Inuktitut (ᐃᓄᒃᑎᑐᑦ, [inuktiˈtut], letterlik: "taal van die mens") is 'n Eskimo-Aleoetiese taal en sedert 19 September 2008 'n amptelike taal van die Kanadese gebied Nunavut. Inuktitut is nou verwant aan die Inuïtiese tale en word óf met die Inuktitut-sillabeskrif óf met die Latynse alfabet geskryf. Dit is 'n plurisentriese taal en word sedert 2004 as een van Kanada se streekstale erken.

Inuktitut
ᐃᓄᒃᑎᑐᑦ 
Uitspraak: [inuktiˈtut]
Gepraat in: Vlag van Kanada Kanada 
Gebied: Arktika
Totale sprekers: 35 200[1]
Taalfamilie: Eskimo-Aleoeties
 Eskimo
  Inuïties
   Inuktitut 
Skrifstelsel: Inuktitut-sillabeskrif, Latynse alfabet 
Amptelike status
Amptelike taal in: Nunavut[2]

Quebec (Nunavik)[3]
Newfoundland en Labrador (Nunatsiavut)[4]
Noordwestelike gebiede[5]

Gereguleer deur: Inuit Tapiriit Kanatami en verskeie ander plaaslike instellings.
Taalkodes
ISO 639-1: iu
ISO 639-2: ike
ISO 639-3: ike 
Verspreiding van Inuktitut-dialekte
Die woord ᐃᓄᒃᑎᑐᑦ ("Inuktitut") in Inuktitut-sillabeskrif
Die sillabeskrif wat gebruik word om Inuktitut (titirausiq nutaaq) te skryf. Die bykomende karakters met die kolletjies verteenwoordig lang vokale; in die Latynse transkripsie sou die vokaal verdubbel word.

Inuktitut het sowat 35 200 moedertaalsprekers en is die taal van Kanada se inheemse Inuïete. Dit is ná Groenlands een van die belangrikste van die Inuïtiese tale en geniet amptelike status in die Kanadese gebied Nunavut, die noordelike deel van die provinsie Quebec (Nunavik), 'n deel van die provinsie Newfoundland en Labrador (Nunatsiavut) en in die Noordwestelike gebiede. Inuktitut bevat verskeie dialekte en soms word al die ander Inuïtiese tale as 'n dialek van dieselfde taal beskou wat as Inuktut bekend staan.

Bekende Afrikaanse leenwoorde uit Inuktitut sluit Eskimo en husky in. Inuktitut is nes Afrikaans en Duits bekend vir die skepping van lang woorde. Nuwe woorde word gewoonlik uit Inuktitut-wortels saamgevoeg, maar veral in die moderne taalgebruik word hulle uit Engels of Frans ontleen.

Dialekte

wysig
ISO 639-3 Dialek Gebied Getal sprekers[6] Skryfstelsel
ike
(Oos-Inuït)
Nunatsiavummiutut (Inuttut) NL: Nunatsiavut 550 Latyn
Nunavimmiutitut (Tarramiutut) QC: Nunavik 10 700 Sillabeskrif
Qikiqtaaluk nigiani (Aggurmiutut) NU: Qikiqtaaluk 5 740
Qikiqtaaluk uannangani 4 550
Aivilingmiutut NU: Kivalliq 1 500
Kivallirmiutut 5 500
ikt
(Wes-Inuït)
Natsilingmiutut (Nattiliŋmiutut) NU: Kitikmeot 1 500
Inuinnaqtun 1000 Latyn
Siglitun (Inuvialuktun i. e. S.) NT: Inuvik[7] 200

Verwysings

wysig
  1. "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Inuktitut" (in Engels). Ethnologue. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Junie 2019. Besoek op 23 November 2018.
  2. (en) Official Languages Act, S.Nu. 2008, c. 10 Geargiveer 22 Januarie 2018 op Wayback Machine, bl. 3 met (en) Inuit Language Protection Act, S.Nu. 2008, c. 17 Geargiveer 22 Januarie 2018 op Wayback Machine, bl. 1(2)
  3. (en) Charter of the French Language, CQLR c. C-11, bl. 95
  4. (en) Nunatsiavut Constitution Act, CIL 2012 N-3 (PDF) bl. 1.6.1
  5. (en) Official Languages Act, R.S.N.W.T. 1988, c. O-1 (PDF) bl. 4
  6. Totaal: 31 240; Bron: (en) UNESCO Atlas of the World’s Languages in Danger volgens die (en) Census-Daten 2006, waar na al die dialekte saam as Inuktitut verwys word.
  7. in Yellowknife word ook Inuktitut gebesig, in Ulukhaktok Inuinnaqtun, sien (en) Official Languages of the Northwest Territories

Eksterne skakels

wysig
 
Wikipedia
Sien gerus Wikipedia se uitgawe in Inuktitut
  NODES
Done 1
eth 2
orte 1