Die Delawarerivier is een van die grootste riviere in noordoos Amerika. Die rivier is 450 km lank (uitgesluit die strandmeer en baai) en kronkel deur verskeie deelstate. Die rivier mond uit in Delawarebaai; dié is ongeveer 89 km lank en 20 km wyd. Die rivier ontspring as twee sytakke in die Catskillberge in die deelstaat New York naamlik die West Branch en die East Branch. Beide vloei parallel suidwes deur Delaware County, New York. By 'n dorpie genaamd Deposit, New York draai die West Branch skerp 90 grade in 'n suidoostelike rigting en die East Branch vloei by Hancock in die West Branch in. Hiervandaan staan die rivier bekend as die Delawarerivier. Die rivier vloei nou suidoos as die grens tussen New York en Pennsilvanië. Port Jervis, New Jersey is 'n plek waar die drie deelstate, New York, New Jersey en Pennsilvanië se grense bymekaar kom. Hier maak die rivier nog 'n reghoekige draai en vloei nou suidwes en vorm nou die grens tussen Pennsylvania en New Jersey. Naby Stroudsburg, Pennsylvania, draai die rivier weereens suidoos en sny deur die Kittatinnyberge in wat as die Delaware Water Gap bekend staan. Net suid van Trenton, New Jersey swaai die rivier weereens suidwes en mond uit in Delawarebaai.

Delawarerivier
Die Delawarerivier in Philadelphia
Die Delawarerivier in Philadelphia
Die Delawarerivier in Philadelphia

Die stroomgebied van die Delawarerivier.

Oorsprong Saamvloei van die West Branch en East Branch
Monding Delaware Bay, Delaware en New Jersey
Atlantiese Oseaan
Stroomgebied New York, Pennsilvanië, New Jersey, Delaware
Lengte 484 km (301 myl)
Oorspronghoogte 268 m (880 voet)
Mondinghoogte 0 m (0 voet)
Gemiddelde afloop 371 m³/s (13 100 ft³/s)
Stroomgebiedopp. 36 568 km² (14 119 myl²)
Kaart van die Delawarerivier-bekken in Noord-Amerika.
Kaart van die Delawarerivier-bekken in Noord-Amerika.

Die rivier het 'n groot rol gespeel in die geskiedenis van die Verenigde State. Op 25 Desember 1776 het George Washington sy beroemde kruising van die rivier gemaak om die Britse Mag te verslaan in die Slag van Trenton.

Dorpe wat langs die rivier geleë is

wysig
  • Collier's Encyclopedia, Crowell-Collier Educational Corporation, Volume 8, Bladsy 62.
  NODES