Sentrale ekonomiese streek

Die Sentrale ekonomiese streek (Russies: Центра́льный экономи́ческий райо́н, Tsentralni ekonomitsjeski rajon) is een van 12 ekonomiese streke van Rusland. Dit is geleë in die sentrale deel van die Europese streek in die land. Talle paaie en spoorweë kruis mekaar hier.

Die Sentrale ekonomiese streek in Rusland.

Die streek is 484 000 km2 groot en die bevolking is 30,5 miljoen volgens die 2012-sensus.[1] Meer as 80 persent van die mense woon in die stede. Die gemiddelde bevolkingsdigtheid is 63/km2.

Van die groot stede in dié belangrike nywerheidstreek sluit in Moskou, Smolensk, Jaroslawl, Wladimir en Toela. Die Wolga- en Oka-rivier is belangrike waterweë, en die Moskou–Wolga- en die Don-Wolga-kanaal verbind Moskou met die Kaspiese en Oossee.

Deelgebiede

wysig

Die volgende deelgebiede val in die streek:

  1.   Brjansk-oblast
  2.   Iwanowo-oblast
  3.   Jaroslawl-oblast
  4.   Kaloega-oblast
  5.   Kostroma-oblast
  6.   Moskou
  7.   Moskou-oblast
  8.   Orjol-oblast
  9.   Rjazan-oblast
  10.   Smolensk-oblast
  11.   Toela-oblast
  12.   Twer-oblast
  13.   Wladimir-oblast

Verwysings

wysig
  Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
  1. [1] Russiese 2010-sensus
  NODES