Hermann Göring
Hermann Wilhelm Göring (12 Januarie 1893 - 15 Oktober 1946) was 'n Duitse politieke en militêre leier, oorlogsmisdadiger en 'n lid van die Nazi-party. Hy was een van die invloedrykste Nazi-leiers, en was benewens slim en sjarmant. Sy vader was Heinrich Göring.
Hermann Göring | |
---|---|
Hermann Göring in Januarie 1943 | |
Geboortenaam | Hermann Wilhelm Göring |
Geboortedatum | 12 Januarie 1893 |
Geboorteplek | Rosenheim, Beiere, Duitse Keiserryk |
Sterfdatum | 15 Oktober 1946 |
Sterfplek | Neurenberg, Beiere, Geallieërde Besseting van Duitsland |
Lojaliteit | Duitse Keiserryk (1912–1918)
Republiek van Weimar (1923-1933) Nazi-Duitsland (1933–1945) |
Jare in diens | 1912–1918
1923–1945 |
Rang | Reichsmarschall |
Veldslae/oorloë | Eerste Wêreldoorlog |
Familie | Emmy Göring (vrou)
Heinrich Göring (vader) Franziska Göring (moeder) Albert Göring (broer) |
Hy was 'n vlieënier in die Eerste Wêreldoorlog en later toe die Nazi-party aan bewind gekom het is hy bevelvoerder van die Luftwaffe gemaak, 'n titel wat hy gehou het totdat hy in die laaste dae van Nazi-Duitsland deur Robert Ritter von Greim vervang is.
Hy was 'n vroeë lid van die Nazi-party, waar hy een die gewondes in Adolf Hitler se mislukte putsch van 1923 was. Toe hy behandeling vir sy wonde gekry het, het hy 'n verslawing aan morfien ontwikkel.
Toe Hitler in 1933 kanselier word het hy Göring as Minister sonder portefeulje aangestel. Een van sy eerste aksies was om die Gestapo te vorm, wat hy in 1934 aan Heinrich Himmler gegee het. Hy het vinnig magtig geword en het gou die tweede magtigste man in Nazi-Duitsland, na Hitler, geword. Hy is opperbevelvoerder van die Luftwaffe gemaak en in 1940 toe Frankryk aan Duitsland oorgegee het is die spesiale rang van Reichsmarchall, wat hom beheer oor alle offisiere in die Duitse militêr gegee het, aan hom gegee.
In 1945 toe Duitsland aan die Geallieërde magte oorgegee het is Göring deur Amerikaanse magte gevange geneem. By die Neurenberg-verhore van 1946 het Göring met sjarme en slim argumente probeer om sy optrede in 'n goeie lig te stel. Hy het gesê hy van die volkslagting onbewus was, en teen die oorlog met Rusland gekant was. Hy het sy bydrae tot die landsbestuur uitgelig en enige aandeel aan Nazi-vergrype probeer minimaliseer. Sy verdediging in die hof was dramaties en selfversekerd en die aanklaers is deur slim opmerkings in die verleëntheid gestel. Verskillende regstruuks is aangewend om die gereg te systap en die gesag van die hof uit te daag. Met sy naderende skuldigbevinding het hy dapper gebly, en omstanders met sy houding beïndruk. Hy het die doodstraf ontvang vir oorlogsmisdade, maar het die aand voor sy teregstelling selfmoord gepleeg.