Lettergreepskrif

’n Lettergreepskrif of sillabiese skrif is ’n skryfstelsel waar ’n stel simbole die verskillende lettergrepe van ’n taal voorstel. ’n Simbool in so ’n stelsel verteenwoordig gewoonlik ’n konsonantale klank gevolg deur ’n vokale klank, of slegs ’n vokaal (klinker). In ’n lettergreepskrif is daar geen sistematiese grafiese ooreenkoms tussen foneties verwante simbole nie;[1] Die simbool vir "ka" lyk dus glad nie soos dié vir "ki" of "a" nie.

    Skryfstelsels    

      Abjad
      Abugida
      Alfabet
      Lettergreepskrif
      Logografies
      Kenmerk-alfabet
      Snelskrif
      Alternatief

’n Skryfstelsel wat ’n lettergreepskrif gebruik, is volledig wanneer dit alle lettergrepe dek in die gesproke taal sonder dat ingewikkelde ortografiese of grafemiese reëls nodig is.

Tale wat lettergreepskrif gebruik

wysig
 
Lettergreepskrifte begin dikwels as vereenvoudigde logogramme, soos ’n mens hier kan sien met die Japannese katakana-skryfstelsel. Links is die moderne simbool en regs die oorspronklike Sjinese karakter.

Tale wat ’n lettergreepskrif gebruik, sluit in Miceense Grieks, die Noord-Amerikaanse tale Cherokees en Cree, die Afrikataal Vai, die Engels-gebaseerde kreools Ndyuka wat met die Afaka-skrif geskryf word, en die taal van die Yao-volk in China (Yi-skrif). Daar word ook geglo die ongedekodeerde taal Kreties is ’n lettergeepskrif, maar dit is nog nie bewys nie.

Die Sjinese wigskrif en die Maja-skrif is in ’n groot mate lettergeepskrifte, maar is gebaseer op logogramme. Daar word dikwels na hulle verwys as logo-lettergreepskrifte. Hedendaagse Japannees gebruik twee lettergeepskrifte wat katakana en hiragana genoem word. Hulle word hoofsaaklik gebruik om sommige plaaslike woorde en grammatikale elemente te skryf, sowel as leenwoorde – hotel word byvoorbeeld met drie simbole geskryf: ホテル (ho-te-roe). Omdat Japannees baie lettergrepe met ’n konsonant en klinker gebruik, is ’n lettergreepskrif baie geskik vir die taal.

Verwysings

wysig
  1. Peter Daniels, 1996. "The Study of Writing Systems", bl. 4. In Daniels & Bright, The World's Writing Systems.

Eksterne skakels

wysig
  NODES