Atlas is ’n binneste maan van Saturnus. Dit is voor 12 November 1980 deur Richard Terrile ontdek op Voyager-foto's en het die voorlopige naam S/1980 S 28 gekry.[3] In 1983 is dit amptelik genoem na Atlas uit die Griekse mitologie omdat dit "die ringe op sy skouers hou", nes die Titaan Atlas die lug bo die aarde opgehou het.[4] Dit is ook bekend as Saturnus XV.

Atlas   

Foto op 12 April 2017 geneem deur Cassini.
Ontdekking
Ontdek deur Richard Terrile, Voyager 1
Datum Oktober 1980
Alternatiewe nameSaturnus XV
Wentelbaaneienskappe [1]
Epog 31 Desember 2003 (JD 2 453 005,5)
Wentelbaanradius 137 670±10 km
Wentelperiode 0,6016947883 d
Baanhelling 0,003±0,004 °
Satelliet van Saturnus
Fisiese eienskappe
Afmetings 40,8 × 35,4 × 18,8 km [2]
Gem. radius 15,1±0,9 km [2]
Volume ≈ 14 400 km3
Massa 6,60±0,45×1015 kg[2]
Gem. digtheid 0,46±0,11 g/cm3[2]
Oppervlak-
aantrekkingskrag
0,0002-0,0020 m/s2[2]
Ontsnapping-
snelheid
≈ 0,0062 km/s
Rotasieperiode Sinkronies
Ashelling Nul
Temperatuur ≈ 81 K

Atlas is die naaste maan aan die skerp buiterand van Saturnus se A-ring en daar is lank geglo dit is ’n herdersmaan van dié ring. Dit is egter nou bekend die buiterand van die ring word onderhou deur ’n 7:6-baanresonansie met die groter maar verder geleë mane Janus en Epimetheus.[5] In 2004 is ’n dowwe, dun ring met die voorlopige naam R/2004 S 1 in Atlas se wentelbaan ontdek.[6]

Eienskappe

wysig

Hoëresolusiefoto's wat in Junie 2005 deur Cassini geneem is, het onthul dat Atlas ’n rofweg sferiese middel het omring deur ’n groot, gladde ekwatoriale rif. Die waarskynlikste verduideliking vir hierdie ongewone struktuur is dat die ringmateriaal wat die maan aantrek, op die maan versamel – met ’n sterk voorkeur vir die ewenaar omdat die ring so dun is. Die grootte van die rif kan vergelyk word met die vermoedelike Roche-lob van die maan. Dit sal beteken dat enige bykomende materiaal wat op die ewenaar saampak verlore sal gaan omdat die middelpuntvliedende krag Atlas se klein swaartekrag sal oorkom.[5]

Atlas word aansienlik deur Prometheus versteur, en in ’n mindere mate deur Pandora. Omdat dié twee mane se wentelbane chaoties is, word vermoed Atlas s’n is ook dalk.[1]

Galery

wysig
 
Atlas van bo sy suidpool afgeneem
(12 Junie 2007).
Atlas van bo sy suidpool afgeneem
(12 Junie 2007).  
 
Atlas deur Cassini
(8 Junie 2005).
Atlas deur Cassini
(8 Junie 2005).  
 
Atlas met Ringe A en F
(30 Junie 2006).
Atlas met Ringe A en F
(30 Junie 2006).  
 
Atlas naby die A-ring
(6 Desember 2015).
Atlas naby die A-ring
(6 Desember 2015).  
 
Atlas naby die F-ring
(9 Mei 2005).
Atlas naby die F-ring
(9 Mei 2005).  

Verwysings

wysig

Bronne

wysig
  • Green, Daniel W. E. (9 September 2004). "S/2004 S 3, S/2004 S 4, and R/2004 S 1". IAU Circular. 8401. Besoek op 30 Desember 2011.
  • Lakdawalla, Emily (13 Junie 2007). "Funny little Atlas". Planetary Society-blog. Besoek op 30 Desember 2011. {{cite web}}: Ongeldige |ref=harv (hulp)
  • Marsden, Brian G. (13 November 1980). "1980 S 28". IAU Circular. 3539. Geargiveer vanaf die oorspronklike (discovery) op 13 Desember 2011. Besoek op 30 Desember 2011. {{cite journal}}: Onbekende parameter |deadurl= geïgnoreer (hulp)
  • Marsden, Brian G. (30 September 1983). "Satellites of Jupiter and Saturn" (naming the moon). IAU Circular. 3872. Besoek op 30 Desember 2011.
  • Spitale, J. N.; Jacobson, R. A.; Porco, C. C.; Owen, W. M., Jr. (2006). "The orbits of Saturn's small satellites derived from combined historic and Cassini imaging observations" (PDF). The Astronomical Journal. 132 (2): 692–710. Bibcode:2006AJ....132..692S. doi:10.1086/505206.{{cite journal}}: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
  • Thomas, P. C. (Julie 2010). "Sizes, shapes, and derived properties of the saturnian satellites after the Cassini nominal mission" (PDF). Icarus. 208 (1): 395–401. Bibcode:2010Icar..208..395T. doi:10.1016/j.icarus.2010.01.025. {{cite journal}}: Ongeldige |ref=harv (hulp)

Eksterne skakels

wysig
  NODES
languages 1
web 1