Tuisblad
Welkom by Wikipedia,
die vrye ensiklopedie wat deur enigiemand verbeter en uitgebrei kan word.
|
|
Help ons om ’n wêreldklas-ensiklopedie in Afrikaans te skep. | |
Inleiding • Hulp • Kontak | Gebruikersportaal • Voorbladartikels • Kategorieë • Stel ’n vraag |
Voorbladartikel
Titaan (Grieks: Τῑτάν; ook Saturnus VI) is die grootste natuurlike satelliet van Saturnus en die tweede grootste in die Sonnestelsel. Dit is groter as enige van die dwergplanete. Dit is die enigste maan met 'n digte atmosfeer en die enigste liggaam in die ruimte buiten die Aarde waarop duidelike bewyse van stabiele oppervlakvloeistof gevind is. Titaan is een van sewe mane van Saturnus wat in hidrostatiese ewewig is en dus rond gedruk is deur sy swaartekrag. Van dié sewe is hy die tweede verste van die planeet af. Titaan word dikwels beskryf as 'n planeetagtige maan; sy deursnee is 50% groter as dié van die Aarde se Maan en sy massa is 80% groter. Dit is die grootste maan in die Sonnestelsel naas Jupiter se Ganumedes en is groter as die planeet Mercurius, maar sy massa is net 40% van Mercurius s'n. Titaan is in 1655 deur die Nederlandse sterrekundige Christiaan Huygens ontdek. Dit is Saturnus se eerste bekende maan en die sesde bekende maan in die Sonnestelsel, naas die Aarde se Maan en Jupiter se mane van Galilei. Titaan wentel 20 Saturnusradiusse van sy planeet af. Titaan bestaan hoofsaaklik uit ys en rotsagtige materiaal, en het waarskynlik 'n rotskern, omring deur verskeie lae ys, insluitende 'n kors van ys en 'n laag ammoniakryke vloeibare water onder die oppervlak. Nes met Venus voor die ruimtetydperk het Titaan se digte atmosfeer enige kennis van sy oppervlak verhoed, totdat die Cassini-Huygens-sending in 2004 nuwe inligting versamel het, insluitende die ontdekking van koolwaterstofmere in Titaan se poolstreke en van sy atmosferiese superrotasie, wanneer 'n liggaam se atmosfeer vinniger roteer as die liggaam self. Die geologies jong atmosfeer is oor die algemeen glad, met min impakkraters, hoewel berge en moontlik 'n paar kriovulkane waargeneem is. Titaan se atmosfeer bestaan hoofsaaklik uit stikstof; kleiner dele lei tot die vorming van metaan- en etaanwolke en 'n digte mis. Die klimaat – insluitende wind en reën – veroorsaak oppervlakverskynsels soortgelyk aan dié op die Aarde, soos duine, riviere, mere, seë (moontlik van metaan en etaan) en deltas. Dit word ook oorheers deur seisoenale weerpatrone soos op die Aarde. Met sy vloeistowwe (beide bo en onder die oppervlak) en digte stikstofatmosfeer lyk Titaan se metaansiklus treffend baie soos die aarde se watersiklus, hoewel teen 'n laer temperatuur van sowat 94 K (-179 °C). As gevolg hiervan is Titaan al beskryf as die aardagtigste hemelliggaam in die Sonnestelsel.
In die nuus
Het u geweet...
... Samuel Morse, die uitvinder van die telegraaf, vir burgemeester van New York gestaan het? Hy was egter nie suksesvol nie. ... dat sekere vroue in die Victoriaanse tydperk arseen gemeng met asyn en kalk gedrink het? Dit is gedoen om hul gelaatskleur te verbeter en hulle velle ligter te maak as bewys dat hulle van 'n hoër stand is en nie in die landerye werk nie. ... dat party stowwe se smelt- en stoltemperature nie ooreenstem nie? Alhoewel seewierjellie by 85 °C smelt, sal dit eers stol wanneer dit tot tussen 32 en 40 °C afgekoel het. Dit kan dus tussen 32 en 85 °C 'n vastestof of 'n vloeistof wees; 'n verskynsel wat bekend staan as histerese. ... dat Rosamund Everard-Steenkamp die eerste vrou is wat 'n Spitfire en straalvliegtuig gevlieg het? ... dat in Australië en Nieu-Seeland meer skape as mense is? In Australië is daar 65,8 miljoen skape (2019) en 'n bevolking van 25,96 miljoen mense (2022), en in Nieu-Seeland 26,8 miljoen skape (2019) en 5 miljoen mense (2023).
Vandag in die geskiedenis
|
Vind artikels
| |
Geografie - Geologie Afrika • Suider-Afrika • Amerika • Antarktika • Asië • Europa • Oseanië Rusland • Turkye • Verenigde State van Amerika Lande • Baaie • Berge • Eilande • Mere • Oseane • Riviere • Woestyne | ||
Geskiedenis | ||
Kultuur | ||
Religie | ||
Samelewing | ||
Taal | ||
Tegnologie | ||
Wetenskap | ||
Wikipedia in ander tale
| ||
Weergawes met meer as 1 000 000 artikels العربية • مصرى • Cebuano • Deutsch • English • Español • Français • Italiano • 日本語 • Nederlands • Polski • Português • Русский • Svenska • Українська • Tiếng Việt • Winaray • 中文 | ||
Weergawes met meer as 750 000 artikels فارسی | ||
Weergawes met meer as 500 000 artikels Нохчийн • Català • Čeština • Suomi • Magyar • Bahasa Indonesia • 한국어 • Norsk (bokmål) • Română • Srpskohrvatski / српскохрватски • Српски / srpski • Türkçe • Татарча / tatarça • Bân-lâm-gú | ||
Weergawes met meer as 250 000 artikels Беларуская • Български • Cymraeg • Dansk • Ελληνικά • Esperanto • Eesti • Euskara • עברית • Հայերեն • Қазақша • Baso Minangkabau • Bahasa Melayu • Simple English • Slovenčina • Oʻzbekcha | ||
Weergawes met meer as 100 000 artikels Afrikaans • Asturianu • Azərbaycanca • تۆرکجه • বাংলা • Bosanski • Galego • हिन्दी • Hrvatski • ქართული • Latina • Lietuvių • Latviešu • Malagasy • Македонски • मराठी • မြန်မာဘာသာ • Norsk (nynorsk) • Occitan • Slovenščina • Shqip • தமிழ் • Тоҷикӣ • ไทย • اردو • 粵語 | ||
Weergawes met meer as 50 000 artikels Башҡорт • Беларуская (тарашкевіца) • Brezhoneg • کوردی • чӑвашла • Frysk • Gaeilge • Kreyòl ayisyen • Íslenska • Basa Jawa • Kurdî / كوردی • Кыргызча • Lëtzebuergesch • Ladin • lombard • മലയാളം • Plattdüütsch • नेपाल भाषा • ਪੰਜਾਬੀ • Piemontèis • شاہ مکھی پنجابی (Shāhmukhī Pañjābī) • Basa Sunda • Kiswahili • Ślůnski • తెలుగు • Tagalog • Vèneto | ||
Lys van alle taalweergawes van Wikipedia
| ||
Susterprojekte
| ||
| ||
| ||
| ||
| ||
| ||
| ||
| ||
|
Indien u die verkeerde datum sien of sjablone opgedateer het, moet u die voorblad verfris.
|