2005-Drienasiesreeks
Die 2005-Drienasiesreeks was die tiende keer wat die rugbytoernooi tussen Australië, Nieu-Seeland en Suid-Afrika plaasgevind het. Dit is vanaf 30 Julie tot 3 September oor ses wedstryde beslis met elke span wat vier wedstryde gespeel het. Nieu-Seeland het die toernooi vir die sesde keer gewen. Buitendien het hulle die Bledisloebeker ingepalm.
Datums | 30 Julie - 3 September |
---|---|
Kampioen | Nieu-Seeland (6 titels) |
Wedstryde gespeel | 6 |
Drieë gedruk | 26 (4.33 per wedstryd) |
Bywoning | 299 205 (49 868 per wedstryd) |
Meeste punte | Percy Montgomery (52) |
Meeste drieë | Bryan Habana Doug Howlett (3) Joe Rokocoko (3 elk) |
← 2004 2006 → | |
Die toernooi is deur SANZAR georganiseer, ’n konsortium wat uit die drie lande se rugbyfederasies bestaan. Sedert 2012 is dit na die Rugbykampioenskapreeks verander toe ook Argentinië tot die toernooi toegetree het.[1]
Formaat
wysigDie formaat vir die 2005-toernooi was soortgelyk aan dié van die vorige jare. Elke span het twee keer tuis gespeel, en twee keer weg, met ’n totaal van vier wedstryde elk, en ses in totaal. Met ’n wen het ’n span vier punte verdien, gelykop twee ligapunte, en ’n verloor met agt of meer punte nul ligapunte. ’n Bonuspunt kon verdien word op een van twee maniere: deur ten minste vier drieë in ’n wedstryd te druk, of deur met sewe punte of minder te verloor. Die toernooi se wenner was die span met die meeste ligapunte aan die einde van die toernooi.
Telkaart
wysigNasie | Wedstryde | Punte | Bonuspunte | Ligapunte | ||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Speel | Wen | Gelyk | Verloor | Vir | Teen | Verskil | ||||
1 | Nieu-Seeland | 4 | 3 | 0 | 1 | 111 | 86 | +25 | 3 | 15 |
2 | Suid-Afrika | 4 | 3 | 0 | 1 | 93 | 82 | +11 | 1 | 13 |
3 | Australië | 4 | 0 | 0 | 4 | 72 | 108 | –36 | 3 | 3 |
Wedstryddatums
wysigDatum | Datum | ||
---|---|---|---|
Week 1 | 30 Julie | Week 4 | 20 Augustus |
Week 2 | 6 Augustus | Week 5 | 27 Augustus |
Week 3 | 13 Augustus | Week 6 | 3 September |
Week 1
wysig30 Julie 2005 | Suid-Afrika | 22–16 | Australië | Loftus Versfeld, Pretoria, Suid-Afrika | |
15:00 (SAST) | Drie: Breyton Paulse Doelskop: Percy Montgomery Strafdoele: Percy Montgomery (3) Skepdoele: Percy Montgomery, André Pretorius |
Verslag | Drie: George Smith Doelskop: Matt Giteau Strafdoele: Matt Giteau (3) |
Bywoning: 50 000 Skeidsregter: Paul Honiss (NZL) | |
|
Week 2
wysig6 Augustus 2005 | Suid-Afrika | 22–16 | Nieu-Seeland | Nuweland, Kaapstad, Suid-Afrika | |
15:00 (SAST) | Drie: Jean de Villiers Doelskop: Percy Montgomery Strafdoele: Percy Montgomery (4) Skepdoel: André Pretorius |
Verslag | Drie: Rico Gear Doelskop: Dan Carter Strafdoele: Dan Carter (3) |
Bywoning: 49 118 Skeidsregter: Andrew Cole (AUS) | |
Week 3
wysig13 Augustus 2005 | Australië | 13–30 | Nieu-Seeland | ANZ-stadion, Sydney, Australië | |
20:00 (AEST) | Drie: Drew Mitchell Doelskop: Matt Giteau Strafdoele: Matt Giteau (2) |
Verslag | Drieë: Piri Weepu, Richie McCaw, Joe Rokocoko Doelskoppe: Dan Carter (2), Luke McAlister Strafdoele: Dan Carter (3) |
Bywoning: 82 309 Skeidsregter: Tony Spreadbury (ENG) | |
|
Week 4
wysig20 Augustus 2005 | Australië | 19–22 | Suid-Afrika | Subiaco Ovaal, Perth, Australië | |
18:00 (AWST) | Drie: Clyde Rathbone Doelskop: Mat Rogers Strafdoele: Mat Rogers (3), Matt Giteau |
Verslag | Drieë: Bryan Habana (2) Strafdoele: Percy Montgomery (3) Skepdoel: Percy Montgomery Kaart: Breyton Paulse |
Bywoning: 43 278 Skeidsregter: Alain Rolland (IRL) | |
|
Week 5
wysig27 Augustus 2005 | Nieu-Seeland | 31–27 | Suid-Afrika | Carisbrook, Dunedin, Nieu-Seeland | |
19:35 (NZST) | Drieë: Joe Rokocoko (2), Leon MacDonald, Keven Mealamu Doelskoppe: Leon MacDonald (3), Luke McAlister Strafdoel: Leon MacDonald |
Verslag | Drieë: Bryan Habana, Ricky Januarie, Jaque Fourie Doelskoppe: Percy Montgomery (3) Strafdoele: Percy Montgomery (2) |
Bywoning: 29 500 Skeidsregter: Joël Jutge (FRA) | |
Week 6
wysig3 September 2005 | Nieu-Seeland | 34–24 | Australië | Edenpark, Auckland, Nieu-Seeland | |
19:35 (NZST) | Drieë: Richie McCaw, Doug Howlett (3) Doelskop: Leon MacDonald Strafdoele: Leon MacDonald, Luke McAlister (3) |
Verslag | Drieë: Mark Chisholm, Mark Gerrard, Lote Tuqiri, Lloyd Johansson Doelskoppe: Mat Rogers (2) |
Bywoning: 45 000 Skeidsregter: Chris White (ENG) | |
|
Drienasiesreekskampioen 2005 |
---|
Nieu-Seeland |
Statistiek
wysigMeeste punte en drieë
wysigMeeste punte aangeteken:
|
Meeste drieë gedruk:
|
Sien ook
wysigVerwysings
wysig- ↑ (en) "Rugby: IRB clears way for Argentina to join Tri-Nations". The New Zealand Herald. 13 Mei 2010. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 April 2020. Besoek op 22 Mei 2010.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie 2005-Drienasiesreeks.
- (en) 2005-Drienasiesreeks op ESPNscrum