Afrikanasiesbeker 2013
Die Afrikanasiesbeker 2013 is van 19 Januarie tot en met 10 Februarie 2013 in Suid-Afrika aangebied. Dit was die 29ste aanbieding van die CAF se Afrikanasiesbeker-toernooi en die tweede keer wat Suid-Afrika die geleentheid kry om as gasheer op te tree nadat hulle ook die 1996-toernooi aangebied het.
Suid-Afrika 2013 | |
---|---|
Toernooi-inligting | |
Gasheerland | Suid-Afrika |
Datums | 19 Januarie – 10 Februarie |
Spanne | 16 (van 1 konfederasie) |
Stadions | 5 (in 5 stede) |
Finale uitslag | |
Kampioene | Nigerië (3 titels) |
Tweede plek | Burkina Faso |
Derde plek | Mali |
Vierde plek | Ghana |
Toernooi-statistieke | |
Wedstryde gespeel | 32 |
Doele | 69 (2.16 per wedstryd) |
Bywoning | 729 000 (22 781 per wedstryd) |
Meeste punte | Emmanuel Emenike Wakaso Mubarak (4 doele elk) |
Beste speler | Jonathan Pitroipa |
← 2012 2015 → |
16 spanne vanuit verskeie Afrikalande het aan die toernooi deelgeneem. Nigerië het die trofee gewen nadat hulle Burkina Faso op 10 Februarie in die ENB-stadion met 1–0 geklop en sodoende hulle derde Afrikatitel ingepalm het; Nigerië het daarmee regstreeks vir die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2013 in Brasilië gekwalifiseer.[1] Mali het in die derde en Ghana in die vierde plek geëindig. Die verdedigende kampioen Zambië is reeds in die groepfase uitgeskakel.
Suid-Afrika se Bafana-Bafana het die uitklopfase gehaal, maar hulle is deur Mali in die kwarteindrondte met 1 (1) teen 1 (3) uitgeskakel.
Toewysing
wysigAanvanklike toewysing aan Libië
wysigOp 4 September 2006 het CAF aangekondig dat die Afrikanasiesbeker in 2010 in Angola, in 2012 in Gaboen en Ekwatoriaal-Guinee en 2014 in Libië aangebied sou word. Op 14 Mei 2010 het die uitvoerende komitee bekend gemaak dat dit vanaf 2013 in onewe jare gespeel sou word om nie in dieselfde jaar van die Sokker-Wêreldbeker aangebied te word nie.[2] Hiervolgens sou Libië dan die toernooi in 2013, ’n jaar vroeër as aanvanklik beplan, aanbied.[3]
Toewysing aan Suid-Afrika
wysigNa die uitbreek van die Libiese Burgeroorlog in 2011 het CAF in September 2011 besluit om die organisasie van die toernooi van 2013 en 2017 om te ruil. Dit het Suid-Afrika in staat gestel om sy infrastruktuur en stadions wat vir die Sokkerwêreldbeker 2010 opgebou is aan te wend.[4] Libië sou dan meer tyd kry om voor te berei waartydens die land onder meer gestabiliseer kon word.[5]
Kwalifisering
wysigDie gasheer Suid-Afrika het regstreeks vir die Afrikanasiesbeker 2013 gekwalifiseer. Tydens die kwalifisering het 47 spanne om die oorblywende 15 plekke meegeding.
Kwalifiserende spanne
wysigDie volgende 16 spanne het vir die finale toernooi gekwalifiseer:
Span | Verskynings by eindstryde | Agtereenvolgende deelnames | Laaste verskyning | Vorige beste prestasie |
---|---|---|---|---|
Algerië | 15de | 1 | 2010 | Kampioen (1990) |
Angola | 7de | 5 | 2012 | Kwarteindstryd (2008, 2010) |
Burkina Faso | 9de | 3 | 2012 | Vierde plek (1998) |
DR Kongo | 16de | 1 | 2006 | Kampioen (1968, 1974) |
Ethiopië | 10de | 1 | 1982 | Kampioen (1962) |
Ghana | 19de | 5 | 2012 | Kampioen (1963, 1965, 1978, 1982) |
Ivoorkus | 20ste | 5 | 2012 | Kampioen (1992) |
Kaap Verde | 1ste | 1 | – | Debuut |
Mali | 8ste | 4 | 2012 | Naaswenner (1972) |
Marokko | 15de | 2 | 2012 | Kampioen (1976) |
Niger | 2de | 2 | 2012 | Groepfase (2012) |
Nigerië | 17de | 1 | 2010 | Kampioen (1980, 1994) |
Suid-Afrika | 8ste | 1 | 2008 | Kampioen (1996) |
Togo | 7de | 1 | 2006 | Groepfase (1972, 1984, 1998, 2000, 2002, 2006) |
Tunisië | 16de | 11 | 2012 | Kampioen (2004) |
Zambië | 16de | 5 | 2012 | Kampioen (2012) |
Stadions
wysigDie wedstryde is in vyf stede en in vyf stadions gespeel:
Johannesburg | Durban | Port Elizabeth | |||
---|---|---|---|---|---|
ENB-stadion | Moses Mabhidastadion | Nelson Mandelabaaistadion | |||
26°14′5.3″S 27°58′56.6″O / 26.234806°S 27.982389°O | 29°49′44.4″S 31°1′49.3″O / 29.829000°S 31.030361°O | 33°56′16.1″S 25°35′58.3″O / 33.937806°S 25.599528°O | |||
Kapasiteit: 94 700 | Kapasiteit: 54 000 | Kapasiteit: 48 000 | |||
Afrikanasiesbeker 2013 (Suid-Afrika) | |||||
Nelspruit | Rustenburg | ||||
Mbombela-stadion | Royal Bafokeng-stadion | ||||
25°27′42″S 30°55′47″O / 25.46167°S 30.92972°O | 25°34′43.5″S 27°9′39.4″O / 25.578750°S 27.160944°O | ||||
Kapasiteit: 41 000 | Kapasiteit: 42 000 | ||||
Match ball
wysigDie Afrikanasiesbeker 2013 se amptelike wedstrydbal is vervaardig deur Adidas en genoem Katlego, wat “sukses” in Tswana beteken. Dié naam is deur Afrikasokkerondersteuners gekies deur ’n aanlynstemming bo twee alternatiewe name, naamlik Khanya (“lig”) en Motswako (“mengel”).[6]
Formaat
wysigDie Afrikanasiesbeker 2013 is oor 23 dae tussen 16 verskillende nasies oor 32 wedstryde uitgespeel. Dit het op 19 Januarie 2013 op die ENB-stadion in Johannesburg met ’n wedstryd tussen die gasheer Suid-Afrika en Kaap Verde afgeskop. Die toernooi het geëindig by dieselfde stadion op 10 Februarie met die eindstryd tussen Nigerië en Burkina Faso, waartydens Nigerië die Afrikanasiesbekertrofee ingepalm het.
Kalender
wysigDie volgende tabel dui die Afrikanasiesbeker 2013 se daaglikse program aan. ’n Pers blokkie dui op wedstryde tydens die groepfase, ’n groen blokkie op wedstryde tydens die uitklopfase, ’n blou blokkie op die bronseindstryd en ’n geel blokkie op die eindstryd.
|
|
Groepfase
wysigDie Afrikanasiesbeker 2013 is deur 16 nasionale sokkerspanne uitgespeel. Vir die groepfase is die 16 deelnemende spanne in vier groepe van vier spanne elk verdeel; elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span drie wedstryde in die groepfase gespeel. Drie punte is vir ’n oorwinning toegeken, een vir ’n gelykop en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens aangetekende doele gerangskik.
Klassifisering binne elke groep was gegrond op die volgende puntestelsel:
- Drie wedstrydpunte vir ’n oorwinning;
- Een vir ’n gelykop;
- geen vir ’n nederlaag.
Aan die einde van die groepfase is die spanne gerangskik van die eerste na die vierde posisie, gegrond op versamelde wedstrydpunte, met die twee top spanne wat na die uitklopfase deurgedring het. As twee spanne gelyk op punte was, is die rangorde deur hul aantal aangetekende doele bepaal.
Uitklopfase
wysigVan die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit agt wedstryde bestaan het: vier kwarteindstryde, twee halfeindstryde, ’n derdeplekwedstryd en die eindstryd.
Die wenner en naaswenner van elk van die groepe het na die uitklopfase deurgedring. Groepwenners het teen naaswenners in ander groepe in die agtste eindstryde gespeel, byvoorbeeld: die wenner van Groep A het teen die naaswenner van Groep B en die wenner van Groep B het teen die naaswenner van Groep A gespeel. Spanne van dieselfde groep sou dus eers weer in óf die klein finale óf die eindstryd kon ontmoet het.
Elke wedstryd in die uitklopstadium moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná negentig minute van gewone spel ’n gelykopuitslag was, is daar verder gespeel om die wenner te bepaal. Aanvanklik is daar twee periodes van ekstra tyd gespeel, 15 minute in elke rigting. As daar steeds nie ’n wenner was ná 120 minute nie, is die wenner deur ’n strafskopkompetisie bepaal.
Wedstryde
wysigKwalifiseer vir die uitklopfase. |
Uit die toernooi geskakel. |
Die wedstryde is in twee fases opgedeel, naamlik die groep- en die uitklopfase. Die loting vir die groepfase het op 24 Oktober 2012 in Durban plaasgevind.[7]
Groepfase
wysig16 spanne het aan die groepfase deelgeneem. Die boonste twee spanne in elke groep het na die uitklopfase deurgedring.
Groep A
wysigLand | Wed | Wen | Gel | Ver | DV | DT | +/– | Pte |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Suid-Afrika | 3 | 1 | 2 | 0 | 4 | 2 | +2 | 5 |
Kaap Verde | 3 | 1 | 2 | 0 | 3 | 2 | +1 | 5 |
Marokko | 3 | 0 | 3 | 0 | 3 | 3 | 0 | 3 |
Angola | 3 | 0 | 1 | 2 | 1 | 4 | –3 | 1 |
19 Januarie 2013 18:00 | ||||
Suid-Afrika | 0–0 | Kaap Verde | ENB-stadion, Johannesburg Toeskouers: 50 000 Skeidsregter: Djamel Haimoudi (Algerië) | |
19 Januarie 2013 21:00 | ||||
Angola | 0–0 | Marokko | ENB-stadion, Johannesburg Toeskouers: 25 000 Skeidsregter: Badara Diatta (Senegal) | |
23 Januarie 2013 17:00 | ||||
Suid-Afrika | 2–0 | Angola | Moses Mabhidastadion, Durban Toeskouers: 40 000 Skeidsregter: Koman Coulibaly (Mali) | |
Sangweni 30' Majoro 62' |
23 Januarie 2013 20:00 | ||||
Marokko | 1–1 | Kaap Verde | Moses Mabhidastadion, Durban Toeskouers: 25 000 Skeidsregter: Janny Sikazwe (Zambië) | |
El-Arabi 78' | 35' Platini |
27 Januarie 2013 19:00 | ||||
Marokko | 2–2 | Suid-Afrika | Moses Mabhidastadion, Durban Toeskouers: 45 000 Skeidsregter: Bakary Gassama (Gambië) | |
El Adoua 10' Hafidi 82' |
71' Mahlangu 86' Sangweni |
27 Januarie 2013 19:00 | ||||
Kaap Verde | 2–1 | Angola | Nelson Mandelabaaistadion, Port Elizabeth Toeskouers: 20 000 Skeidsregter: Slim Jedidi (Tunisië) | |
F. Varela 81' Héldon 90+1' |
33' (e. d.) Nando |
Groep B
wysigLand | Wed | Wen | Gel | Ver | DV | DT | +/– | Pte |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Ghana | 3 | 2 | 1 | 0 | 6 | 2 | +4 | 7 |
Mali | 3 | 1 | 1 | 1 | 2 | 2 | 0 | 4 |
DR Kongo | 3 | 0 | 3 | 0 | 3 | 3 | 0 | 3 |
Niger | 3 | 0 | 1 | 2 | 0 | 4 | –4 | 1 |
20 Januarie 2013 17:00 | ||||
Ghana | 2–2 | DR Kongo | Nelson Mandelabaaistadion, Port Elizabeth Toeskouers: 7 000 Skeidsregter: Daniel Bennett (Suid-Afrika) | |
Agyemang-Badu 40' Asamoah 50' |
53' Mputu 68' (straf) Mbokani |
20 Januarie 2013 20:00 | ||||
Mali | 1–0 | Niger | Nelson Mandelabaaistadion, Port Elizabeth Toeskouers: 20 000 Skeidsregter: Slim Jedidi (Tunisië) | |
Keita 84' |
24 Januarie 2013 17:00 | ||||
Ghana | 1–0 | Mali | Nelson Mandelabaaistadion, Port Elizabeth Toeskouers: 8 000 Skeidsregter: Noumandiez Doué (Ivoorkus) | |
Wakaso 38' (straf) |
24 Januarie 2013 20:00 | ||||
Niger | 0–0 | DR Kongo | Nelson Mandelabaaistadion, Port Elizabeth Toeskouers: 12 000 Skeidsregter: Bouchaïb El Ahrach (Marokko) | |
28 Januarie 2013 19:00 | ||||
Niger | 0–3 | Ghana | Nelson Mandelabaaistadion, Port Elizabeth Toeskouers: 10 000 Skeidsregter: Badara Diatta (Senegal) | |
6' Gyan 23' Atsu 49' Boye |
28 Januarie 2013 19:00 | ||||
DR Kongo | 1–1 | Mali | Moses Mabhidastadion, Durban Toeskouers: 8 000 Skeidsregter: Djamel Haimoudi (Algerië) | |
Mbokani 3' (straf) | 15' Mah. Samassa |
Groep C
wysigLand | Wed | Wen | Gel | Ver | DV | DT | +/– | Pte |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Burkina Faso | 3 | 1 | 2 | 0 | 5 | 1 | +4 | 5 |
Nigerië | 3 | 1 | 2 | 0 | 4 | 2 | +2 | 5 |
Zambië | 3 | 0 | 3 | 0 | 2 | 2 | 0 | 3 |
Ethiopië | 3 | 0 | 1 | 2 | 1 | 7 | –6 | 1 |
21 Januarie 2013 17:00 | ||||
Zambië | 1–1 | Ethiopië | Mbombela-stadion, Nelspruit Toeskouers: 10 000 Skeidsregter: Eric Otogo-Castane (Gaboen) | |
Mbesuma 45+3' | 65' Adane |
21 Januarie 2013 20:00 | ||||
Nigerië | 1–1 | Burkina Faso | Mbombela-stadion, Nelspruit Toeskouers: 8 500 Skeidsregter: Mohamed Benouza (Algerië) | |
Emenike 23' | 90+4' Al. Traoré |
25 Januarie 2013 17:00 | ||||
Zambië | 1–1 | Nigerië | Mbombela-stadion, Nelspruit Toeskouers: 25 000 Skeidsregter: Gehad Grisha (Egipte) | |
Mweene 85' (straf) | 57' Emenike |
25 Januarie 2013 20:00 | ||||
Burkina Faso | 4–0 | Ethiopië | Mbombela-stadion, Nelspruit Toeskouers: 35 000 Skeidsregter: Bernard Camille (Seychelle) | |
Al. Traoré 34', 74' D. Koné 79' Pitroipa 90+5' |
29 Januarie 2013 19:00 | ||||
Burkina Faso | 0–0 | Zambië | Mbombela-stadion, Nelspruit Toeskouers: 8 000 Skeidsregter: Néant Alioum (Kameroen) | |
29 Januarie 2013 19:00 | ||||
Ethiopië | 0–2 | Nigerië | Royal Bafokeng-stadion, Rustenburg Toeskouers: 15 000 Skeidsregter: Bouchaïb El Ahrach (Marokko) | |
80' (straf), 90' (straf) Moses |
Groep D
wysigLand | Wed | Wen | Gel | Ver | DV | DT | +/– | Pte |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Ivoorkus | 3 | 2 | 1 | 0 | 7 | 3 | +4 | 7 |
Togo | 3 | 1 | 1 | 1 | 4 | 3 | +1 | 4 |
Tunisië | 3 | 1 | 1 | 1 | 2 | 4 | –2 | 4 |
Algerië | 3 | 0 | 1 | 2 | 2 | 5 | –3 | 1 |
22 Januarie 2013 17:00 | ||||
Ivoorkus | 2–1 | Togo | Royal Bafokeng-stadion, Rustenburg Toeskouers: 2 000 Skeidsregter: Néant Alioum (Kameroen) | |
Y. Touré 8' Gervinho 88' |
45+2' J. Ayité |
22 Januarie 2013 20:00 | ||||
Tunisië | 1–0 | Algerië | Royal Bafokeng-stadion, Rustenburg Toeskouers: 10 000 Skeidsregter: Bakary Gassama (Gambië) | |
Msakni 90+1' |
26 Januarie 2013 17:00 | ||||
Ivoorkus | 3–0 | Tunisië | Royal Bafokeng-stadion, Rustenburg Toeskouers: 20 000 Skeidsregter: Rajindraparsad Seechurn (Mauritius) | |
Gervinho 21' Y. Touré 87' Ya Konan 90' |
26 Januarie 2013 20:00 | ||||
Algerië | 0–2 | Togo | Royal Bafokeng-stadion, Rustenburg Toeskouers: 35 000 Skeidsregter: Hamada Nampiandraza (Madagaskar) | |
31' Adebayor 90+5' Womé |
30 Januarie 2013 19:00 | ||||
Algerië | 2–2 | Ivoorkus | Royal Bafokeng-stadion, Rustenburg Toeskouers: 5 000 Skeidsregter: Eric Otogo-Castane (Gaboen) | |
Feghouli 64' (straf) Soudani 70' |
77' Drogba 81' Bony |
30 Januarie 2013 19:00 | ||||
Togo | 1–1 | Tunisië | Mbombela-stadion, Nelspruit Toeskouers: 7 500 Skeidsregter: Daniel Bennett (Suid-Afrika) | |
Gakpé 13' | 30' (straf) Mouelhi |
Uitklopfase
wysigKwarteindrondte | Halfeindrondte | Eindstryd | ||||||||
2 Februarie – Durban | ||||||||||
Suid-Afrika | 1 (1) | |||||||||
6 Februarie – Durban | ||||||||||
Mali | 1 (3) |
|||||||||
Mali | 1 | |||||||||
3 Februarie – Rustenburg | ||||||||||
Nigerië | 4 | |||||||||
Ivoorkus | 1 | |||||||||
10 Februarie – Johannesburg | ||||||||||
Nigerië | 2 | |||||||||
Nigerië | 1 | |||||||||
3 Februarie – Nelspruit | ||||||||||
Burkina Faso | 0 | |||||||||
Burkina Faso | 1 | |||||||||
6 Februarie – Nelspruit | ||||||||||
Togo | 0 | |||||||||
Burkina Faso | 1 (3) |
Uitspeel om derde plek | ||||||||
2 Februarie – Port Elizabeth | ||||||||||
Ghana | 1 (2) |
9 Februarie – Port Elizabeth | ||||||||
Ghana | 2 | |||||||||
Mali | 3 | |||||||||
Kaap Verde | 0 | |||||||||
Ghana | 1 | |||||||||
Kwarteindrondte
wysig2 Februarie 2013 17:00 | ||||
Ghana | 2–0 | Kaap Verde | Nelson Mandelabaaistadion, Port Elizabeth Toeskouers: 8 000 Skeidsregter: Rajindraparsad Seechurn (Mauritius) | |
Wakaso 54' (straf), 90+5' |
2 Februarie 2013 20:30 | ||||
Suid-Afrika | 1–1 (e.t.) Strafskoppe 1–3 |
Mali | Moses Mabhidastadion, Durban Toeskouers: 45 000 Skeidsregter: Néant Alioum (Kameroen) | |
Rantie 31' Strafskoppe Tshabalala Furman Mahlangu Majoro |
58' Keita Strafskoppe Diabaté Tamboura Ma. Traoré |
3 Februarie 2013 17:00 | ||||
Ivoorkus | 1–2 | Nigerië | Royal Bafokeng-stadion, Rustenburg Toeskouers: 25 000 Skeidsregter: Djamel Haimoudi (Algerië) | |
Tioté 50' | 43' Emenike 78' Mba |
3 Februarie 2013 20:30 | ||||
Burkina Faso | 1–0 (e.t.) | Togo | Mbombela-stadion, Nelspruit Toeskouers: 27 000 Skeidsregter: Badara Diatta (Senegal) | |
Pitroipa 105' |
Halfeindrondte
wysig6 Februarie 2013 17:00 | ||||
Mali | 1–4 | Nigerië | Moses Mabhidastadion, Durban Toeskouers: 54 000 Skeidsregter: Bakary Gassama (Gambië) | |
C. Diarra 75' | 25' Echiéjilé 30' Ideye 44' Emenike 60' Musa |
6 Februarie 2013 20:30 | ||||
Burkina Faso | 1–1 (e.t.) Strafskoppe 3–2 |
Ghana | Mbombela-stadion, Nelspruit Toeskouers: 35 000 Skeidsregter: Slim Jedidi (Tunisië) | |
Bancé 60' Strafskoppe B. Koné H. Traoré Koulibaly Bancé |
13' (straf) Wakaso Strafskoppe Vorsah Atsu Afful Clottey Agyemang-Badu |
Klein finale (om die derde plek)
wysig9 Februarie 2013 20:00 | ||||
Mali | 3–1 | Ghana | Nelson Mandelabaaistadion, Port Elizabeth Toeskouers: 6 000 Skeidsregter: Eric Otogo-Castane (Gaboen) | |
Mah. Samassa 21' Keita 48' S. Diarra 90+4' |
82' Asamoah |
Eindstryd
wysig10 Februarie 2013 20:30 | ||||
Nigerië | 1–0 | Burkina Faso | ENB-stadion, Johannesburg Toeskouers: 85 000 Skeidsregter: Djamel Haimoudi (Algerië) | |
Mba 40' |
Afrikanasiesbekerkampioen 2013 |
---|
Nigerië |
Ranglys
wysigRang | Span | Groep | Wed | Wen | Gel | Ver | DV | DT | +/– | Pte |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
1 | Nigerië | C | 6 | 4 | 2 | 0 | 11 | 4 | +7 | 14 |
2 | Burkina Faso | C | 6 | 2 | 3 | 1 | 7 | 3 | +4 | 9 |
3 | Mali | B | 6 | 2 | 2 | 2 | 7 | 8 | –1 | 8 |
4 | Ghana | B | 6 | 3 | 2 | 1 | 10 | 6 | +4 | 11 |
In die kwarteindrondte uitgeskakel | ||||||||||
5 | Ivoorkus | D | 4 | 2 | 1 | 1 | 8 | 5 | +3 | 7 |
6 | Suid-Afrika | A | 4 | 1 | 3 | 0 | 5 | 3 | +2 | 6 |
7 | Kaap Verde | A | 4 | 1 | 2 | 1 | 3 | 4 | –1 | 5 |
8 | Togo | D | 4 | 1 | 1 | 2 | 4 | 4 | ±0 | 4 |
In die groepfase uitgeskakel | ||||||||||
9 | Tunisië | D | 3 | 1 | 1 | 1 | 2 | 4 | –2 | 4 |
10 | DR Kongo | B | 3 | 0 | 3 | 0 | 3 | 3 | ±0 | 3 |
11 | Marokko | B | 3 | 0 | 3 | 0 | 3 | 3 | ±0 | 3 |
12 | Zambië | C | 3 | 0 | 3 | 0 | 2 | 2 | ±0 | 3 |
13 | Algerië | D | 3 | 0 | 1 | 2 | 2 | 5 | −3 | 1 |
14 | Angola | A | 3 | 0 | 1 | 2 | 1 | 4 | –3 | 1 |
15 | Niger | B | 3 | 0 | 1 | 2 | 0 | 4 | −4 | 1 |
16 | Ethiopië | C | 3 | 0 | 1 | 2 | 1 | 7 | −6 | 1 |
Meeste doele aangeteken
wysigMeeste doele aangeteken:
Rang | Speler | Doele |
---|---|---|
1 | Emmanuel Emenike | 4 |
Wakaso Mubarak | 4 | |
3 | Seydou Keita | 3 |
Alain Traoré | 3 | |
5 | Kwadwo Asamoah | 2 |
Gervinho | 2 | |
Dieumerci Mbokani | 2 | |
Sunday Mba | 2 | |
Victor Moses | 2 | |
Jonathan Pitroipa | 2 | |
Mamadou Samassa | 2 | |
Siyabonga Sangweni | 2 | |
Yaya Touré | 2 |
Verwysings
wysig- ↑ (en) "Qualifiers – FIFA Confederations Cup Brazil 2013". FIFA. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Julie 2015. Besoek op 18 Februarie 2012.
- ↑ (en) Afrikanasiesbeker van 2013 in onewe jare
- ↑ (en) "Africa Cup of Nations Cup to move to odd-numbered years". BBC. 16 Mei 2010. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Desember 2019. Besoek op 4 Desember 2017.
- ↑ (en) "South Africa replace Libya as 2013 Nations Cup hosts". BBC. 28 September 2011. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Januarie 2016. Besoek op 4 Desember 2017.
- ↑ (nl) "Libië verspeelt Afrika Cup 2013 aan Zuid-Afrika", Sporza.be, 28 September 2011
- ↑ (en) "Adidas unveils the official match ball of the Orange Africa Cup of Nations 2013, South Africa". Adidas Suid-Afrika. 25 Oktober 2012. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 April 2013. Besoek op 19 Januarie 2013.
- ↑ (en) "CAN 2013 Final draw date change". CAF. 12 September 2012.
Eksterne skakels
wysigWikimedia Commons bevat media in verband met Afrikanasiesbeker 2013. |