Swartwildebees
spesie van soogdier
Die swartwildebees (Connochaetes gnou) is 'n groot wildsbok wat in die hoë velde van Suider-Afrika voorkom. Die spesie het uitsterwing in die gesig gestaar, maar bevolkings in privaat gebiede en natuurreservate het na 1994 met sukses toegeneem.
Swartwildebees | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Subfamilie: | |
Genus: | |
Spesie: | C. gnou
|
Binomiale naam | |
Connochaetes gnou (Zimmermann, 1780)
| |
verspreiding | |
Sinonieme | |
|
Volwasse swartwildebeeste het 'n gemiddelde massa van 180 kg en 'n hoogte van 120 cm. Hulle lyk baie op die blouwildebees, maar is ietwat kleiner en het 'n wit stert. Die bulle het horings wat tot 68 cm lank kan word.
Die koei is vir 8 tot 8,5 maande dragtig, waarna 'n enkele kalfie gebore word. Swartwildebeeste het 'n moontlike lewensduur van 20 jaar.
Sien ook
wysigVerwysings
wysig- ↑ (en) IUCN SSC Antelope Specialist Group (2008) Connochaetes gnou In: IUCN 2010. IUBN-rooilys van veilige spesies. Weergawe 2010.2. www.iucnredlist.org Besoek op 28 Augustus 2010.
- ↑ (en) von Richter, W. (1974). "Connochaetes gnou". Mammalian Species. The American Society of Mammalogists (50): 1–6.
Bronnelys
wysig- (en) IUCN SSC Antelope Specialist Group (2008). Hippotragus niger. 2008 IUBN Rooi Lys van bedreigde spesies. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur 2008. Verkry op Mei 2010.
- Soogdiere van die Krugerwildtuin en ander Nasionale Parke (1979). Saamgestel deur Die Nasionale Parkeraad. 'n Publikasie van die Raad van Kuratore vir Nasionale Parke van die Republiek van Suid-Afrika. ISBN 0-86953-027-5.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Swartwildebees.
- Wikiwoordeboek het 'n inskrywing vir swartwildebees.
- Wikispecies het meer inligting verwant aan Swartwildebees