Anchiornis was ’n genus klein, geveerde dinosourusse. Dit bestaan net uit die tipe-spesie, Anchiornis huxleyi, en is genoem na Thomas Henry Huxley, ’n vroeë voorstander van biologiese evolusie en die eerste persoon wat voorgestel het daar is ’n nabye evolusionêre verwantskap tussen voëls en dinosourusse. Die naam Anchiornis beteken "amper-voël", en die naamgewers beskou die genus as ’n belangrike oorgang tussen voëls en dinosourusse.[1]

Anchiornis huxleyi se grootte in vergelyking met die mens.

Anchiornis
Tydperk: Laat Jura 161–160.5 m. jaar gelede
’n Voorstelling van ’n Anchiornis.
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Superorde:
Orde:
Suborde:
Genus:
Anchiornis

(Xu et al., 2009)
Binomiale naam
Anchiornis huxleyi
(Xu et al., 2009)
Anchiornis
Kladistiese klassifikasie
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Klade: Eumaniraptora
Klade: Avialae
Genus: Anchiornis
(Xu et al., 2009)

Fossiele is in China gevind in rotse wat uit die Laat Jura-periode (Oxfordium-tydsnede) van 161–160,5 miljoen jaar gelede dateer.[2][3]

Vanweë die uitstekend bewaarde fossiele van Anchiornis huxleyi, was dit die eerste dinosourusspesie waarvan byna al die kleure vasgestel kon word.[4]

Beskrywing

wysig

Anchiornis huxleyi was ’n klein dier met ’n driehoekige skedel en baie lang bene, wat daarop dui dat hy vinnig kon hardloop.

Die eerste fossiel wat gevind is, het net onduidelike tekens van vere getoon, maar die tweede fossiel was baie goed bewaar en feitlik al sy vere het behoue gebly. Die dier het groot vlerke gehad met vere aan die voor- sowel as agterpote. Die pote, met uitsondering van die kloue, was heeltemal bedek met vere.[2]

In 2010 het ’n span wetenskaplikes ’n uiters goed bewaarde fossiel gebruik om die pigmentselle te bestudeer. Deur dit met moderne voëls s’n te vergelyk, kon hulle die spesifieke kleure en patrone van die Anchiornis vasstel. Net die stert van dié fossiel het nie behoue gebly nie.[4]

Die grootste deel van die Anchiornis was grys en swart. Die kroon van die kopvere was rooibruin met ’n grys basis, en die gesig het rooibruin kolletjies op ’n swart agtergrond gehad. Die vlerkvere was wit met swart punte. Die korter vere was grys.[4]

Verwysings

wysig
  1. Xu, X.; Zhao, Q.; Norell, M.; Sullivan, C.; Hone, D.; Erickson, G.; Wang, X.; Han, F.; Guo, Y. (2009). "A new feathered maniraptoran dinosaur fossil that fills a morphological gap in avian origin". Chinese Science Bulletin. 54 (3): 430–435. doi:10.1007/s11434-009-0009-6. {{cite journal}}: Onbekende parameter |lastauthoramp= geïgnoreer (hulp)
  2. 2,0 2,1 Hu, D.; Hou, L.; Zhang, L.; Xu, X. (2009). "A pre-Archaeopteryx troodontid theropod from China with long feathers on the metatarsus". Nature. 461 (7264): 640–643. Bibcode:2009Natur.461..640H. doi:10.1038/nature08322. PMID 19794491. {{cite journal}}: Onbekende parameter |lastauthoramp= geïgnoreer (hulp)
  3. Liu, Y.-Q.; Kuang, H.-W.; Jiang, X.-J.; Peng, N.; Xu, H.; Sun, H.-Y. (2012). "Timing of the earliest known feathered dinosaurs and transitional pterosaurs older than the Jehol Biota". Palaeogeography, Palaeoclimatology, Palaeoecology. 323–325: 1–12. doi:10.1016/j.palaeo.2012.01.017. {{cite journal}}: Onbekende parameter |lastauthoramp= geïgnoreer (hulp)
  4. 4,0 4,1 4,2 Li, Q.; Gao, K.-Q.; Vinther, J.; Shawkey, M. D.; Clarke, J. A.; d'Alba, L.; Meng, Q.; Briggs, D. E. G.; Prum, R. O. (2010). "Plumage color patterns of an extinct dinosaur". Science. 327 (5971): 1369–1372. Bibcode:2010Sci...327.1369L. doi:10.1126/science.1186290. PMID 20133521. {{cite journal}}: Onbekende parameter |lastauthoramp= geïgnoreer (hulp)

Eksterne skakels

wysig
  NODES
Done 1
orte 1