Vuurtoring

struktuur wat ontwerp is om lig uit te straal om navigasie te help
(Aangestuur vanaf Ligtoring)

'n Vuurtoring (of ligtoring) is 'n hoë struktuur, gewoonlik 'n toringgebou, wat lig uitstraal. Skepe ter see gebruik vuurtorings as 'n navigasie-hulpmiddel ter see. Hulle word gewoonlik by rotsagtige en gevaarlike gebiede langs die kus gebou om te help dat skepe snags hierdie gebiede kan vermy, en veilig daar rondom kan navigeer.

Vuurtoring te Umhlanga Rocks
Vuurtoring aan die einde van die wêreld in Ushuaia, Argentinië
Die traphuis van Currituck Beach Lighthouse in Corolla, Noord-Carolina, VSA

Die lig word verskaf deur 'n sterk lamp met 'n lensstelsel wat die lig konsentreer. Die lig roteer sodat skepe dit as 'n periodiese flits waarneem. Voor elektrisiteit en lampe beskikbaar was, het mense vuur in die torings gemaak.

Bykans alle vuurtorings is deesdae outomaties en onbeman.

Vuurtoringtegnologie

wysig

Ligbron

wysig

Die ligbron in 'n vuurtoring staan bekend as die "lamp" (of elektries of aangevuur deur olie of vloeibare brandstof) en die lig word gekonsentreer deur die "lens" of "optiese stelsel". Die oudste vorm van 'n ligbron vir vuurtorings was oop vure en later kerse. Die Argand holpitlamp en paraboliese weerkaatser is rondom 1781 in Europa ontwikkel. In die VSA is pitlampe en walvisolie as die ligbron gebruik totdat die Argand paraboliese weerkaatser in 1810 deur Winslow Lewis in die VSA bekendgestel is. Raapsaadolie (nou verwant aan canola-olie) het walvisolie vervang in die vroeë 1850's, maar Amerikaanse boere se gebrek aan belangstelling om dit te produseer het veroorsaak dat daar oorgeskakel is na varkvetolie in die middel van die 1850's. In die 1870’s het die gebruik van paraffien begin om varkvetolie te vervang en teen die laat 1880’s was dit algemeen in vuurtorings ook gebruik. Teen die begin van die 20ste eeu, het elektrisiteit en karbied (asetileengas) begin om paraffien te vervang.[1] Die gebruik van karbiedlampe is bevorder deur die Dalénlamp met 'n sonklep wat die ligbron outomaties kon aangesteek teen sononder, en ook outomaties kon blus teen dagbreek. Die Dalénlamp was die vernaamste ligbron in vuurtorings vanaf die vroeë 1900's tot in die 1960's, toe elektriese beligting dominant geword het.[2]

Vuurtoringterme

wysig

Dagmerk

wysig

'n Kenmerk of eienskap van 'n vuurtoring wat bedags gesien kan word.[3]

Fokale vlak

wysig
 
'n Illustrasie van die verskil tussen die hoogte van die struktuur en die hoogte van die fokale vlak van 'n vuurtoring

Die fokale vlak van 'n vuurtoring is die afstand vanaf die oppervlak van die water by seevlak tot by die middelpunt van die lig in die optiese lens.[4] Die fokale vlak word ook die brandpuntvlak of die brandpuntsvlak genoem. In Engels word dit die focal plane genoem.

Galery

wysig

Die buitenste loopvlak om die lantern.[3]

Kroonlys

wysig

'n Ornamentele oorhangsel wat dikwels onder die lantern of galery van vuurtorings as 'n dekoratiewe element aangetref word.[3]

Die verligtingsapparaat binne-in die lens. (d.w.s. olielamp, petroleum verdampingsbrander of elektriese gloeilamp).[3]

Lantern

wysig

Die buitekantste omhulsel wat die lens en die lamp beskerm. Dikwels verwar met die lens of die lamp.[3]

Die glas of deursigtige materiaal wat gevorm word om die lig te konsentreer en te fokus.[3]

Fotogalery

wysig

Kodestelsel

wysig

Elke vuurtoring het sy eie 'kode' of 'taal' van flitse.Die ligflitse, donkerperiodes en kleure verskyn in 'n bepaalde ritme. So kan seevaarders aflei watter vuurtoring hulle sien. Die tekens verskyn op die seekaarte as klein pers vlekke oor die stippel wat die vuurtoring se posisie aandui. Seevaarders weet dan presies waar hulle is en watter koers hulle moet stuur om die hawe te bereik of uit die gevaargebied te ontsnap.

Geskiedenis

wysig

Die eerste permanente vuurtoring is sover bekend omstreeks 660 v.C. by Troje aan die kus van Klein-Asië opgerig. Maar die beroemdste vuurtoring van die antieke tyd was die Pharos van Alexandrië wat in 280 v.C. gebou is. Die Vuurtoring van Alexandrië in Egipte is een van die bekendste vuurtorings ter wêreld. Dit was tussen 120 en 137 meter hoog en baie eeue lank een van die hoogste strukture in die wêreld. Die vuurtoring word beskou as een van die Sewe Wonders van die Antieke Wêreld.

Dit het bly staan tot in die 14de eeu, toe dit tydens 'n aardbewing vernietig is. Die Romeine het baie vuurtorings in die Middelandse Seegebied en selfs by Dover in Engeland opgerig.

Die beroemde Middeleeuse vuurtoring die Lanterna van Genua het 'n hoogte van 117 meter en is al eeue lank die bekendste baken van Genua.

Verwysings

wysig
  1. Crompton, Samuel, W; Rhein, Michael, J. The Ultimate Book of Lighthouses. San Diego, CA: Thunder Bay Press, 2002. ISBN 1-59223-102-0.
  2. History of The Sun Valve Geargiveer 7 Februarie 2012 op Wayback Machine, besoek op 7 Julie 2012
  3. 3,0 3,1 3,2 3,3 3,4 3,5 Nova Scotia Lighthouse Preservation Society (NSLPS), Glossary Of Lighthouse Terms for the Maritime Region Geargiveer 28 Junie 2012 op Wayback Machine, besoek op 7 Julie 2012
  4. US Lighthouses, Frequently Asked Questions, besoek op 7 Julie 2012

Sien ook

wysig
  NODES
Done 1
see 10
Story 1