Iguazú-waterval

Die Iguazú-waterval (Portugees: Cataratas do Iguaçu, [kataˈɾatɐʒ du iɡwaˈsu]; Spaans: Cataratas del Iguazú, [kataˈɾatas ðel iɣwaˈsu]; Guaraní: Chororo Yguasu, [ɕoɾoɾo ɨɣʷasu]) is een van die grootste watervalle in Suid-Amerika en geleë in die Rio Iguazú, 23 km oos van dié rivier se monding in die Río Paraná op die grens tussen Argentinië en Brasilië, net oos van die grens tot Paraguay.[1] Noordoos van die waterval is die Brasiliaanse stad Foz do Iguaçu in die deelstaat Paraná geleë, sowat 18 km wes die Argentynse stad Puerto Iguazú in die provinsie Misiones en verder noordwes die Paraguaanse stad Ciudad del Este. 80% van die Iguazú-waterval se oppervlakte behoort aan Argentinië en 20% aan Brasilië.

Iguazú-waterval*
Unesco-wêrelderfenisterrein

Die Iguazú-waterval
Ligging van Iguazú-waterval op 'n kaart (Brasilië)
Iguazú-waterval
Iguazú-waterval
Ligging van die Iguazú-waterval in Brasilië
Koördinate: 25°41′12″S 54°26′41″W / 25.68667°S 54.44472°W / -25.68667; -54.44472
Lande Vlag van Argentinië Argentinië
Vlag van Brasilië Brasilië
Tipe Natuur
Kriteria vii, x
Verwysings 355
Streek Suid-Amerika
Inskripsiegeskiedenis
Inskripsie 1984  (8ste Sessie)
Uitbreidings 1986
* Naam soos dit in die Wêrelderfenislys verskyn.
Streek soos deur Unesco geklassifiseer.

Die Iguazú-waterval is een van die Amerikas se grootste toeriste-aantreklikhede. Die Argentynse Iguazú Nasionale Park is in 1984 en die Brasiliaanse Iguaçu Nasionale Park in 1987 deur Unesco as wêrelderfenisgebied gelys.[2] In November 2011 is die Iguazú-waterval in 'n openbare stemming aangewys as een van die wêreld se New7Wonders of Nature.[3]

Die Iguazú-waterval is sowat 2 700 m breed, waarvan 900 m sonder watervloei; asook tussen 60 en 82 m hoog.[1] Dit bestaan uit tussen 150 en 300 enkele watervalle, afhangende van die watervlak.[1] Wanneer die rivier tydens die reënseisoen tussen November en Maart die sterkste afkom, vloei 12 750 kubieke meter per sekonde oor die rand van die waterval.[1]

Die naam van die waterval beteken "groot water" en is afgelei van die Guaraní-woorde y [ɨ] ("water") en ûasú [waˈsu] ("groot").[4] Die buitewêreld het die eerste keer van die waterval gehoor toe die Spaanse conquistador Álvar Núñez Cabeza de Vaca op 31 Januarie 1541 daarop afgekom het.

Galery

wysig

Sien ook

wysig

Verwysings

wysig
  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 (en) "Iguaçu Falls". Encyclopædia Britannica. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 April 2019. Besoek op 12 Augustus 2020.
  2. (en) "World Heritage List". Unesco. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Mei 2020. Besoek op 12 Augustus 2020.
  3. (en) "The Provisional New 7 Wonders of Nature". new7wonders.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Mei 2020. Besoek op 12 Augustus 2020.
  4. (en) "South America travel". Gosouthamerica.about.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Augustus 2018. Besoek op 12 Augustus 2020.

Eksterne skakels

wysig
  NODES
languages 1
os 7
web 2