Kilometer
metrieke eenheid van lengte gelyk aan 1000 meter
(Aangestuur vanaf Km)
'n Kilometer (simbool: km) is 'n metrieke eenheid van lengte gelyk aan 1000 meter, en is afkomstig van die Griekse woorde khilia, wat duisend beteken, en metro, wat telling of mate beteken. Dit is ongeveer gelyk aan 0,621 myl, 1094 jaart of 3281 voet. 'n Kilometer is ook die lengte wat lig reis in 1⁄299,792,458 van een sekonde (Ligsnelheid).
Unicode het simbole vir "km" (㎞), vierkante kilometer (㎢) en kubieke kilometer (㎦); hulle is net nuttig in CJK tekste waar hulle gelyk in grootte is aan een Chinese karakter.
hektometer << kilometer << megameter
Sien ook
wysigEksterne skakels
wysig- Wikiwoordeboek het 'n inskrywing vir kilometer.