Tuisblad
Welkom by Wikipedia,
die vrye ensiklopedie wat deur enigiemand verbeter en uitgebrei kan word.
|
|
Help ons om ’n wêreldklas-ensiklopedie in Afrikaans te skep. | |
Inleiding • Hulp • Kontak | Gebruikersportaal • Voorbladartikels • Kategorieë • Stel ’n vraag |
Voorbladartikel
Claudius Ptolemeus of Claudius Ptolemaios (Latyn: Claudius Ptolemaeus; Grieks: Κλαύδιος Πτολεμαῖος, Klaudios Ptolemaios; omstreeks 100-170 n.C.) was ’n Romeinse burger van Egipte wat in Grieks geskryf het. Hy was ’n wiskundige, sterrekundige, aardrykskundige, astroloog en musiekteoretikus van Alexandrië wat sowat 'n dosyn wetenskaplike verhandelings geskryf het, waarvan drie belangrik was vir latere Bisantynse, Islamitiese en Wes-Europese wetenskap. Die eerste was sy sterrekundige verhandeling wat nou as die Almagest bekend is, met die oorspronklike titel Wiskundige Verhandeling (Grieks: Μαθηματικὴ Σύνταξις, Mathēmatikḗ Syntaxis). Die tweede is die Geografie, wat 'n uitvoerige bespreking van kaarte en die geografiese kennis van die Grieks-Romeinse wêreld is. Die derde is die astrologiese verhandeling waarin hy probeer het om horoskopiese astrologie aan te pas by die Aristoteliese natuurlike filosofie van sy tyd. Dit is soms bekend as die Apotelesmatika (Grieks: Αποτελεσματικά, letterlik "Oor die Effekte", maar algemener bekend as die Tetrábiblos, van Koine wat "Vier Boeke" beteken, of onder sy Latynse naam, Quadripartite. Wat die sterrekunde betref, het hy geglo die Aarde is die middelpunt van die heelal. Sy sienings het die wetenskap langer as 1 400 jaar oorheers, tot lank ná die Middeleeue.
In die nuus
Het u geweet...
... dat die Millau-brug naby Millau in die suide van Frankryk hoër is as die Eiffeltoring en net 40 meter korter as die Empire State-gebou? Die brug is in 2004 voltooi en as mens die steunpilare in ag neem, is dit die hoogste brug ter wêreld. ... dat 'n eenvoudige hangbrug se dek 'n kettinglynvorm volg? Die kettinglyn lyk amper soos 'n parabool en is die vorm wat 'n hangende buigbare ketting of kabel aanneem as dit onderwerp word aan 'n eenvormige gravitasiekrag. ... dat Helsinki, die hoofstad van Finland, tot teen die einde van die 19de eeu 'n oorwegend Sweedstalige stad was? Vandag is Helsinki 'n tweetalige stad en praat 6,2% van sy inwoners Sweeds en 88% Fins. ... dat 'n Noord-Germaanse of Skandinawiese taal vroeër in Skotland gepraat is? Op die Shetland- en Orkney-eilande en in Caithness op die vasteland is die uitgestorwe Norn gepraat. Nadat die eilande in die 15de eeu deur Noorweë aan Skotland teruggegee is, is dit deur Skots vervang. ... dat party stowwe se smelt- en stoltemperature nie ooreenstem nie? Alhoewel seewierjellie by 85 °C smelt, sal dit eers stol wanneer dit tot tussen 32 en 40 °C afgekoel het. Dit kan dus tussen 32 en 85 °C 'n vastestof of 'n vloeistof wees; 'n verskynsel wat bekend staan as histerese.
Vandag in die geskiedenis
30 November: Onafhanklikheidsdag in Barbados (1966), Sint Andreasdag in Skotland.
|
Vind artikels
| |
Geografie - Geologie Afrika • Suider-Afrika • Amerika • Antarktika • Asië • Europa • Oseanië Rusland • Turkye • Verenigde State van Amerika Lande • Baaie • Berge • Eilande • Mere • Oseane • Riviere • Woestyne | ||
Geskiedenis | ||
Kultuur | ||
Religie | ||
Samelewing | ||
Taal | ||
Tegnologie | ||
Wetenskap | ||
Wikipedia in ander tale
| ||
Weergawes met meer as 1 000 000 artikels العربية • مصرى • Cebuano • Deutsch • English • Español • Français • Italiano • 日本語 • Nederlands • Polski • Português • Русский • Svenska • Українська • Tiếng Việt • Winaray • 中文 | ||
Weergawes met meer as 750 000 artikels فارسی | ||
Weergawes met meer as 500 000 artikels Нохчийн • Català • Čeština • Suomi • Magyar • Bahasa Indonesia • 한국어 • Norsk (bokmål) • Română • Srpskohrvatski / српскохрватски • Српски / srpski • Türkçe • Татарча / tatarça • Bân-lâm-gú | ||
Weergawes met meer as 250 000 artikels Беларуская • Български • Cymraeg • Dansk • Ελληνικά • Esperanto • Eesti • Euskara • עברית • Հայերեն • Қазақша • Baso Minangkabau • Bahasa Melayu • Simple English • Slovenčina • Oʻzbekcha | ||
Weergawes met meer as 100 000 artikels Afrikaans • Asturianu • Azərbaycanca • تۆرکجه • বাংলা • Bosanski • Galego • हिन्दी • Hrvatski • ქართული • Latina • Lietuvių • Latviešu • Malagasy • Македонски • मराठी • မြန်မာဘာသာ • Norsk (nynorsk) • Occitan • Slovenščina • Shqip • தமிழ் • Тоҷикӣ • ไทย • اردو • 粵語 | ||
Weergawes met meer as 50 000 artikels Башҡорт • Беларуская (тарашкевіца) • Brezhoneg • کوردی • чӑвашла • Frysk • Gaeilge • Kreyòl ayisyen • Íslenska • Basa Jawa • Kurdî / كوردی • Кыргызча • Lëtzebuergesch • Ladin • lombard • മലയാളം • Plattdüütsch • नेपाल भाषा • ਪੰਜਾਬੀ • Piemontèis • شاہ مکھی پنجابی (Shāhmukhī Pañjābī) • Basa Sunda • Kiswahili • Ślůnski • తెలుగు • Tagalog • Vèneto | ||
Lys van alle taalweergawes van Wikipedia
| ||
Susterprojekte
| ||
| ||
| ||
| ||
| ||
| ||
| ||
| ||
|
Indien u die verkeerde datum sien of sjablone opgedateer het, moet u die voorblad verfris.
|