Andrew Smith (dierkundige)
Andrew Smith (Hawick, Skotland, 3 Desember 1797 – Londen, 11 Augustus 1872) was 'n Skotse chirurg, ontdekkingsreisiger, volkekundige en dierkundige. Smith word as die vader van dierkunde in Suid-Afrika beskou.
Andrew Smith | |
---|---|
Sir Andrew Smith | |
Gebore | 3 Desember 1797 |
Sterf | 11 Augustus 1872 |
Nasionaliteit | Verenigde Koninkryk |
Beroep | Dierkundige, dokter |
Bekend vir | Vader van dierkunde in Suid-Afrika |
Eggenoot | Ellen Henderson |
Smith is in Hawick, Roxburghshire gebore. Hy kwalifiseer in 1819 as dokter aan die Universiteit van Edinburgh. In 1816 sluit hy by die geneeskundige diens van die Britse leër aan.
Suid-Afrika
wysigTussen 1820 en 1837 woon en werk hy as 'n militêre dokter in Suid-Afrika. In die tydperk beskryf hy 'n groot aantal diere wat nuut vir die wetenskap was. Om dié rede word hy die vader van die Suid-Afrikaanse dierkunde genoem. Die IOC World Bird List bevat onder andere 87 voëlspesies wat hy beskryf het, waaronder die boskorhaan (Lophotis ruficrista), kaalwangvalk (Polyboroides typus), kwêvoël (Corythaixoides concolor) en rooiwangnaguil (Caprimulgus rufigena).[1][2]
Smith het Charles Darwin tydens sy reis met die HMS Beagle na Suid-Afrika ontmoet. Hy was ook een van vele navorsers wat tussen 1839 en 1871 met Darwin gekorrespondeer het.
Groot-Brittanje
wysigVan 1837 tot 1872 woon Smith in Groot-Brittanje, waar hy in 1841 'n belangrike pos in die weermag (as Hoof Mediese Beampte) in Fort Pitt te Chatham beklee. Hy is in 1844 daar met sy huishoudster, Ellen Henderson, getroud.
Smith was tydens die Krimoorlog (1853–1856) vir mediese dienste verantwoordelik en is erg deur Florence Nightingale gekritiseer. Ná die Krimoorlog is hy deur 'n ondersoekkommissie van alle skuld onthef. In 1858 verlaat hy die militêre diens om eie gesondheidsredes en ontvang verskeie toekennings. Hy het onder andere die gesogte Orde van die Bad (The most Honourable Order of the Bath) ontvang, en het sodoende die titel sir verwerf.
Op aanbeveling van Darwin is hy in 1857 as 'n lid van die Royal Society aanvaar.
Eksterne skakels
wysig- Leverton, B.J.T.: Sir Andrew Smith. Doctor, Naturalist, Explorer, Diplomat. In: Lantern. Tydskrif vir Kennis en Kultuur. Jaargang 24, nr. 2, Desember 1974.
Korrespondensie met Charles Darwin:
- 16 Maart 1839 Geargiveer 6 Maart 2005 op Wayback Machine
- 19 Februarie 1842 Geargiveer 6 Maart 2005 op Wayback Machine
- 1862 Geargiveer 4 Februarie 2007 op Wayback Machine
- 1867 Geargiveer 4 Februarie 2007 op Wayback Machine
- 26 Februarie 1871 Geargiveer 4 Februarie 2007 op Wayback Machine
- 17 April 1871 Geargiveer 22 Junie 2006 op Wayback Machine
- 16 Mei 1871 Geargiveer 22 Junie 2006 op Wayback Machine
- 18 Julie 1871 Geargiveer 4 Februarie 2007 op Wayback Machine
- Anderson, L. I. (2009) Charles Darwin and Andrew Smith: an overseas exchange. Scottish Journal of Geology, 45, 59 -68.
Verwysings
wysig- ↑ (en) F. Gill, M. Wright D. & Donsker (2012) – IOC World Bird Names (version 3.2)
- ↑ (en) Andrew Smith, 1838. Illustrations of the zoology of South Africa. Published under the authority of the lords commissioners of Her Majesty's Treasury. by Smith, Elder and co. in London. full text