1909
jaar
1909 |
◄ | 19de eeu | ◄20ste eeu► | 21ste eeu | ►
◄ ◄ | ◄ | 1904 | 1905 | 1906 | 1907 | 1908 | ◄ 1909 ► | 1910 | 1911 | 1912 | 1913 | 1914 | ► | ► ► |
Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal |
Sien ook: Kategorie:1909 |
Kalenders | ||||||||||||||||||||||
Onze Jan Hendrik Hofmeyr | ||||||||||||||||||||||
|
Die jaar 1909 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Vrydag begin het. Dit was die 9de jaar van die 20ste eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
Gebeure
wysig- 9 Januarie - Groot skade word aangerig en drie mense verdrink nadat die Apiesrivier sy walle oorstroom in Pretoria.[1]
- 11 April – Die (latere) Israelse stad Tel Aviv word gestig.
- 10 Junie – 'n Referendum word in Natal gehou daaroor of dié Britse kolonie deel van die Unie van Suid-Afrika moet vorm. Daar is 11 121 stemme ten gunste en 3 701 daarteen.
- 15 Junie – Die Imperiale Krieketkonferensie (nou die Internasionale Krieketraad, IKR) word deur verteenwoordigers uit Australië, Engeland en Suid-Afrika by die Lord’s-krieketveld in Londen gestig.
- 26 Julie – Die SS Waratah verdwyn spoorloos tussen Durban en Oos-Londen.
- 19 Desember – Burgeroorlog breek uit in Honduras.
- 28 Desember – Eerste vliegtuigvlug in Suid-Afrika (en ook Afrika) onderneem deur Albert Kimmerling by die Nahoon perdereisiesbaan in Oos-Londen.
- Die "Mission Station and Communal Reserve Act" Wet nr. 29 word in die Staatskoerant afgekondig. Die dorpsbestuur moet volgens die wet in die hande van 'n gekose bestuursraad oorgaan.
Geboortes
wysig- dag onbekend – Johannes Keevy, Suid-Afrikaanse Polisiekommissaris van 1962 tot 1968 († 1981).
- 11 Januarie – Victor Ivanoff, Suid-Afrikaanse kunsskilder, spotprenttekenaar en sanger († 1997).
- 16 Januarie – Mornay du Plessis, Suid-Afrikaanse komponis, pianis en skilder († 1941).
- 9 Februarie – Carmen Miranda, Brasiliaanse sangeres († 1955).
- 13 Februarie – Herman Ridderbos, Nederlandse Predikant en Teoloog († 2007).
- 27 Maart – Golo Mann, Duits-Switserse historikus en uitgewer, († 1994)
- 28 Maart – Nelson Algren, Amerikaanse skrywer († 1981).
- 3 April – Stanislaw Ulam, Pools-Amerikaanse wetenskaplike van wiskunde en kernfisika. († 1984).
- 24 April – Bernhard Grzimek, Duitse outeur en dierebeskermer († 1987).
- 29 April – Tom Ewell, Amerikaanse akteur († 1994).
- 30 April – Juliana van Nederland, koningin van Nederland († 2004).
- 4 Mei – Howard Da Silva, Amerikaanse akteur en regisseur († 1986).
- 9 Mei – Eugenio Garin, Italiaanse filosoof en Renaissance geskiedkundige († 2004).
- 15 Mei – D.C.H. Uys, Suid-Afrikaanse politikus († 1995).
- 14 Junie – Burl Ives, Amerikaanse sanger en akteur († 1995).
- 13 Julie – Souphanouvong, President van Laos († 1995).
- 31 Julie – Gregoire Boonzaier, Suid-Afrikaanse kunsskilder († 2005).
- 11 Augustus – Marthinus Versfeld, Suid-Afrikaanse filosoof († 1995).
- 22 Augustus – Pierre de Wet, Afrikaanse rolprentregisseur, vervaardiger en skrywer († 1990).
- 5 September – Jan Buys, Suid-Afrikaanse skilder († 1985)
- 21 September – Kwame Nkrumah, eerste leier van Ghana na onafhanklikheid († 1972).
- 24 Oktober – Hendrik de Wit, Nederlandse sistematiese plantkundige († 1999).
- 28 Oktober – Francis Bacon, Ierse kunstenaar († 1992).
- 2 Desember – Erika Dannhoff, Duitse aktrise. († 1996).
- 3 Desember – Wim Hartman, Afrikaanse skrywer († 1966).
Sterftes
wysig- 13 April – Sir Donald Currie, 'n skeepseienaar en skenker van die Curriebeker (* 1825).
- 23 Julie – Zygmunt Noskowski, Poolse komponis en dirigent (* 1846).
- 22 September – David Christiaan de Waal, burgemeester van Kaapstad (* 1845).
- 16 Oktober – Jan Hendrik Hofmeyr (Onze Jan) in Londen, enkele dae voordat hy na sy vaderland sou terugkeer (* 1845).
- 30 November – Peter MacOwan, Suid-Afrikaanse plantkundige (* 1830).
- 17 Desember – Koning Leopold II van België (* 1835).
Verwysings
wysig- ↑ "'n Geskiedenis van besondere Weergebeurtenisse in Suid-Afrika: 1500-1990". CAELUM: 21. Desember 1991.