Die Bihari-tale word algemeen by die oostelike tak van die Indo-Ariese tale gegroepeer.[1][2] Die Bihari-tale word veral in die Indiese deelstate Bihar, Jharkhand, Wes-Bengale en Uttar Pradesh, asook in Nepal gebesig.[3][4]

Bihari-tale
Geografiese
verspreiding:
Indië en Nepal
Genetiese
klassifikasie
:
Indo-Europees
 Indo-Irannees
  Indo-Aries
   Oos-Indo-Aries
    Bihari-tale
Onderafdelings:
Angika
Bajjika
Khortha
Kudmali
Panchpargania

Verspreiding van Indo-Ariese tale met die Bihari-tale

Verspreiding van Hindi-dialekte/tale met vier Bihari-tale in die ooste

Die grootste tale (volgens moedertaalsprekers) is: Bhojpuri (40 miljoen), Maithili (34 miljoen), Magahi (20,7 miljoen) en Angika (15 miljoen). Van die bekendste Bihari-tale is waarskynlik Pali, die taal van die Pali-kanon, wat vandag net as 'n liturgiese taal in Boeddhisme gebruik word. Die Bihari-tale word soms as dialekte van Hindi beskou. Die Bihari-tale vorm 'n dialekkontinuum wat 'n presiese afbakening van enkele tale moeilik maak.

Ondanks die groot aantal sprekers van hierdie tale geniet net Maithili grondwetlike erkenning in Indië, nadat dit met die 92ste byvoeging van 2003 in die grondwet van Indië opgeneem is.[5] Bhojpuri, Magahi en Maithili geniet egter amptelike status in Jharkhand.[6] Aangesien alle inheemse moedertale van Nepal as nasionale tale erken word, dien Bhojpuri, Magahi en Maithili onder meer as nasionale tale van Nepal.[7]

In Bihar is Hindi die taal wat vir onderwys en amptelike sake gebruik word.[8] Hierdie tale is tydens die 1961-sensus amptelik as Hindi beskou. Sulke staats- en nasionale politiek skep voorwaardes vir die bedreiging van tale.[9] Ná onafhanklikheid het Hindi as enigste tal amptelike status verkry in die Bihar se ampstaalstatuswet van 1950.[10] Hindi het sy status as enigste ampstaal in Bihar verloor, toe in 1981 Oerdoe die tweede ampstaal geword het.

Verwysings

wysig
  1. (en) Masica, Colin P. (1991). The Indo-Aryan Languages. Cambridge University Press. pp. 12, 26, 446–462.
  2. (en) "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, bihari". Ethnologue. Besoek op 21 Augustus 2020.
  3. (en) Yadava, Y. P. (2013). Linguistic context and language endangerment in Nepal. Nepalese Linguistics 28: 262–274.
  4. (en) Brass, Paul R. (1974). Language, Religion and Politics in North India. Cambridge University Press.
  5. (en) "The Constitution (Ninety-Second Amendment) Act, 2003". Nasionale Portaal van Indië. 7 Januarie 2004. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 April 2015. Besoek op 11 April 2015.
  6. (en) "Jharkhand gives second language status to Magahi, Angika, Bhojpuri and Maithili". Avenue Mail. 21 Maart 2018. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 April 2020. Besoek op 15 Augustus 2020.
  7. (en) Kumayaa, Harshitha (6 September 2018). "Nepal". The Hindu.
  8. (en) Damani, Guarang (2015). "History of Indian Languages". Die-hard Indian. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 April 2015. Besoek op 11 April 2015.
  9. (en) Verma, Mahandra K. "Language Endangerment and Indian languages : An exploration and a critique". Linguistic Structure and Language Dynamics in South Asia.
  10. (en) Brass, Paul R. (8 September 1994). The Politics of India Since Independence (2 uitg.). Cambridge University Press. p. 183. ISBN 978-0-521-45970-9. Besoek op 11 April 2015.

Verdere leesstof

wysig

Eksterne skakels

wysig
  NODES