Nieu-Suid-Wallis
New South Wales Nieu-Suid-Wallis | |||||
---|---|---|---|---|---|
| |||||
Bynaam : First State, Premier State | |||||
Leuse : "Orta Recens Quam Pura Nites" (Newly Risen, How Brightly You Shine) | |||||
Ander deelstate en gebiede van Australië | |||||
Land | Australië | ||||
Hoofstad | Sydney 33°51′S 151°12′O / 33.850°S 151.200°O | ||||
Grootste stad | Sydney | ||||
Goewerneur | Margaret Beazley | ||||
Premier | Dominic Perrottet (LPA) | ||||
Oppervlakte | 809 444 km² | ||||
- Land | 800 642 vk km | ||||
- Water | 8 802 vk km (1,09%) | ||||
Bevolking (2012) | |||||
- Totaal | 7 272 800 inw. | ||||
- Digtheid | 8,87 inw./vk km | ||||
Poskode | NSW | ||||
Tydsone | UTC +10 | ||||
Webwerf | www.nsw.gov.au | ||||
Nieu-Suid-Wallis is 'n Australiese deelstaat in die suidooste van die land. Die deelstaat beslaan 801 428 km² en is die deelstaat met die grootste bevolking sowel as die oudste van die state en gebiede. Dit word in die suide begrens deur Victoria, in die noorde deur Queensland en in die weste deur Suid-Australië. Die hoofstad en grootste stad is Sydney.
Geskiedenis
wysigNieu-Suid-Wallis is in 1788 gestig en het oorspronklik 'n groot gedeelte van die vasteland beslaan. Die staat is vernoem deur kaptein James Cook, wat in 1770 voet aan wal gesit het in Botany Bay. Die eerste nedersetting is in 1788 in Nieu-Suid-Wallis begin deur Arthur Phillip.
Geografie
wysigDie staat bestaan uit 12 statistiese afdelings. Die laagliggende gebiede aan die kus lei na tafellande, wat gevorm word deur die Groot Skeidingsgebergte. Die vernaamste kusriviere van Nieu-Suid-Wallis is die Hawkesbury, Hunter, Macleay en Clarence. Die vernaamste binnelandse riviere is die Darling, Murray, Murrumbidgee, Lachlan en Macquarie-Bogan.
Stede
wysigNaas Sydney is ander belangrike stede Newcastle, Wollongong, Coffs Harbour, Port Macquarie en Broken Hill.
Ekonomie
wysigDie belangrikste ekonomiese bedrywighede in die deelstaat is die produksie van beesvleis, suiwel, wol en graan, asook vissery, bosbou, tekstiele en elektriese masjinerie, chemikalieë en voedselverwerking. Mynbou behels onder meer ontginning van sink, lood en steenkool.
Eksterne skakels
wysig- Kaart van suidooste van Australië van Geoscience Australia Geargiveer 28 November 2007 op Wayback Machine
- Die deelstaat se amptelike webwerf
- Die deelstaat se parlement Geargiveer 22 April 2016 op Wayback Machine
- NSW se polisie
- NSW se deelstaatwette
- Die deelstaatbiblioteek se geskiedenis van Australië Geargiveer 24 Julie 2008 op Wayback Machine
- NSW en Sydney se weer Geargiveer 6 Mei 2009 op Wayback Machine
Australië | ||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|
|