Matt Damon
Matt Damon (* 8 Oktober 1970-) is 'n Amerikaanse akteur, skrywer en filantroop wie se loopbaan afgeskop het met die sukses van die rolprent Good Will Hunting, van 'n draaiboek wat hy saam met sy vriend Ben Affleck geskryf het. Vir hierdie werk het die paar die Academy-prys vir die skryf van 'n oorspronklike draaiboek en die Golden Globe-prys vir die beste draaiboek ontvang. Damon het ook talle nominasies vir beste akteur vir sy hoofvertolking vir hierdie rolprent ingehark.[1]
Matt Damon | |
Damon op promosie vir The Bourne Ultimatum. September 2007.
| |
Geboortenaam | Matthew Paige Damon |
---|---|
Geboorte | 8 Oktober 1970 Cambridge, MA (VSA) |
Nasionaliteit | Amerikaans |
Beroep(e) | Akteur, draaiboekskrywer, vervaardiger |
Rolprente | Saving Private Ryan, The Bourne Identity |
Toekennings | Oscar & Golden Globe vir Good Will Hunting |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
Damon het voortgegaan om in rolprente soos Saving Private Ryan, The Talented Mr. Ripley, die Ocean's-trilogie, die Bourne-reeks, Syriana, The Good Shepherd en The Departed te speel. Hy het verskeie toekenningsnominasies vir sy rolprentverskynings ontvang en is in 2007 met 'n ster op die Hollywood Walk of Fame vereer. Damon is een van die top vyf-en-dertig hoogs besoldigde akteurs in die aangetekende menslike geskiedenis. Hy is in 2007 deur People-tydskrif die titel Sexiest Man Alive (Afrikaans: aantreklikste lewendie man) toegeken.
Damon is aktief betrokke by liefdadigheidsorganisasies, insluitende by die ONE-veldtog en die H2O Afrika-stigting. Damon het twee dogters, Isabella en Gia, by sy vrou Luciana Bozán Barroso, asook 'n stiefdogter, Alexia, van Barroso se vorige huwelik.
Vroeër lewe
wysigMatthew Paige Damon is op 8 Oktober 1970 in Cambridge in Massachusetts gebore. Hy is die seun van Kent Telfer Damon, 'n aandelemakelaar en Nancy Carlsson-Paige, 'n professor aan die Universiteit van Lesley.[2][3] Sy vader is van Skotse en Engelse afkoms, terwyl sy moeder van Finse en Sweedse voorvaders is. Sy broer, Kyle, is 'n begaafde beeldhouer en kunstenaar in eie reg.[3][4] Hy en sy gesin het na Newton getrek en vir twee jaar daar gewoon. Nadat sy ouers geskei is, het Damon en sy broer saam met hul ma na Cambridge teruggekeer, waar hulle 'n huis met ses gesinne gedeel het. Damon het naby die akteur Ben Affleck opgegroei, met wie hy sedert sy kinderjare bevriend is.
Keur van filmografie
wysig- 1996: Courage Under Fire
- 1997: The Rainmaker
- 1997: Good Will Hunting
- 1998: Saving Private Ryan
- 1999: The Talented Mr. Ripley
- 2001: Ocean's Eleven
- 2002: The Bourne Identity
- 2004: The Bourne Supremacy
- 2004: Ocean's Twelve
- 2005: Syriana
- 2005: The Brothers Grimm
- 2006: The Departed
- 2007: The Bourne Ultimatum
- 2007: Ocean's Thirteen
- 2009: Invictus
- 2009: The Informant!
- 2010: True Grit
- 2010: Hereafter
- 2011: The Adjustment Bureau
- 2011: Contagion
- 2011: We Bought a Zoo
- 2013: Behind the Candelabra
- 2013: Elysium
- 2014: Interstellar
- 2015: The Martian
- 2016: Jason Bourne
- 2019: Ford v. Ferrari
Verwysings
wysig- ↑ HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
- ↑ Luscombe, Belinda (19 Desember 1999). "Matt Damon Acts Out" (in Engels). Time. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Julie 2013. Besoek op 9 Januarie 2014.
- ↑ 3,0 3,1 Givens, Ron; McPhee, Michele (22 Maart 1998). "Two Hollywood Prizefighters 'Hunting' for Stardom Pays Off for Matt Damon" (in Engels). Daily News (New York). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 September 2009. Besoek op 8 April 2016.
- ↑ Ball, Ryan. "Matt Damon Animated for Arthur". Animation Magazine. Besoek op 9 Januarie 2014.
Eksterne skakels
wysig- Internet-rolprentdatabasis-profiel (en)
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Matt Damon.