Leandie du Randt

Leandie du Randt (gebore 28 Julie 1988) is 'n Suid-Afrikaanse aktrise. Sy maak haar TV-debuut in 2009 in Getroud met rugby en haar rolprentdebuut die daaropvolgende jaar in die film Henley-on-Klip. In 2014 is sy tydens kykNET se silwerskermfees as Beste Aktrise vir haar rol in Die Windpomp benoem.

Leandie du Randt
Geboorte 28 Julie 1988
Nasionaliteit Suid-Afrika
Beroep(e) Aktrise
Webwerf https://leandiedurandt.com/
Internet-rolprentdatabasis-profiel

Du Randt verwerf in 2009 die graad BCom Bedryfsielkunde aan die Universiteit van Johannesburg. In 2010 ontvang sy haar honneursgraad in bedryfsielkunde aan dieselfde universiteit. Sy is in 2011 as 'n praktiserende psigometris geregistreer.[1][2]

Filmografie

wysig

Verwysings

wysig
  1. Biografie op leandiedurandt.co.za[dooie skakel], besoek op 30 September 2014
  2. "iRegister: Health Professions Council of South Africa - Leandie du Randt". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Maart 2016. Besoek op 11 Desember 2015.
  NODES
INTERN 1