14 Februarie
datum
<< | Februarie 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | ||||
4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 |
11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 |
18 | 19 | 20 | 21 | 22 | 23 | 24 |
25 | 26 | 27 | 28 | 29 | ||
Al die dae |
14 Februarie is die 45ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender. Daar volg nog 320 dae in die res van die jaar (321 in skrikkeljare).
Gebeure
wysig- 1014 – Pous Benedictus VIII kroon Hendrik II en sy vrou Kunigunde tot keiser en keiserin van die Heilige Romeinse Ryk.
- 1130 – Pous Innocentius II volg Pous Honorius II op.
- 1130 – Pietro Pierleoni word as Teenpous Anacletus II gekies teen Pous Innocentius II.
- 1515 – Giulio di Giuliano de' Medici (later Pous Clemens VII) word aartsbiskop van Narbonne.
- 1621 – Pous Gregorius XV word gekroon deur kardinaal Andrea Baroni Peretti Montalto.
- 1785 – Pous Pius VI stel 14 nuwe kardinale aan waaronder Gregorio Barnaba Chiaramonti, O.S.B.Cas., biskop van Imola, later Pous Pius VII.
- 1859 – Oregon word die 33ste deelstaat van die Verenigde State.
- 1876 – Elisha Gray en Alexander Graham Bell doen elkeen aansoek om 'n patent vir die telefoon.
- 1879 – Chileense magte beset die Boliviese hawe Antofagasta, en bring die Stille Oseaan Oorlog teweeg.
- 1900 – Tweede Vryheidsoorlog: Die Slag van Pietershoogte begin.
- 1901 – Koning Edward VII open die Britse Parlement vir die eerste keer.
- 1912 – Arizona word die 48ste deelstaat van die Verenigde State.
- 1945 – Die RAF Bomkommandoment begin die strategiese bombardering van Dresden in Sakse, Duitsland, wat lei tot 'n noodlottige vuurstorm waarin 25,000 burgerlikes sterf.
- 1989 – 'n Fatwa word uitgevaardig vir die teregstelling van Salman Rushdie, die outeur van The Satanic Verses, 'n roman wat as "lasterlik teenoor Islam" beskou is.
- 1989 – Die eerste satelliet in die satellietkonstellasie van die GPS-stelsel word in 'n wentelbaan om die aarde geplaas.
- 1996 – Die sesde Krieketwêreldbeker begin in Indië, Pakistan en Sri Lanka.
- 2015 – Die elfde Krieketwêreldbeker begin in Australië en Nieu-Seeland.
- 2018 – Jacob Zuma bedank as President van Suid-Afrika.
Geboortes
wysig- 1817 – Frederick Douglass, Amerikaanse sosiale hervormer, slawernyafskaffingsaktivis, redenaar, skrywer en staatsman († 1895).
- 1836 – Alexander Daneel, eerste predikant van die NG gemeente Heidelberg, Kaap († 1899).
- 1879 – Dr. Willem Petrus Steenkamp, Suid-Afrikaanse predikant, dokter en politikus († 1956).
- 1895 – Max Horkheimer, Duitse filosoof en sosioloog († 1973).
- 1895 – Alexander Alexandrowitsch Mikulin, Russiese ingenieur († 1985).
- 1896 – Werner Richard Heymann, Duitse komponis en dirigent († 1961).
- 1897 – Jørgen Bentzon, Deense komponis († 1951).
- 1948 – Ingrid Winterbach, Suid-Afrikaanse skrywer.
- 1952 – Anton Lesser, Engelse akteur.
- 1958 – André Swiegers, Suid-Afrikaanse sanger en liedjieskrywer.
- 1959 – Renée Fleming, Amerikaanse operasopraan.
- 1965 – Zinzan Brooke, voormalige Nieu-Seelandse rugbyspeler (agsteman).
- 1970 – Simon Pegg, Britse akteur.
- 1977 – Jim Jefferies, Australiese komediant, akteur en skrywer.
- 1992 – Freddie Highmore, Engelse akteur en skrywer.
Sterftes
wysig- 1400 – Richard II, koning van Engeland (* 1367).
- 1779 – James Cook, Britse ontdekkingsreisiger (* 1728).
- 1933 – Paul Louw, Afrikaanse predikant en digter (* 1890).
- 2013 – Reeva Steenkamp, Suid-Afrikaanse model (* 1983).
- 2018 – Ruud Lubbers, politikus en Eerste Minister van Nederland (* 1939).
- 2018 – Morgan Tsvangirai, Zimbabwiese politikus (* 1952).
Vakansies, vierings en waarnemingsdae
wysig- Valentynsdag – wêreldwyd
Wikimedia Commons bevat media in verband met 14 February. |