Diego Garcia
Diego Garcia is 'n tropiese, voetspoor-vormige koraal-atol suid van die ewenaar in die noord-sentrale Indiese Oseaan en maak deel uit van die Britse Indiese Oseaangebied. Dis die hoofeiland en hoofstad van die Chagos-argipel en die enigste bewoonde eiland daarvan.
Diego Garcia | |
---|---|
Diego Garcia in 1982. | |
Ligging van Diego Garcia in die Indiese Oseaan. | |
Koördinate: 07°18′48″S 72°24′40″O / 7.31333°S 72.41111°O | |
Land | Verenigde Koninkryk |
Oorsese gebied | Britse Indiese Oseaangebied |
Bevolking | |
• Totaal | 4 000[1] |
Tydsone | UTC+06:00 |
Die atol is 750 km suid van die Maledive en 1 500 km oos van die Seychelle, halfpad tussen Afrika, Australië en Asië geleë. Daarom is dit 'n belangrike strategiese punt en word deur die Verenigde Koninkryk en die Amerikaanse Gewapende Magte gebruik. Ná die Columbia-ramp op 1 Februarie 2003 het Diego Garcia as 'n moontlike noodlandingsplek vir die VSA se ruimtependeltuig gedien.
Verwysings
wysigWikimedia Commons bevat media in verband met Diego Garcia. |
- ↑ "Country Profile: British Indian Ocean Territory (British Overseas Territory)" (in Engels). Fco.gov.uk. 12 April 2012. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Januarie 2013. Besoek op 21 Junie 2012.