Hans Faverey

Nederlandse digter van Surinaamse afkoms

Hans Antonius Faverey (14 September 1933, Paramaribo8 Julie 1990, Amsterdam) was 'n Nederlandse digter van Surinaamse afkoms. Behalwe vir sy werk as digter was hy ook verbonde as dosent aan die Department Sielkunde van die Universiteit van Leiden.

Hans Faverey
Gebore
Hans Antonius Faverey

14 September 1933
Sterf8 Julie 1990 (op 56)
NasionaliteitNederlands
BeroepDigter, sielkundige
Noemenswaardige werke
  • Chrysanten, roeiers

Biografie

wysig

Faverey is gebore in Suriname, maar het in 1939 na Nederland verhuis waar hy gegradueer het aan die Universiteit van Amsterdam en 'n sielkundige van beroep geword het.[1] In 1959 het hy in die huwelik getree met die digteres Lela Zeckovic, en in 1965 begin werk as dosent aan die Universiteit van Leiden.[2]

Loopbaan

wysig

Faverey se poësie word as uiters gekonsentreerd en moeilik van begrip beskou, alhoewel hy gewoonlik vir sulke opmerkings gelag het, en gesê het dat dit regtig nie so moeilik is nie. Sy eerste twee bundels het nie 'n goeie ontvangs gehad nie, en slegs enkele kritici het die werke geprys;[3] hy het egter nieteenstaande die prys vir poësie van die stad van Amsterdam ontvang vir sy debuut, Gedichten.[2]

In 1977 publiseer Faverey Chrysanten, Roeiers, waarvoor hy met die Jan Campert-prys bekroon is.[1] Van hierdie oomblik af is Faverey spoedig aanvaar en gekanoniseer. Die aantal kritiese studies oor sy werk het hierna toegeneem - tot op die punt waar dit wou voorkom asof Faverey gelyke status geniet het met Gerrit Kouwenaar en Lucebert.[3] Na sy dood is hy begrawe in die Zorgvlied-begraafplaas.[4]

Toekennings

wysig

Werke

wysig
  • 1968 - Gedichten
  • 1972 - Gedichten 2
  • 1977 - Chrysanten, roeiers
  • 1978 - Lichtval
  • 1980 - Gedichten
  • 1983 - Zijden Kettingen
  • 1985 - Hinderlijke goden
  • 1988 - Tegen het vergeten
  • 1990 - Het ontbrokene
  • 1993 - Verzamelde gedichten
  • 2000 - Springvossen

Verwysings

wysig
  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 "Schrijvers en dichters (dbnl biografieënproject I)". Digitale Biblioteek vir Nederlandstalige Literatuur (in Nederlands). 2003.
  2. 2,0 2,1 2,2 "Hans Feverey - De Bezige Bij". De Bezige Bij (in Nederlands). Besoek op 5 Junie 2020.
  3. 3,0 3,1 dbnl.org/tekst/rees001cons01_01/index.htm "Consensusvorming in de literatuurkritiek" deur Cees van Rees. Digitale Biblioteek vir Nederlandse Letterkunde.
  4. "Hans Faverey - Bi(bl)ografie". Schrijversinfo (in Nederlands). Besoek op 5 Junie 2020.

Eksterne skakels

wysig
  • Hans Faverey by die Digitale Biblioteek vir Nederlandse Letterkunde (in Nederlands - Chrysanten, Roeiers - kan gratis afgelaai word)
  NODES
Project 1