Christene

Volgelinge can Christen geloof

Christene glo in die drie-enige GodVader, Seun en Heilige Gees – Skepper van die hemel en die aarde en die Onderhouer van alle dinge. Hulle glo dat Jesus Christus, die Seun, sowat 2000 jaar gelede aan die kruis gesterf het om die sondige mens van sy sondes te verlos, opgestaan het uit die dood, opgevaar het na die hemel en op 'n dag sal terugkeer om die mensheid te oordeel.

Christene

Totale bevolking: ca. 2,4 miljard (2015)[1][2]
Belangrike bevolkings  in: Flag of Europe Europese Unie 373 656 000[3]

Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State 246 790 000[2]
Vlag van Brasilië Brasilië 175 770 000[2]
Vlag van Meksiko Meksiko 107 780 000 [2]
Vlag van Rusland Rusland 105 220 000[2]
Vlag van Filippyne Filippyne 86 790 000[2]
Vlag van Nigerië Nigerië 80 510 000[2]
Vlag van die Volksrepubliek China Volksrepubliek China 67 070 000[2]
Flag of the Democratic Republic of the Congo Demokratiese Republiek die Kongo 63 150 000[2]
Vlag van Ethiopië Ethiopië 52 580 000[2]

Taal: Oorwegend gesproke tale:[4]
SpaansEngelsPortugeesRussiesMandaryns-ChineesFransDuitsPoolsOekraïensTagalogItaliaans • ander inheemse tale van die wêreld

Heilige tale:
LatynKoine[5]Siries[6]

Geloofsoortuiging: Christendom:
Verwante etniese groepe:
Die kruis en die Ichthus (vis), twee simbole, wat Christene gebruik om hul geloof te verteenwoordig.

Christene beskou die Bybel as die onfeilbare Woord van God. Hulle glo voorts in verlossing deur genade, met antwoorde dat 'n mens nooit die ewige lewe op grond van goeie werke deelagtig kan word nie, maar suiwer deur God se genadige redding (jou "wedergeboorte").

Wedergebore Christene verklaar met 'n absolute sekerheid dat hulle geredde kinders van God is wat tot in alle ewigheid deel sal hê in Sy koninkryk – en in dié opsig verskil die Christendom radikaal van ander godsdienste.

In Suid-Afrika, soos wêreldwyd, is die Christendom egter in talle kerkgenootskappe en sektes versplinter. Dikwels is die skismas (kerkskeuringe) die gevolg van verskillende interpretasies van minder kardinale sienings wat tog nie die hoofboodskap van die Christendom aantas nie.

Die woord "Christen" kan manlik of onsydig wees en "Christin" verwys na 'n vroulike persoon.

Bevolkingstatistiek

wysig
 
Christene oor die wêreld.

Vanaf die vroeë 21ste eeu het die Christendom ongeveer 2,2 miljard medegelowiges.[7][8][9] Dit sluit sowat ’n kwart of ’n derde van die wêreldbevolking in en is die grootste godsdiens ter wêreld, met sowat 38 000 Christelike denominasies.[10] Christene het vir die afgelope 100 jaar omtrent 33% van die wêreldbevolking uitgemaak. Die grootste Christelike denominasie is die Rooms-Katolieke kerk, met 1,166 miljard medegelowiges, wat die helfte van die Christendom beslaan.[11]

Twintig lande met die meeste Christene
Land Christene % Christene
  Verenigde State 176 400 000 78,4%
  Brasilië 174 700 000 90,4%
  Meksiko 105 095 000 94,5%
  Rusland 99 775 000 70,3%
  Filippyne 90 530 000 92,4%
  Nigerië 76 281 000 48,2%
  Demokratiese Republiek van die Kongo 68 558 000 95,6%
  China 66 959 000 5,0%
  Italië 55 070 000 91,1%
  Ethiopië 54 978 000 64,5%
  Duitsland 49 400 000 59,9%
  Colombia 44 502 000 97,6%
  Oekraïne 41 973 000 91,5%
  Suid-Afrika 39 843 000 79,7%
  Argentinië 37 561 000 92,7%
  Pole 36 526 000 95,7%
  Spanje 35 568 000 77,2%
  Frankryk 35 014 000 53,5%
  Kenia 34 774 000 85,1%
  Uganda 29 943 000 88,6%

Verwysings

wysig
  1. (en) "Christianity 2015: Religious Diversity and Personal Contact" (PDF). gordonconwell.edu. Januarie 2015. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 25 Mei 2017. Besoek op 12 Desember 2018.
  2. 2,00 2,01 2,02 2,03 2,04 2,05 2,06 2,07 2,08 2,09 2,10 2,11 2,12 2,13 ANALYSIS (19 Desember 2011). "Global Christianity" (in Engels). Pewforum.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Mei 2020. Besoek op 12 Desember 2018.
  3. (en) "Discrimination in the EU in 2012", Eurobarometer, 383 (Europese Unie: Europese Kommissie): p. 233, 2012, archived from the original on 4 Junie 2019, https://web.archive.org/web/20190604004311/http://ec.europa.eu/commfrontoffice/publicopinion/archives/ebs/ebs_393_en.pdf, besoek op 14 August 2013 
  4. (en) Johnson, Todd M.; Grim, Brian J. (2013). The World's Religions in Figures: An Introduction to International Religious Demography (PDF). Hoboken, NJ: Wiley-Blackwell. p. 10. Besoek op 12 Desember 2018.
  5. (en) A history of ancient Greek by Maria Chritē, Maria Arapopoulou, Centre for the Greek Language (Thessalonikē, Greece) bl. 436 ISBN 0-521-83307-8
  6. (en) Wilken, Robert Louis. The First Thousand Years: A Global History of Christianity. New Haven and London: Yale University Press. p. 26. ISBN 978-0-300-11884-1.
  7. 33.2% of 6.7 billion world population (under "People") "World". CIA world facts. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Mei 2020.
  8. "The List: The World's Fastest-Growing Religions" (in Engels). foreignpolicy.com. 1 Maart 2007. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Januarie 2010. Besoek op 4 Januarie 2010.
  9. "Major Religions Ranked by Size" (in Engels). Adherents.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Maart 2020. Besoek op 5 Mei 2009.
  10. Hinnells, The Routledge Companion to the Study of Religion, p. 441.
  11. http://www.catholicnewsagency.com/news/universal_church_sees_increase_in_seminarians_reports_pontifical_yearbook/

Verdere leesstof

wysig

Eksterne skakels

wysig
  NODES
Done 1
eth 4
News 2
orte 1
see 1
Story 3