Kassiopeia (sterrebeeld)

(Aangestuur vanaf Cassiopeia (sterrebeeld))

Kassiopeia is ’n sterrebeeld in die noordelike hemelruim wat genoem is na die ydel koningin met dieselfde naam in die Griekse mitologie. Dit is een van die 48 konstellasies wat deur die 2de-eeuse sterrekundige Ptolemeus beskryf is en is steeds een van die 88 moderne sterrebeelde. Dit kan maklik uitgeken word aan sy W-patroon wat deur vyf helder sterre gevorm word.

Kassiopeia
Latynse naam Cassiopeia
Genitief Cassiopeiae
Afkorting Cas
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming 1h
Deklinasie -60º
Grootte 598 vk. grade (25ste)
Kwadrant NQ1
Besonderhede
Hoofsterre 5
Helderste ster Alpha Cassiopeiae (Schedar)
Naaste ster Eta Cassiopeiae (Achird)
Sterre helderder as 3 m 4
Sterre met planete 4
Messier-voorwerpe 2
Bayer-/Flamsteed-sterre 53
Simboliek Koningin Kassiopeia (Griekse mitologie)
Meteoorreëns Perseids
Aangrensende sterrebeelde
Kameelperd, Kefeus, Akkedis, Andromeda, Perseus
Portaal  Portaalicoon   Sterrekunde

Ruimtevoorwerpe

wysig
 
Die son sou naby aan Kassiopeia gelê het as ’n mens dit van Alpha Centauri af kon sien.

Cassiopeia bevat twee sterre wat met die blote oog sigbaar is. Hulle is van die helderste sterre in die Melkweg: Rho Cassiopeiae en V509 Cassiopeiae, albei van die baie skaars tipe geel hiperreuse. Eta Cassiopeiae is ’n nabygeleë dubbelster wat uit ’n sonagtige geel dwerg en ’n oranje dwerg bestaan.

Binne die W-patroon van die sterrebeeld lê Cassiopeia A. Dit is die oorblyfsel van ’n supernova wat sowat 300 jaar gelede plaasgevind het (soos nou van die Aarde af gesien 10 000 ligjare ver).[1] Dit is die sterkste radiobron wat buite ons sonnestelsel waargeneem kan word. In sy wolk is die radioaktiewe isotoop titaan-44 aangetref.[2]

Messier 52 (NGC 7654) en Messier 103 (NGC 581) is twee oop sterreswerms in Kassiopeia. Hulle het albei ’n helderheid van 7 mag en kan maklik met verkykers gesien word.

As ’n mens ons son van ons naaste ster, Alpha Centauri, af kon sien, sou die son ’n geel-wit ster met ’n helderheid van 0,5 mag gewees het. Die bekende W-patroon sou ’n sagsag-patroon gewees het met die son op die linkerkantse punt, die naaste aan Epsilon Cassiopeiae.

Mitologie

wysig

Die sterrebeeld is genoem na koningin Kassiopeia in die Griekse mitologie. Sy was die vrou van Kefeus, koning van Aithiopië, en die ma van prinses Andromeda. Die drie is naby mekaar tussen die sterre geplaas. Kassiopeia is daar gesit omdat sy gespog het Andromeda is mooier as die Nereïdes.

Verwysings

wysig
  1. Wilkins, Jamie; Dunn, Robert (2006). 300 Astronomical Objects: A Visual Reference to the Universe (1ste uitg.). Buffalo, New York: Firefly Books. ISBN 978-1-55407-175-3.
  2. Handbook of Isotopes in the Cosmos: Hydrogen to Gallium Donald Clayton Cambridge University Press, 2003, ISBN 0-521-53083-0, ISBN 978-0-521-53083-5

Eksterne skakels

wysig
  NODES