Antonio Giovinazzi
Antonio Giovinazzi (gebore 14 Desember 1993) is 'n Italiaanse beroepsrenjaer wat tans vir die Alfa Romeo-Ferrarispan aan Formule Een deelneem.
Antonio Giovinazzi | |
---|---|
Antonio Giovinazzi in 2019
| |
Geboortedatum | 14 Desember 1993 |
Geboorteplek | Martina Franca, Italië |
Nasionaliteit | Italianer |
Motornommer | 99 |
Inskrywings | ( begin) |
Kampioenskappe | 0 |
Eerste F1-wedren | 2017 Australiese Grand Prix |
Laaste inskrywing | 2024 Aboe Dhabi Grand Prix |
Laaste seisoen | 2020 |
Verlede jaar plek | 17de (4 punte) |
Hy was die 2015 FIA Europese Formule 3-Kampioenskap naaswenner en het vir Prema gejaag in die 2016 Internasionale GP2-Reeks, hy eindig in die tweede plek met vyf oorwinnings en agt algehele podiums. Giovinazzi is deur Scuderia Ferrari aangewys as hul FIA Formule 1 derde en reserwebestuurder vir die 2017 seisoen. Hy het sy Formule Een Grand Prix debuut vir Sauber by die 2017 Australiese Grand Prix gemaak nadat hy Pascal Wehrlein vervang het, en het ook deelgeneem aan die Chinese Grand Prix terwyl Wehrlein nog herstel het.[1]
Loopbaan
wysigKarting
wysigHy het aan karting deelgeneem van 2006 tot 2012 en was die kampioen in die Italiaanse Nasionale Trofee 60cc en Eurotrofee 60, beide in 2006.[2]
Formule Een
wysigIn September 2016 het Scuderia Ferrari aangekondig dat Giovinazzi simulatorwerk vir hul sou verrig.[3] In Desember is Giovinazzi se plek bevestig as Ferrari se derde bestuurder.[4] Hy het in 2017 deelgeneem aan voorseisoentoetse by Sauber. In die Australiese Grand Prix het Giovinazzi vir Pascal Wehrlein vervang wie nog nie fiks genoeg was vir die volle renafstand nie,[5]as gevolg van 'n ongeluk by die 2017 Kampioeneren.[6] Sauber het aangekondig dat Wehrlein weer vervang sal word deur Giovinazzi vir die 2017 Chinese Grand Prix. [7]
Hy neem saam met Kimi Räikkönen vir Alfa Romeo deel vanaf die 2019-seisoen tot en met die 2021-seisoen.[8][9]
Volledige Formule Een-uitslae
wysig(Renne in vetdruk is voorste wegspringplek; renne in skuinsdruk is vinnigste rondte)
† Kon nie die ren voltooi nie, maar is geklassifiseer omrede hy meer as 90% van die wedrenafstand afgelê het.
Verwysings
wysig- ↑ Chinese Grand Prix: Antonio Giovinazzi replaces Pascal Wehrlein for second race - http://www.bbc.co.uk/sport/formula1/39485374
- ↑ http://eurasiamotorsport.com/drivers-all/archive/2012-2/antonio-giovinazzi/.
- ↑ http://www.pitpass.com/57206/Giovinazzi-gets-Ferrari-simulator-run.
- ↑ http://www.motorsport.com/f1/news/giovinazzi-joins-ferrari-f1-team-as-third-driver-860301/.
- ↑ http://www.sauberf1team.com/news/pascal-wehrlein-not-to-start-at-the-australian-grand-prix.
- ↑ https://www.formula1.com/en/latest/headlines/2017/1/wehrlein-suffers-scary-race-of-champions-crash-as-vettel-wins-ag.html.
- ↑ http://www.sauberf1team.com/news/preview-2017-formula-one-heineken-chinese-grand-prix-gulf-air-bahrain-grand-prix-2.
- ↑ "Antonio Giovinazzi: Italian to partner Kimi Raikkonen at Sauber next season". 25 September 2018. Besoek op 27 September 2018 – via www.bbc.co.uk.
- ↑ https://www.formula1.com/en/latest/article.breaking-alfa-romeo-confirm-antonio-giovinazzi-will-leave-the-team-at-the.1kV7SnbnnunYNLFEdWSsfj.html