
Taal | ||
Tegnologie | ||
Wetenskap | ||
Wikipedia in ander tale
| ||
Weergawes met meer as 1 000 000 artikels العربية • مصرى • Cebuano • Deutsch • English • Español • Français • Italiano • 日本語 • Nederlands • Polski • Português • Русский • Svenska • Українська • Tiếng Việt • Winaray • 中文 | ||
Weergawes met meer as 750 000 artikels فارسی | ||
Weergawes met meer as 500 000 artikels Нохчийн • Català • Čeština • Suomi • Magyar • Bahasa Indonesia • 한국어 • Norsk (bokmål) • Română • Srpskohrvatski / српскохрватски • Српски / srpski • Türkçe • Татарча / tatarça • Bân-lâm-gú | ||
Weergawes met meer as 250 000 artikels Беларуская • Български • Cymraeg • Dansk • Ελληνικά • Esperanto • Eesti • Euskara • עברית • Հայերեն • Қазақша • Baso Minangkabau • Bahasa Melayu • Simple English • Slovenčina • Oʻzbekcha | ||
Weergawes met meer as 100 000 artikels Afrikaans • Asturianu • Azərbaycanca • تۆرکجه • বাংলা • Bosanski • Galego • हिन्दी • Hrvatski • ქართული • Latina • Lietuvių • Latviešu • Malagasy • Македонски • मराठी • မြန်မာဘာသာ • Norsk (nynorsk) • Occitan • Slovenščina • Shqip • தமிழ் • Тоҷикӣ • ไทย • اردو • 粵語 | ||
Weergawes met meer as 50 000 artikels Башҡорт • Беларуская (тарашкевіца) • Brezhoneg • کوردی • чӑвашла • Frysk • Gaeilge • Kreyòl ayisyen • Íslenska • Basa Jawa • Kurdî / كوردی • Кыргызча • Lëtzebuergesch • Ladin • lombard • മലയാളം • Plattdüütsch • नेपाल भाषा • ਪੰਜਾਬੀ • Piemontèis • شاہ مکھی پنجابی (Shāhmukhī Pañjābī) • Basa Sunda • Kiswahili • Ślůnski • తెలుగు • Tagalog • Vèneto | ||
Lys van alle taalweergawes van Wikipedia
| ||
Susterprojekte
| ||
| ||
| ||
| ||
| ||
| ||
| ||
| ||
|
Indien u die verkeerde datum sien of sjablone opgedateer het, moet u die voorblad verfris.
|