Tuinroete

Gebied langs die Kaapse suidkus van Suid-Afrika

Die Tuinroete is 'n gebied langs die Kaapse suidkus van Suid-Afrika en een van die gewildste toeristebestemmings in die land. Dit strek van die historiese vissersdorp Hermanus in die Wes-Kaap tot by Jeffreysbaai in die Oos-Kaap. Bekende dorpe soos Mosselbaai, George, Knysna en Plettenbergbaai lê langs die Tuinroete.

Kaart van die Tuinroete
Waterval langs die Otterwandelpad in die Tsitsikamma Nasionale Park
Wildernis se strand
'n Meer langs die Tuinroete

Klimaat

wysig

Die Tuinroete-gebied geniet 'n sagte seeklimaat met matige warm somers en gematigde tot verfrissend-koel winters. Die Tuinroete ontvang van die hoogste gemiddelde jaarlikse reënval in die land, wat veral tydens die winter deur die vogtige seewinde van die Indiese Oseaan ingestroom word.

Die gebied word begrens deur die Outeniekwa- en Tsitsikammaberge en die Indiese Oseaan. Die inheemse Outeniekwa- en Tsitsikammabosse spog met 'n unieke mengsel van Kaapse fynbos en bosse van die gematigde klimaatsone. Voetslaanpaaie en ander aktiwiteite lok 'n groot aantal eko-toeriste.

Nagenoeg driehonderd soorte voëls word in die Tuinroete-gebied aangetref, en hulle habitat wissel van fynbos tot bosgebied en vleie.

Tien natuurbewaringsgebiede beskerm die verskillende ekostelsels van die gebied asook sy groot rykdom aan seefauna soos sagte koraalriwwe, dolfyne, robbe en ander diere. 'n Aantal baaie langs die Tuinroete dien as 'kinderkamers' vir die bedreigde Suidelike noorkapper (walvis), wat hier in die winter en lente (van Julie tot Desember) kom kalf.

Alhoewel die meeste besoekers die Tuinroete met hulle motors verken, het hulle ook die laaste stoomgedrewe passasierstrein op die vasteland van Afrika tot hulle beskikking, die Outeniqua Choo-Tjoe. Die N2 nasionale pad strek deur die Tuinroete.

Tussen George en Knysna is die mere gebied, daar is vier mere in die area: Groenvlei, Langvlei, Rondevlei en Swartvlei. By Knysna is die bekende strandmeer terwyl by Plettenbergbaai -oos van Knysna- ook 'n meer is waar die Keurboomsrivier uitmond. Die Swartvlei meer mond by Sedgefield uit in die see en het ontstaan toe die riviervallei deur die stygende seevlak oorweldig is, terwyl Rondevlei ontstaan het uit 'n kom wat deur die wind geskep en later deur water gevul is. Langvlei is 'n verdronke depressie tussen die duine.[1]

Sien ook

wysig

Verwysings

wysig

Eksterne skakels

wysig


 

Provinsie Wes-Kaap

Hoofstad:

Kaapstad

Streke:

Kaapse Skiereiland | Kaapse Wynlande | Sentraal Karoo | Overberg | Tuinroete | Weskus

Grootste stede en dorpe:

Kaapstad | George | Mosselbaai | Knysna | Oudtshoorn | Paarl | Robertson | Stellenbosch | Swellendam | Vredenburg | Worcester

Munisipaliteite:

Beaufort-Wes | Bergrivier | Bitou | Breedevallei | Kaap Agulhas | Cederberg | Drakenstein | George | Hessequa | Kaapstad | Kannaland | Knysna | Laingsburg | Langeberg | Matzikama | Mosselbaai | Oudtshoorn | Overberg | Overstrand | Prins Albert | Saldanhabaai | Sentraal Karoo | Stellenbosch | Swartland | Swellendam | Theewaterskloof | Tuinroete | Weskus | Witzenberg

  NODES
languages 1
os 17