Cervus
Cervus is ’n genus van herte wat hoofsaaklik inheems aan Eurasië is, hoewel een spesie in Noord-Afrika voorkom en een in Noord-Amerika. Dit het voorheen verskeie ander spesies ook ingesluit wat sedertdien in ander genera geplaas is. Van hulle kan dalk weer geklassifiseer word as Cervus.
Cervus | |
---|---|
Cervus elaphus. | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Subfamilie: | |
Genus: | Cervus (Linnaeus, 1758)
|
Spesies | |
|
Taksonomie
wysigTot in die 1970's het Cervus ook lede van die genera Axis, Dama, Elaphurus en Hyelaphus ingesluit, en tot in die laat 1980's lede van Przewalskium, Rucervus en Rusa.[1] Daar is bewyse dat die meeste van hulle werklik in Cervus tuishoort.[2][3]
In die derde uitgawe van Mammal Species of the World van 2005 word net die edelhert (C. elaphus) en sikahert (C. nippon) erken as spesies in die genus Cervus.[1] Genetiese en morfologiese getuienis wys egter daarop dat meer spesies erken moet word.[2][3] Die subspesie Cervus elaphus canadensis (Amerikaanse elk) word deur sommige beskou as ’n aparte spesie, Cervus canadensis.[4]
Verwysings
wysig- ↑ 1,0 1,1 Wilson, D. E.; Reeder, D. M., reds. (2005). Mammal Species of the World (3de uitg.). Johns Hopkins University Press. ISBN 978-0-8018-8221-0. OCLC 62265494
- ↑ 2,0 2,1 Pitraa, Fickela, Meijaard, Groves (2004). Evolution and phylogeny of old world deer. Molecular Phylogenetics and Evolution'.' 33:880–895.
- ↑ 3,0 3,1 Groves (2006). "The genus Cervus in eastern Eurasia". European Journal of Wildlife Research 52: 14–22.
- ↑ Ludt, C.J.L; Schroeder, Rottmann and Kuehn (2004). Mitochondrial DNA phylogeography of red deer (Cervus elaphus). Molecular Phylogenetics and Evolution 31: 1064–1083.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Cervus.
- Wikispecies het meer inligting verwant aan Cervus
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia