Karl Friedrich Schinkel
Karl Friedrich Schinkel (* 13 Maart 1781 in Neuruppin; † 9 Oktober 1841 in Berlyn) was 'n Pruisiese argitek, stadsbeplanner, skilder, grafiese kunstenaar en dekorontwerper wat 'n vormende invloed op die Klassisistiese kuns in Pruise gehad het.
Karl Friedrich Schinkel | |
---|---|
Karl Friedrich Schinkel in 1826, skildery deur Carl Begas | |
Gebore | 13 Maart 1781 Neuruppin |
Sterf | 9 Julie 1841 (op 60) |
Nasionaliteit | Koninkryk Pruise |
Beroep | Argitek, stadsbeplanner, skilder, grafiese kunstenaar en dekorontwerper |
Eggenoot | Susan Berger |
Kinders | Marie (* 1810), Susan (* 1811), Karl Raphael (* 1813) en Elisabeth (* 1822) |
As leier van die Oberbaudeputation het hy toesig oor byna alle openbare bouprojekte in die Koninkryk Pruise uitgeoefen en hulle ten opsigte van hulle ekonomiese, funksionele en estetiese waarde geëvalueer. Schinkel het as Pruisiese hoofboudirekteur en koninklike argitek gefungeer. Sy bouwerke oorheers nog steeds die historiese middestad van Berlyn. Die Schinkelskool - meerdere generasies van argitekte wat onder sy stylvormende invloed gestaan het - is na hom vernoem.