Paralimpiese Somerspele 2024

2024 multi-parasport geleentheid in Parys, Frankryk
XVIIe Paralimpiese Somerspele
Paralimpiesespele van 2024

Gehou in Parys, Frankryk
Deelnemende lande 170 Nasionale Paralimpiese Komitees
Deelnemende atlete 4 400 (2 417 mans en 1 983 vroue)
Items 549 in 22 sporte
Openingseremonie 28 Augustus 2024
Sluitingseremonie 8 September 2024
Amptelik geopen deur President Emmanuel Macron
Atlete-eed Sandrine Martinet
Arnaud Assoumani
Beampte-eed
Olimpiese vlam Alexis Hanquinquant
Nantenin Keïta
Charles-Antoine Kouakou
Fabien Lamirault
Élodie Lorandi
Vorige Spele 2020: Tokio (Japan)
Volgende Spele 2028: Los Angeles (VSA)

Die Paralimpiese Somerspele 2024 (Frans: Jeux paralympiques d'été de 2024) is van 28 Augustus tot 8 September 2024 in Parys, Frankryk, aangebied.[1] Tydens die geleentheid het 4 400 atlete uit 170 nasies aan 549 items in 22 verskillende sportsoorte deelgeneem.[2] Die spanne van Eritrea, Kiribati en Kosovo het vir die eerste keer aan Paralimpiese Spele deelgeneem.[3]

Die Stade de France in Parys

Dit was die 17de aanbieding van die Paralimpiese Somerspele en die eerste keer wat Parys die spele georganiseer het. Verder was dit ná die Paralimpiese Winterspele 1992 in Tignes-Albertville die tweede Paralimpiese Spele in Frankryk.

Die opening- en sluitingseremonies het in Parys plaasgevind. Vir die eerste keer in die Paralimpiese geskiedenis het die openingseremonie egter nie in 'n stadion plaasgevind nie, die deelnemende lande se atlete het pleks daarvan op die Avenue des Champs-Élysées in Parys geloop, met die beginpunt by die Arc de Triomphe en die eindpunt by die Place de la Concorde.[4] Soos gebruiklik is die lande in alfabetiese volgorde georden met Griekeland eerste en die gasheer Frankryk laaste, maar aangesien die plaaslike taal Frans is, is dié taal se alfabet gebruik om die volgorde te bepaal. Beide Mpumelelo Mhlongo (atletiek) en Kat Swanepoel (swem) het die Suid-Afrikaanse vlag ingedra.[5]

Die Olimpiese Somerspele 2024 is tussen 2 en 18 Augustus in Parys gehou.

Toewysing

wysig
 
Tony Estanguet, hoof van Parys se reëlingskomitee

As deel van 'n formele ooreenkoms tussen die Internasionale Paralimpiese Komitee en die Internasionale Olimpiese Komitee uit 2001 is die wenner van die bod vir die Olimpiese Somerspele 2024 ook die gasheer vir die Paralimpiese Somerspele 2024.[6] Parys is op 13 September 2017 in Lima deur die Internasionale Olimpiese Komitee gekies as die gasheer vir die Olimpiese Somerspele in 2024. Die Olimpiese Somerspele 2024 en 2028 is tegelyk toegeken, eersgenoemde aan Parys, Frankryk, en laasgenoemde aan Los Angeles, Verenigde State.[7]

Die stemming het as volg verloop:

Stemming vir gasheer van die Olimpiese Somerspele 2024
Stad Land Stemme
Parys   Frankryk Verkies as 2024-gasheer
Los Angeles   Verenigde State Verkies as 2028-gasheer
Hamburg   Duitsland onttrek
Rome   Italië
Boedapest   Hongarye

Sporte

wysig

In 2019 is die program van die Paralimpiese Somerspele 2024 aangekondig met geen veranderinge in die sportsoorte teenoor die Paralimpiese Somerspele 2020 in Tokio nie.

22 Paralimpiese sporte is tydens die Spele beoefen. Tydens die Spele is 549 medaljes oorhandig.

Stadions

wysig
 
Stade de France in Saint-Denis
 
Parys se La Défense-arena
 
Champs de Mars
 
Avenue des Champs-Élysées
 
Grand Palais
 
Les Invalides

Al die Paralimpiese gebeure het in en rondom Parys plaasgevind, insluitende die voorstede Saint-Denis en Versailles, asook Vaires-sur-Marne wat net buite die stad is.[8]

Groter Parys

wysig
Stadion Sporte Kapasiteit Status
Stade de France Sluitingsseremonie 77 083 Klaar
Atletiek (baan en veld)
Paris La Défense Arena Swem 15 220
Porte de La Chapelle Arena Pluimbal 6 700 Bykomend
Bankdruk 7 000
Clichy-sous-Bois Fietsry (Pad) Tydelik
Noord-Parys-Arena Sitvlugbal 6 000 Klaar
Parc Georges Valbon – La Courneuve Paramaraton (wegspring) Tydelik

Paryse sentrale gebied

wysig
Stadion Sporte Kapasiteit Status
Bercy Arena Rolstoelbasketbal 15 000 Klaar
Grand Palais éphémère Judo 8 356
Rolstoelrugby
Eiffeltoringstadion (Champ de Mars) 5-per-kant sokker 12 860 Tydelik
Les Invalides Boogskiet, Paramaraton (doellyn) 8 000
Grand Palais Taekwondo 6 500 Klaar
Rolstoelskerm
Pont Alexandre III Paradriekamp 1 000 Tydelik
Stade Roland Garros Rolstoeltennis 12 000 Klaar
Suid-Parys-Arena Boccia 9 000
Tafeltennis 6 650
Doelbal 7 300

Versailles-gebied

wysig
Stadion Sporte Kapasiteit Status
Tuine van die Paleis van Versailles Ruitersport (Dressuur) 80 000
(22 000 + 58 000)
Tydelik

Afgeleë sportplekke

wysig
Stadion Sporte Kapasiteit Status
Nasionale Olimpiese Nautiese Stadion op die Île-de-France (Vaires-sur-Marne) Parakanovaart 12 000 Klaar
Roei 14 000
Vélodrome de Saint-Quentin-en-Yvelines Fietsry (Baan) 5 000
Centre National de Tir Sportif (Châteauroux) Skyfskiet 3 000

Kalender

wysig

Die volgende tabel dui die Spele se daaglikse program aan. 'n Blou blokkie beteken dat wedstryde plaasgevind het, maar dat geen medaljes op die spel was nie. 'n Geel blokkie dui aan dat medaljes toegeken is, die getal dui op die aantal medaljeparades wat die dag gehou is.

 OS  Openingseremonie  ●  Wedstryde  1  Wedstryde met medaljes  SS  Sluitingseremonie
Augustus/September 28
Wo
29
Do
30
Vr
31
Sa
1
So
2
Ma
3
Di
4
Wo
5
Do
6
Vr
7
Sa
8
So
Items
  Seremonies OS SS
  5-per-kant sokker 1 1
  Atletiek 14 18 19 13 24 15 19 16 22 4 164
  Bankdruk 4 4 4 4 4 20
  Boccia 2 6 3 11
  Boogskiet 2 2 2 1 1 1 9
  Doelbal 2 2
Fietsry   Baan 4 5 4 4 17
  Pad 19 6 4 5 34
  Judo 5 5 6 16
  Paradriekamp 11 11
  Parakanovaart 5 5 10
  Roei 5 5
  Rolstoelbasketbal 1 1 2
  Rolstoelpluimbal 2 14 16
  Rolstoelrugby 1 1
  Rolstoelskerm 4 4 2 4 2 16
  Rolstoeltennis 1 2 2 1 6
  Ruitersport 3 2 1 5 11
  Sitvlugbal 1 1 2
  Skyfskiet 3 2 2 1 2 2 1 13
  Swem 15 14 15 14 13 15 12 13 15 15 141
  Taekwondo 3 4 3 10
  Tafeltennis 2 5 3 1 3 5 5 7 31
Totaal 0 22 42 49 53 61 50 63 63 57 75 14 549
Kumulatief 0 22 64 113 166 227 277 340 403 460 535 549
Augustus/September 28
Wo
29
Do
30
Vr
31
Sa
1
So
2
Ma
3
Di
4
Wo
5
Do
6
Vr
7
Sa
8
So
Items

Deelnemende nasies

wysig

Hier volg 'n alfabetiese lys van al die Nasionale Paralimpiese Komitees wat deelgeneem het. Waar beskikbaar word die aantal atlete per land in hakies aangedui:

Suid-Afrikaanse deelname

wysig

Tydens die vorige Paralimpiese Spele het Suid-Afrika sewe medaljes (vier goud, een silwer en twee brons) ingepalm en in die 34ste plek geëindig.

Suid-Afrika het 32 atlete na die Spele gestuur. Hulle eindig in die algehele 45ste plek met ses medaljes. Hiervan is twee goud-, geen silwer en vier bronsmedaljes.[9]

Goud
Brons

Aantal medaljes

wysig

Hier is die top tien lande wat medaljes tydens die Spele verower het.

 Plek  Land  Deelnemers   Goud   Silwer   Brons Totaal
1   Volksrepubliek China (CHN) 284 94 76 50 220
2   Verenigde Koninkryk (GBR) 201 49 44 31 124
3   Verenigde State (USA) 220 36 42 27 105
4   Nederland (NED) 84 27 17 12 56
5   NPA (Belarussiese en Russiese atlete) 98 26 22 23 71
6   Brasilië (BRA) 256 25 26 38 89
7   Italië (ITA) 141 24 15 32 71
8   Oekraïne (UKR) 74 22 28 32 82
9   Frankryk (FRA) 239 19 28 28 75
10   Australië (AUS) 159 18 17 28 63
46   Suid-Afrika (RSA) 32 2 0 4 6

Sien ook

wysig

Verwysings

wysig
  1. (en) "IPC Historical Results Archive". Internasionale Paralimpiese Komitee. Besoek op 22 Januarie 2018.
  2. (en) "Paris 2024 reveals session-by-session competition schedule". Internasionale Paralimpiese Komitee. 8 Julie 2022. Besoek op 8 September 2024.
  3. (en) "Paris 2024: Record number of delegations and females to compete". Internasionale Paralimpiese Komitee. 23 Augustus 2024. Besoek op 8 September 2024.
  4. (en) Raúl Daffunchio Picazo (22 Augustus 2024). "Paris 2024 Paralympics set to dazzle the world". Inside the Games. Besoek op 8 September 2024.
  5. (en) Ashleigh Nefdt (11 Julie 2024). "South Africa's Official Olympic and Paralympic Flag Bearers Announced!". GoodThingsGuy. Besoek op 8 September 2024.
  6. (en) "Paralympics 2012: London to host 'first truly global Games'". BBC. 21 Mei 2012. Besoek op 8 September 2024.
  7. (en) "Olympic Games: Paris & LA to host 2024 & 2028 respectively". BBC. 13 September 2017. Besoek op 8 September 2024.
  8. (en) "Venues". Internasionale Olimpiese Komitee. Besoek op 8 September 2024.
  9. (en) "Team RSA at the Paris 2024 Paralympics". Tokyo2020.com. 8 September 2024. Besoek op 8 September 2024.

Eksterne skakels

wysig


Paralimpiese Spele  

Somerspele: Rome 1960Tokio 1964Tel Aviv 1968Heidelberg 1972Toronto 1976Arnhem 1980New York & Stoke Mandeville 1984Seoel 1988Barcelona 1992Atlanta 1996Sydney 2000Athene 2004Beijing 2008Londen 2012Rio de Janeiro 2016Tokio 2020Parys 2024Los Angeles 2028Brisbane 2032
Winterspele: Örnsköldsvik 1976Geilo 1980Innsbruck 1984Innsbruck 1988Tignes-Albertville 1992Lillehammer 1994Nagano 1998Salt Lake City 2002Turyn 2006Vancouver 2010Sotsji 2014Pyeongchang 2018Beijing 2022Milaan/Cortina 2026Franse Alpe 2030Salt Lake City 2034
Internasionale Paralimpiese KomiteeNasionale Paralimpiese Komitee

  NODES
games 3
games 3
Intern 9
languages 1
mac 2
OOP 2
os 20
web 1