Kaapse knorhaan

visspesie

Die Kaapse knorhaan (Chelidonichthys capensis) is 'n vis wat endemies is aan Suider-Afrika en kom voor van Kaap Fria tot by Maputo. Dit is 'n gesogte eetvis met groot kommersiële waarde. Weens die kuslangse verspreiding word dit gewoonlik as 'n byvangs bekom. In Engels staan dit as die Cape gurnard bekend.

Kaapse knorhaan
Chelidonichthys capensis op die seebodem in Valsbaai, Wes-Kaap
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Subkoninkryk:
Superfilum:
Filum:
Subfilum:
Infrafilum:
Superklas:
Klas:
Subklas:
Infraklas:
Superorde:
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
C. capensis
Binomiale naam
Chelidonichthys capensis
Sinonieme
  • Chelidonyctis capensis (Cuvier, 1829)
  • Trigla capensis (Cuvier, 1829)[5]

Voorkoms

wysig
 
Vertoning van die pektorale vinne

Die vis se kop en lyf is rooierig aan die bokant, ligrooi net onder die sylyn en wit of pienk tot by die pens. Die pektorale vinne is donkergroen met 'n groot swart vlek aan die binnekant. Op die vlek is klein wit of donkerblou kolletjies. Die vis word tot 70 cm lank. Die pektorale vinne is lank en waaiervormig, en word opsigtelik vertoon wanneer die vis bedreig of onthuts voel.

Habitat

wysig

Die vis leef op sagte bodems in waterdieptes van 10 tot 390 m. Die stekelrige voorkant van die pektorale vinne word ook gebruik om krustaseë uit die seebodem te delwe. Die onvolwassenes vreet slegs skaaldiere en die volwassenes skaaldiere en vis. Die swemblaas word gebruik om geluide mee te maak. Die wyfies skiet kuit in die somer en die eiers is pelagies.

Sien ook

wysig

Verwysings

wysig
  1. [IUCN] (en)
  2. Kaup J. J., 1873. Ueber die Familie Triglidae, nebst einigen Worten über die Classification. Arch. Naturgeschichte v. 39 (núm. 1). 71-93.
  3. uBio (en)
  4. Cuvier, G. & Valenciennes, A., 1829. Histoire naturelle des poissons. Tome quatrième. Livre quatrième. Des acanthoptérygiens à joue cuirassée. Histoire naturelle des poissons. v. 4: i-xxvi + 2 pp. + 1-518, Pls. 72-99, 97 bis.
  5. Catalogue of Life Geargiveer 4 Maart 2016 op Wayback Machine (en)

Eksterne skakel

wysig
  NODES