FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2030
Die artikel beskryf ’n sportgebeurtenis wat in die toekoms gaan plaasvind. Die inligting is moontlik spekulatief en kan vinnig verander soos data beskikbaar raak. |
Die 24ste FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi (Engels: FIFA World Cup) sal van 13 Junie tot 21 Julie 2030 in Argentinië, Marokko, Paraguay, Portugal, Spanje en Uruguay beslis word. Soos die 2026-toernooi sal dit deur 48 nasionale sokkerspanne uitgespook word, insluitend dié van die gasheerlande.[1] Dit sal presies 100 jaar ná die eerste FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1930 in Montevideo, Uruguay, gehou word.
Copa Mundial de la FIFA 2030 (es) Coupe du Monde FIFA 2030 (fr) 2030 كَأْسُ الْعَالَمِ لِكُرَةِ الْقَدَمِ (ar) ⵜⴰⵇⴱⵓⵛⵜ ⵏ ⵓⵎⴰⴹⴰⵍ ⵏ FIFA 2030 Campeonato do Mundo da FIFA de 2030 (pt) FIFA Tembiesarái Yvypavẽ 2030 (gn) | |
---|---|
Toernooi-inligting | |
Gasheerlande | Argentinië Marokko Paraguay Portugal |
Datums | 13 Junie – 21 Julie |
Spanne | 48 (van 6 konfederasies) |
Stadions | 20 (in 20 stede) |
← 2026 2034 → |
Vir die eerste keer sal drie lande van twee vastelande die toernooi aanbied, met Spanje, Portugal en Marokko as gashere. Daarbenewens sal Argentinië, Paraguay en Uruguay ter herdenking van die eerste toernooi in 1930 in Uruguay een openingswedstryd elk aanbied.[2] Die eerste wedstryd, saam met 'n spesiale eeufeesviering, sal op die Estadio Centenario in Montevideo, Uruguay, gehou word. Die tweede en derde wedstryde sal onderskeidelik in Argentinië en Paraguay gehou word, waarna die toernooi na Spanje, Marokko en Portugal sal verskuif.[3]
Dit sal die eerste toernooi wees wat in Noord-Afrika aangebied word en die eerste in Afrika ná die 2010-toernooi in Suid-Afrika, ná die 2014-toernooi in Brasilië die eerste in Suid-Amerika, asook ná die 2018-toernooi in Rusland die eerste in Europa. Daarbenewens sal dit die eerste toernooi ooit in Marokko, Paraguay en Portugal wees, ná die heel eerste 1930-toernooi die tweede in Uruguay, ná die 1978-toernooi die eerste in Argentinië en ná die 1982-toernooi die eerste in Spanje.
Toewysing
wysigFIFA het die bodproses in 2022 begin.[4][5] Aangesien die 2022-toernooi in Katar en die 2026-toernooi in Kanada, Meksiko en die Verenigde State aangebied word, was AFC- en CONCACAF-lede nie verkiesbaar vir die 2030-toernooi nie.[6][7]
Op 11 Desember 2024 het FIFA bevestig dat Spanje, Portugal en Marokko die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2030 gesamentlik sal aanbied. Dié besluit is tydens 'n buitengewone FIFA-kongresvergadering aangekondig, waar die gashere vir beide die 2030- en 2034-toernooie ná 'n stemming gefinaliseer is.[8]
Die stemming het as volg verloop:
Stemming vir gasheer van die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2030 | ||||||
---|---|---|---|---|---|---|
Lande | Stemming | |||||
Marokko Portugal Spanje Argentinië Paraguay Uruguay |
eenparig |
Kwalifisering
wysigKwalifiserende spanne
wysigDie volgende span het vir die finale toernooi gekwalifiseer (soos op 11 Desember 2024):
Span | Verskynings by eindstryde | Agtereenvolgende deelnames | Laaste verskyning | Vorige beste prestasie |
---|---|---|---|---|
Argentinië | n.v.t. | n.v.t. | n.v.t. | n.v.t. |
Marokko | n.v.t. | n.v.t. | n.v.t. | n.v.t. |
Paraguay | n.v.t. | n.v.t. | n.v.t. | n.v.t. |
Portugal | n.v.t. | n.v.t. | n.v.t. | n.v.t. |
Spanje | n.v.t. | n.v.t. | n.v.t. | n.v.t. |
Uruguay | n.v.t. | n.v.t. | n.v.t. | n.v.t. |
Stadions
wysigVoor die afsluiting van die bodboek op 31 Julie 2024 het die Koninklike Spaanse Sokkerfederasie sy elf voorgestelde stadions in nege stede benoem. Dié beheerliggaam het ook twee bykomende stadions voorgestel, naamlik Nou Mestalla in Valencia en Balaídos in Vigo, maar dié twee stadions oorskry dalk FIFA se maksimum twintig stadions.[9] Die lys gasheerstede is twaalf dae later gefinaliseer. Dit sluit ses stadions in ses stede dwarsdeur Marokko, drie stadions in twee Portugese stede en elf stadions in nege Spaanse stede in; altesaam twintig stadions in 17 stede.[10]
Stad | Stadion | Kapasiteit |
---|---|---|
A Coruña | Estadio Riazor | 34 889 (vereis uitbreiding tot 40 000) |
Agadir | Adrar Stadium | 45 480 (sal uitgebrei word tot 70 000)[11] |
Barcelona | Camp Nou | 105 000 |
Stage Front-stadion | 40 000 | |
Bilbao | San Mamés-stadion | 53 331 |
Casablanca | Hassan II-stadion (nuut) | 115 000 |
Fes | Fes-stadion | 45 000 (moontlike uitbreiding tot 55 800) |
Las Palmas | Estadio Gran Canaria | 32 392 (vereis uitbreiding tot 40 000) |
Lissabon | Estádio da Luz | 66 647 (moontlike uitbreiding tot 70 000)[12] |
Estádio José Alvalade | 50 095 (moontlike uitbreiding tot 52 095)[13] | |
Madrid | Santiago Bernabéu Stadium | 80 000 |
Metropolitano-stadion | 70 460 | |
Málaga | La Rosaleda-stadion | 30 044 (vereis uitbreiding tot 40 000) |
Marrakesj | Marrakesj-stadion | 45 240 |
Porto | Estádio do Dragão | 50 033 |
Rabat | Prins Moulay Abdellah-stadion | 65 000 (nuut)[14] |
San Sebastián | Anoeta-stadion | 39 313 (vereis uitbreiding tot 40 000) |
Sevilla | Estadio de La Cartuja | 57 600 (moontlike uitbreiding tot 70 000–75 000) |
Tangier | Ibn Batouta-stadion | 65 000 (moontlike uitbreiding tot 75 600) |
Zaragoza | La Romareda | 42 500 (ná uitbreiding) |
Drie Suid-Amerikaanse stede is ook in die bodboek benoem vir eeufeeswedstryde.[15]
Stad | Stadion | Kapasiteit |
---|---|---|
Asunción | Estadio Osvaldo Domínguez Dibb | 46 000[16] |
Buenos Aires | Estadio Monumental | 84 593 |
Montevideo | Estadio Centenario | 62 782 |
Verwysings
wysig- ↑ (en) "Unanimous decision expands FIFA World Cup™ to 48 teams from 2026". FIFA. 10 Januarie 2017. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Junie 2019. Besoek op 29 Junie 2019.
- ↑ (en) "2034 Fifa World Cup: Saudi Arabia confirmed as tournament hosts". BBC. 11 November 2024. Besoek op 11 Desember 2024.
- ↑ (en) "FIFA Council takes key decisions on FIFA World Cup editions in 2030 and 2034". FIFA. Besoek op 4 Oktober 2023.
- ↑ (en) "Agenda of meeting no. 11 of the FIFA Council" (PDF). FIFA. 21 Oktober 2019. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 29 Oktober 2021. Besoek op 29 Oktober 2021.
- ↑ (en) "Who will host 2030 FIFA World Cup? Bids from Africa, South America, and Europe in the running, including Ukraine". The Sporting News. 5 Oktober 2022. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Januarie 2023. Besoek op 11 Januarie 2023.
- ↑ (en) Tim Hill (9 Maart 2017). "Trump travel ban could prevent United States hosting World Cup". The Guardian. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 November 2021. Besoek op 14 November 2021.
- ↑ (en) Ben Rumsby (14 Oktober 2016). "England's hopes of hosting 2030 World Cup given boost". The Daily Telegraph. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Januarie 2022. Besoek op 12 Januarie 2022.
- ↑ (en) Jonty Colman (11 Desember 2024). "Fifa confirms Saudi Arabia as 2034 World Cup hosts". BBC. Besoek op 12 Desember 2024.
- ↑ (en) Ali Rampling (19 Julie 2024). "Spain's 11 proposed 2030 World Cup stadiums announced by RFEF". The New York Times. Besoek op 13 Desember 2024.
- ↑ (en) "FWC30 Bid book Yalla Vamos" (PDF). FIFA. 31 Julie 2024. Besoek op 31 Julie 2024.
- ↑ (en) "When and where is next AFCON? Confirmed dates, year, host cities, stadiums for Africa Cup of Nations 2025 in Morocco". Sporting News. 21 Junie 2024. Besoek op 13 Desember 2024.
- ↑ (pt) Tiago Caeiro Lusa. "Lotação do Estádio da Luz vai aumentar para 70 mil lugares, anunciou Rui Costa". Observador. Besoek op 12 Desember 2024.
- ↑ (pt) "Mais 2 mil lugares, lounges exclusivos e fecho do fosso confirmado: Sporting anuncia novidades em Alvalade". Record. Besoek op 12 Desember 2024.
- ↑ (en) "Stade Moulay Abdellah". Stadiumdb. Besoek op 12 Desember 2024.
- ↑ (en) "CCM FWC30 Bid book" (PDF). FIFA. 31 Julie 2024. Besoek op 31 Julie 2024.
- ↑ (es) "Así será el ODD, el estadio que albergará el partido inaugural". D10. Besoek op 13 Desember 2024.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2030.