Gadolinium
| |||||||||||||||
Algemeen | |||||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Naam, simbool, getal | gadolinium, Gd, 64 | ||||||||||||||
Chemiese reeks | lantaniede | ||||||||||||||
Groep, periode, blok | 3, 6, f | ||||||||||||||
Voorkoms | |||||||||||||||
Atoommassa | 157,25(3) (1) g/mol | ||||||||||||||
Elektronkonfigurasie | [Xe] 4f75d16s2 | ||||||||||||||
Elektrone per skil | 2, 8, 18, 25, 9, 2 | ||||||||||||||
Fisiese eienskappe | |||||||||||||||
Toestand | vastestof | ||||||||||||||
Digtheid (naby k.t.) | 7,90 g/cm³ | ||||||||||||||
Vloeistof digtheid teen s.p. | 7,4 g/cm³ | ||||||||||||||
Smeltpunt | 1585 K (1312 °C) | ||||||||||||||
Kookpunt | 3273 K (3000 °C) | ||||||||||||||
Smeltingswarmte | 10,05 kJ/mol | ||||||||||||||
Verdampingswarmte | 301,3 kJ/mol | ||||||||||||||
Warmtekapasiteit | (25 °C) 37,03 J/(mol·K) | ||||||||||||||
| |||||||||||||||
Atoomeienskappe | |||||||||||||||
Kristalstruktuur | seskantig-diggepak | ||||||||||||||
Ruimtegroep | P6₃/mmc nommer: 194 | ||||||||||||||
Strukturbericht-kode | A3 | ||||||||||||||
Oksidasietoestande | 1, 2, 3, (matige basiese oksied) | ||||||||||||||
Elektronegatiwiteit | 1,20 (Skaal van Pauling) |
Gadolinium is 'n chemiese element met simbool Gd wat tot die lantaniede behoort.
Dit is 'n silwergrys ferromagnetiese metaal. Die Switserse chemikus Jean Charles Galissard de Marignac het in 1880 die element spektroskopies in die minerale didymia en gadoliniet aangetoon. Vandag word dit veral uit die minerale monasiet en bastnäsiet verkry.[1]
Galissard de Marignac het die element na Johan Gadolin genoem. Dit is 'n reaktiewe metaal wat met suurstof en water reageer en daarvoor behoed moet word. Die metaal word deur reduksie van die fluoried GdF3 met die metaal kalsium verkry.
Dit het in die verlede in televisieskerms toepassing gevind. Vandag word dit aan legerings met yster en chroom bygevoeg wat die bewerkbaarheid en die weerstand teen hoë temperature verbeter. Dit word ook gebruik in die geneeskunde in magnetiese resonansiebeelding (MRI). Dit het geen bekende biologiese rol nie en besit 'n lae giftigheid.[2]
In oplossings en vastestowwe kom gadolinium in die oksidasietoestand 3+ voor. Die Gd3+-ioon het 'n [Xe]4f7 elektronkonfigurasie besit. Dit het 'n baie groot totale spinkwantumgetal S=7/2 wat 'n oktettoestand verteenwoordig. Dit maak dit geskik vir MRI omrede hierdie paramagnetiese ioon die spinrelaksasietyd verkort. Die metaal is ferromagneties met 'n Curietemperatur wat naby kamertemperatuur geleë is (293K).[3]
Verwysings
wysig- ↑ "jlab education" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Mei 2020.
- ↑ "rsc periodic table" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 April 2020.
- ↑ Magnetization and Electrical Resistivity of Gadolinium Single Crystals H. E. Nigh, S. Legvold, F. H. Spedding Phys. Rev. 132, 1092 – 1 November 1963.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Gadolinium.
- Wikiwoordeboek het 'n inskrywing vir gadolinium.
- webelements.com Gadolinium
H | He | ||||||||||||||||||||||||||||||
Li | Be | B | C | N | O | F | Ne | ||||||||||||||||||||||||
Na | Mg | Al | Si | P | S | Cl | Ar | ||||||||||||||||||||||||
K | Ca | Sc | Ti | V | Cr | Mn | Fe | Co | Ni | Cu | Zn | Ga | Ge | As | Se | Br | Kr | ||||||||||||||
Rb | Sr | Y | Zr | Nb | Mo | Tc | Ru | Rh | Pd | Ag | Cd | In | Sn | Sb | Te | I | Xe | ||||||||||||||
Cs | Ba | La | Ce | Pr | Nd | Pm | Sm | Eu | Gd | Tb | Dy | Ho | Er | Tm | Yb | Lu | Hf | Ta | W | Re | Os | Ir | Pt | Au | Hg | Tl | Pb | Bi | Po | At | Rn |
Fr | Ra | Ac | Th | Pa | U | Np | Pu | Am | Cm | Bk | Cf | Es | Fm | Md | No | Lr | Rf | Db | Sg | Bh | Hs | Mt | Ds | Rg | Cn | Nh | Fl | Mc | Lv | Ts | Og |
Alkalimetale | Aardalkalimetale | Lantaniede | Aktiniede | Oorgangsmetale | Hoofgroepmetale | Metalloïde | Niemetale | Halogene | Edelgasse | Chemie onbekend |