Hierdie artikel bevat nie ’n bronnelys nie, wat beteken dat die inhoud nie geverifieer kan word nie.
Enige bevraagtekende inligting mag dus ook mettertyd verwyder word. Help Wikipedia deur betroubare bronne tot die artikel by te voeg.

Kerrie kan een van die volgende (verwante) begrippe wees:

  • 'n Kerrie, 'n stowegereg wat met heelwat kerriepoeier as bestanddeel gekook is.
Gebotterde hoendergereg bedien in 'n Indiese restaurant.
Geroosterde eendkerrie ("hot and spicy") uit Thailand.
Kerrie in losmaat te koop op 'n basaar.
'n Verskeidenheid kerriepoeiers.
'n Vegetariese kerriedis, bevattende blaargroente, uie, aartappels en rys.
  • Kerrie(poeier), die geel tot dieprooi speserymengsel wat veral in Oosterse en Maleier-resepte gebruik word, om aan die stowevleis 'n tipiese geurige smaak te verleen.

Kerrie bestaan uit 'n hele paar (soms geheime) gemengde bestanddele. Borrie is 'n vaste bestanddeel van kerrie, waaraan dit die geel kleur verleen. Borrie se smaak is mildelik bitter.

Suid-Afrikaans

wysig

Afrika kerries, Kaap-Maleise kerries en Natalse kerries insluitend die "Traditional Natal Curry", die Durban-kerrie, die "Bunny Chow" en rotirolle. Die geskiedenis van die Suid-Afrikaanse, veral Natalse kerries, gaan so ver terug as 250 jaar gelede, tot die eerste Indiërs se aankoms op die oewers van die Natalkolonie, asook voor die oplewing van die Britse kerries. Durban het die grootste enkele bevolking van Indiërs buite Indië en 'n outomatiese gevolg was die ontwikkeling van die tradisionele Natalse kerries sedertdien. Natalse kerries is gewoonlik gebaseer op Suid-Indiese geregte wat meestal bestaan uit eenvoudige gekruide hoender- en skaapvleisgeregte (met groot hoeveelhede ghee en olies) tot baie komplekse en ingewikkelde seekos-, hoender- en skaapspesialiteite. Die hoender- en garnale-kerrie is 'n gunsteling in KwaZulu-Natal. Europese resepte het ook ontwikkel saam met die Indiese Suid-Afrikaanse kerrie.

Europese weergawes gebruik hoofsaaklik tradisionele resepte met die toevoeging van rooiwyn, melk, room, vanielje of botter. Die bekende "Bunny Chow", 'n klassieke Suid-Afrikaanse standaard-ete, het in gewildheid versprei oor die hele land, ook in Suider-Afrikaanse buurlande en die lande met groot bevolkings van Suid-Afrikaanse immigrante. Dit bestaan uit óf lam-, hoender- of boontjiekerrie binne-in 'n uitgeholde warm brood gestop, wat met die vingers geëet word.

Die rotirol is nog 'n klassieke wegneem-kerrie. Dis óf 'n kerrie in 'n baie plat roti brood, of die klassieke "chip, kaas en kerrie" rol wat basies bestaan uit gebraaide skyfies met gesmelte kaas en die sous van jou gunsteling kerrie in 'n rotirol toegerol.

  NODES
Done 1
see 2