Generaal Hendrik Balzazar Klopper (ook "Balthazar"), DSO (25 September 1903 - 31 Desember 1977)[1] was 'n Suid-Afrikaanse militêre bevelvoerder. Hy was 'n generaal en bevelvoerder van die Suid-Afrikaanse Weermag van 1956 tot 1958. Hy was verantwoordelik gehou vir die val van Tobroek met die Slag van Gazala in Noord-Afrika tydens die Tweede Wêreldoorlog.

Hendrik Balzazar Klopper
Hendrik Klopper

Hendrik Balzazar Klopper in Junie 1942.

Geboortedatum 25 September 1903
Sterfdatum 30 Desember 1977 (74 jaar oud)
Lojaliteit Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Diens/Tak Suid-Afrikaanse Weermag
Jare in diens 1924-1958
Rang Generaal

Militêre loopbaan

wysig

Klopper het in 1924 by die Suid-Afrikaanse Weermag aangesluit. Gedurende die Tweede Wêreldoorlog het hy die 3de Infanterie-Brigade in die Noord-Afrikaanse Veldtog[2], aangevoer waarvoor hy met die Distinguished Service Order (DSO) beloon is.[3] Hy het toe kortliks die 2de Infanterie Divisie aangevoer.

As fortbevelvoeder is Klopper gedwing om Tobroek en sy garnisoen op 21 Junie 1942 aan Spilmagte oor te gee. Hierdie was Suid-Afrika se grootste militêre nederlaag toe hy 33 000 Geallieerde soldate (insluitende meer as 10 700 Suid-Afrikaners) aan Duitse en Italiaanse magte na ‘n twee dae geveg om die gefortifiseerde deel van Tobroek-hawe oorgegee het.[4] Generaal Erwin Rommel het bonop 2 000 voertuie, 2 000 ton brandstof en 5 000 ton rantsoene gebuit. Adolf Hitler het aan Rommel die maarskalkstaf as beloning vir hierdie oorwinning gegee. "Ek gaan aan na die Suez-kanaal" was Rommel se belofte.[5] Klopper het in 1943 as krygsgevangene ontsnap en is later amptelik vrygespreek van verantwoordelikheid vir die oorgawe van Tobroek.

Klopper was bevelvoeder van die Suid-Afrikaanse Weermagskollege van 1944 tot 1945, voordat hy in 1945 in bevel van die Noordelike Bevelstruktuur aangestel is.[6]

Klopper was vanaf 1951 tot 1953 die Leërstafhoof, Inspekteur-generaal van 1953 tot 1956, en bevelvoerder van die Unie se weermag van 1956 tot 1958. Hy het in 1958 afgetree.

Alhoewel dit nooit amptelik bevestig is nie, was Klopper in 'n historiese konfrontasie met generaal Erwin Rommel na sy oorgawe na die Slag van Tobroek. In die konfrontasie net na die oorgawe het Klopper volgens die wense van sy ondergeskikte Suid-Afrikaanse offisiere geëis dat Rommel die blanke van swart krygsgevangenese moet skei en dat hulle in verskillende afdelings van die gevangeniskamp aangehou moet word. Rommel se antwoord was kort: "Vir my is alle soldate gelyk. Die swartes dra jou uniform, hulle het aan jou kant geveg en jy sal in dieselfde kamp aangehou word."[7]:94[8]

Verwysings

wysig
  1. "KLOPPER H.B. 1903–1977". eGGSA Library (in Engels). The Genealogical Society of South Africa:eGGSA Branch. 24 Februarie 2003. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Maart 2016. Besoek op 3 Oktober 2014.
  2. "The Generals of WWII: Klopper, Hendrik Balzazer". generals.dk (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 3 Oktober 2014.
  3. "The London Gazette, Issue 35697, page 3948". The Gazette. The London Gazette. 8 September 1942. Besoek op 3 Oktober 2014.
  4. Loods, Jackie (3 Augustus 2017). "The price of surrender: SA's defeat at Tobruk". IOL. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Mei 2020. Besoek op 14 Januarie 2019.
  5. "History Channel, Allies surrender at Tobruk, Libya". Television Networks. 5 November 2009. Besoek op 14 Januarie 2019.
  6. Uys, Ian (1992). South African Military Who's Who 1452–1992. Fortress Publishers. ISBN 0-9583173-3-X.
  7. Nöthling, C.J.; Meyers, E.M. (1982). "LEIERS DEUR DIE JARE (1912–1982)" (Online). Scientia Militaria – South African Journal of Military Studies. 12 (2): 89–98. doi:10.5787/12-2-631. ISSN 2224-0020. Besoek op 2 Januarie 2015.
  8. Englebrecht, Leon (10 November 2008). "Fact file: Chiefs of the SA Army". DefenceWeb.co.za. DefenceWeb. Besoek op 3 Oktober 2014.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.
  NODES