Game of Thrones

Amerikaanse fantasie drama televisiereeks

Game of Thrones is 'n Amerikaanse fantasie-dramareeks wat deur David Benioff en D. B. Weiss vir die kabeltelevisiekanaal HBO in die rolprentateljee Titanic Studios in Belfast, Noord-Ierland, vervaardig word. Buiteopnames is in Noord-Ierland en ander plekke in die Verenigde Koninkryk asook in Kroasië, Ysland, Marokko, Spanje, Malta, Kanada en die Verenigde State gemaak.

Game of Thrones


Première After Party, Seisoen 3, in Seattle, WA
Genre Fantasie
Dramareeks
Geskep deur David Benioff
D. B. Weiss
Temamusiekkomponis Ramin Djawadi
Openingstema Game of Thrones Theme
Afsluitingstema Game of Thrones Theme
Komponis(te) Ramin Djawadi
Oorsprong Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
Taal Engels
Aantal seisoene 8
Aantal episodes 73
Produksie
Uitvoerende vervaardiger(s) David Benioff
Vervaardiger(s) D. B. Weiss
Carolyn Strauss
Frank Doelger
Bernadette Caulfield
George R. R. Martin
Venue(s) Kanada
Kroasië
Ysland
Malta
Marokko
Spanje
Verenigde Koninkryk
Verenigde State
Produksiemaatskappy Belisarius Productions
Paramount Network Television (2003–06)
CBS Paramount Network Television (2006–09)
CBS Television Studios (2009–present)
Uitsending
Oorspronklike kanaal HBO
Beeldformaat 1080i (16:9 HDTV)
Klankformaat Dolby Digital 5.1 • dts HD Master Audio / Dolby Atmos (Blu-ray / Ultra HD Blu-ray[1])
Eerste lopie 17 April 2011 – hede
Kronologie
Webskakels
Amptelike webwerf
Produksiewebwerf
Game of Thrones-geesdriftiges tree in die kostuums van hul gunstelingkarakters Jaime en Cersei Lannister op

Die TV-reeks, wat deur kritici gunstig ontvang is en ook kommersiële sukses behaal het, is gebaseer op die Amerikaanse skrywer George R. R. Martin se epiese fantasiereeks A Song of Ice and Fire. Martin is self betrokke by die verfilming van sy romans. Die eerste aflewering is op 17 April 2011 uitgesaai. Die sesde seisoen het op 26 Junie 2016 geëindig toe die 60ste aflewering uitgesaai is. 'n Sewende seisoen met sewe aflewerings is in 2017 uitgesaai en het op 27 Augustus geëindig. Die agste en finale seisoen is vanaf April 2019 uitgesaai. Verfilming in Noord-Ierland vir die agste seisoen het op 10 Oktober 2017 begin.[2]

Die reeks speel op Westeros en Essos af, twee vastelande van 'n fiktiewe wêreld wat aan die Europese Middeleeue ontleen is - en hier veral die 15de eeuse Engelse Oorlog van die rose tussen die adelshuise York en Lancaster. Vir die hoofkontinent Westeros het dan ook die Britse Eilande as voorbeeld gedien.[3]

Westeros se geskiedenis, soos beskryf deur George R.R. Martin, is geïnspireer deur die historiese patroon van invalle en die vestiging van nuwe setlaars waardeur die Britse Eilande se samelewing oor die eeue heen gevorm is - vanaf die Keltiese migrasietyd tot die aankoms van die Angelsaksers, die Wiking-invalle en die vestiging van Normandiërs.

Die sewe koninkryke van Westeros word deur 'n reusagtige muur afgeskerm van 'n gebied in die noorde wat deur ewige ys bedek word. Die fiktiewe wêreld se klimaattoestande is wisselvallig - so is die lengte van die verskillende seisoene onvoorspelbaar, en kan vir jare duur.

Die kuslyn van die fiktiewe vasteland van Westeros waar die verhaal van Game of Thrones begin afspeel.
Baie van die buite-opnames het in Noord-Ierland ontstaan, soos in hierdie gebied naby Ballintoy. Ballintoy-hawe en Larrybane is twee van baie plekke in Noord-Ierland wat danksy die televisiereeks bekendheid verwerf het en tans deel uitmaak van Game of Thrones-geesdriftiges se Noord-Ierse reisroetes. Die landmassa op die gesigseinder is Skotland
Onder die indruk van die Romeinse Muur van Hadrianus in Noord-Engeland het George RR Martin die Ysmuur in die Ice and Fire-romanreeks en Game of Thrones versin
Die hele handeling van Game of Thrones word op 'n lang tapisserie uitgebeeld wat deur die Tapyt van Bayeux geïnspireer is en in die Ulster Museum in Belfast vertoon word
Die Slag van die Goudpad - seisoen 7, aflewering 4, op die Game of Thrones-tapyt in Belfast

Die epiese verhaal van Game of Thrones begin teen die einde van 'n lang somer waarby drie narratiewe lyne parallel loop. Spanninge begin opbou tussen die Ryk se magtige adelshuise en lei uiteindelik tot 'n troonstryd.

Terwyl die winter nader, word Westeros in sy uiterste noorde, waar 'n sogenaamde Nagwag die koninkryke teen indringers beskerm, deur 'n vreemde ras bedreig. In Essos strewe Daenerys Targaryen, lid van Westeros se koninklike familie wat jare gelede die troon kwytgeraak het, daarna om haar mag te herwin.

Verwysings

wysig
  1. UHD Blu-ray tans beskikbaar vir 1ste seisoen
  2. "watchersonthewall.com: The cast is sighted all around Belfast for season 8 & Game of Thrones may go all Lord of the Rings with anti-drone eagles. Besoek op 11 Oktober 2017". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Oktober 2017. Besoek op 11 Oktober 2017.
  3. The Washington Post, 29 Mei 2016: How the main continent in ‘Game of Thrones’ is modeled on the British Isles. Besoek op 8 November 2018

Eksterne skakels

wysig
Wiki-webtuistes

Amptelike webtuistes

Ensiklopediese inligting

Rolprentateljees in Noord-Ierland

Nuus

Toerisme

Media

Geskiedenis

Politieke ontleding

  NODES
Done 1
News 1
see 2
Story 1