Pous Gregorius III

Gregorius III was die 90ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk.

Pous Gregorius III
Geboortenaam Gregorius
Pontifikaat begin 18 Maart 731
Pontifikaat eindig 28 November 741
Voorganger Gregorius II
Opvolger Sagarias
Gebore
Sirië
Sterf 28 November 741
Rome, Italië
Ander pouse genaamd Gregorius

Biografie

wysig

Pous Gregorius III is gebore Sirië. Op 18 Maart 731 volg hy Pous Gregorius II op en regeer tot sy dood op 28 November 741. (Die BBKL gee 10 Desember 741; sien eksterne skakels vir die verwysing). Hy word opgevolg deur Pous Sagarias. Die naam ‘Gregorius’ beteken 'wagter'.

Pontifikaat

wysig

Pous Gregorius III is verkies op 11 Februarie 731 maar eers in die amp bevestig op 13 Maart 731 omdat toestemming van die Bisantynse keiser verkry moes word. Gregorius III was die laaste pous wat toestemming van die Bisantynse keiser gekry het om pous te word. Hy het die ikonoklasme van keiser Leo III laat veroordeel op 'n konsilie in 731 waaraan 193 biskoppe deelgeneem het. Voortaan sou persone wat afbeeldings van Jesus van Nasaret, die Maagd Maria, die Apostels of die Heiliges beskadig, geëkskommunikeer word.

Die pous het hom toegespits op die uitbreiding van die kerk in Noord-Europa. Hy het die sendelinge Bonifatius en Willibrordus soontoe gestuur. In 732 verhef hy Bonifatius tot aartsbiskop en in 738 tot pouslike legaat vir die Germane. Gregorius het die Franke gehelp om Ravenna te herower van die Lombarde wat dit in 733 ingeneem het. Die koning van die Saksers het tydens Gregorius se pontifikaat 'n pelgrimsreis na Rome onderneem en met sy terugkeer die jaarlikse offer van die Petruspenning (Engels: Peter's Pence) ingestel, wat tans nog gebruiklik is.

Verering

wysig

Pous Gregorius III word as heilige vereer in die Rooms-Katolieke Kerk. Sy feesdag is op 28 November.

Bibliografie

wysig
  • Davis, R. (2001) Book of the Pontiffs (English Translation of the Liber Pontificalis) Liverpool University Press. ISBN 0-85323-545-7
  • Duff, Eamon. Saints and Sinners: A History of the Popes, Yale University Press, 2001. bl. 62–63. ISBN 0300091656
  • Maxwell-Stuart, P. G. Chronicle of the Popes: The Reign-by-Reign Record of the Papacy from St. Peter to the Present, Thames & Hudson, 2002, bl. 47. ISBN 0500017980.
  • Bauer, F. A. 2004. Das Bild der Stadt Rom im Frühmittelalter. Papststiftungen im Spiegel des Liber Pontificalis von Gregor der Dritten bis zu Leo der Dritten. Wiesbaden 2004.

Eksterne skakels

wysig
  • BBKL Inskrywing (met Literatuurverwysings) in die Biographisch-Bibliographisches Kirchenlexikon (Duits)
  • PTA Inskrywing in "Popes through the Ages" deur J. Brusher S.J. (Engels)


Saamgestel en vertaal uit die Nederlandse, Engelse, Duitse en Franse wikipedia.

Opvolging

wysig
Voorafgegaan deur
Gregorius II
Pous (Pontifex Maximus)
731741
Opgevolg deur
Sagarias
  NODES