Dagestan
Die Republiek van Dagestan (Russies: Респу́блика Дагеста́н, Respoeblika Dagestan) is ’n republiek (’n deelgebied) van Rusland. Dit is die grootste republiek in die Noord-Kaukasus wat grootte en bevolking betref.
Republiek van Dagestan Республика Дагестан | ||||
Die ligging van Dagestan in Rusland. | ||||
Politieke status | ||||
Land | Russiese Federasie | |||
Federale distrik | Noord-Kaukasiese | |||
Ekonomiese streek | Noord-Kaukasiese | |||
Stigting | 20 Januarie 1921 | |||
Regering | ||||
Hoofstad | Machatsjkala | |||
Leier | Ramazan Abdoelatipof | |||
Amp | Waarnemend | |||
Wetgewer | Volksraad | |||
Bevolking | ||||
Sensus | 2010 | |||
Totaal | 2 910 249 | |||
Volgorde | 12de | |||
Digtheid | 57,86 /km2 | |||
Stedelik | 45,2% | |||
Plattelands | 54,8% | |||
Statistiek | ||||
Oppervlakte | 50 300 km2 | |||
Volgorde | 52ste | |||
Tydsone | UTC+04:00 | |||
Registrasienommer | 05 | |||
Amptelike tale | Russies, ens. | |||
Webtuiste | http://www.e-dag.ru/ | |||
Wapen en vlag | ||||
| ||||
|
Die woord "Dagestan" beteken "land van berge". Dit word in die Arabiese alfabet geskryf as داغستان.
Geografie
wysigDagestan is in die Noord-Kaukasiese berge geleë. Dit is die mees suidelike gebied van Rusland. Dit is 50 300 km² groot en grens aan Kalmikië, Tsjetsjnië, Stawropol-krai, Azerbeidjan, Georgië en die Kaspiese See.
Die grootste deel bestaan uit berge en die hoogste punt is Berg Bazardjoezi, wat 4 466 meter hoog is. Daar is sowat 1 800 riviere, waarvan die belangrikstes die Soelak, Samoer en Terek is.
Demografie
wysigVanweë die berge wat reis en kommunikasie bemoeilik, is die republiek etnies uiteenlopend. Anders as in die res van Rusland groei die bevolking vinnig. Volgens die 2002-sensus maak Avars, Dargins Tabasaranins en Lezgins 80% van die bevolking uit, Koemiks en Nogai 15% en Russe 4% en Rutuls 1%. Daar is ook talle ander groepe. Ondanks die etniese verskeidenheid is sowat 95% van die bevolking Moslems.
Die taal wat die meeste gepraat word, is Russies, maar meer as 30 plaaslike tale word ook gepraat.
Ekonomie
wysigDie volgende sektore word onderskei:
- 24% nywerheid
- 35% landbou
- 26% konstruksie
- 9% handel en dienste
- 5% vervoer en telekommunikasie
- 1% ander
Van die belangrikste produkte wat vervaardig word, is kos, krag, olie, masjiene, chemiese stowwe en instrumente. Vis, wyn, brandewyn en vrugte is van die belangrikste landbouprodukte.
Verwysings
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Dagestan.
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia