Jonathan Larson
Jonathan Larson (4 Februarie 1960 – 25 Januarie 1996) was 'n Amerikaanse komponis.
Jonathan Larson | |
---|---|
Gebore | 4 Februarie 1960 White Plains, New York |
Sterf | 25 Januarie 1996 (op 35) New York |
Nasionaliteit | Verenigde State |
Beroep | komponis van musiekblyspel RENT |
Biografie
wysigLarson is in White Plains, New York, gebore. Hy het van jongs af in musiek belang gestel en het ook op hoërskool musiek gespeel. As student het hy aanvanklik vir klein produksies begin komponeer.
Larson het later toneelstukke begin skryf. Sy eerste musiekblyspel was Sacraimmorality. Gedurende die 1980's is dit opgevoer onder die titel Saved on 42nd Street.
Tussen 1983 en 1990 het Larson Superbia geskryf, 'n futuristiese rockmusiekblyspel. Dit is gegrond op 'n vroeëre poging van Larson om 'n musiekblyspel van George Orwell se Nineteen Eighty-Four te maak, maar Larson het nie die nodige regte hiervoor verkry nie.[1] Superbia is nog nooit as 'n musiekblyspel opgevoer nie.
Larson se volgende projek was 'n rockmonoloog; Boho Daya. Die titel het later verander na 30/90 en is vandag bekend onder die titel Tick, Tick... BOOM!. Die stuk is geskryf in reaksie op die industrie se weiering om sy Superbia te laat opvoer. Die vertoning is op buite-Broadway (off-Broadway) vertoon. Hierdeur het hy vir Stephen Sondheim, ‘n bekende komponis, ontmoet, wat hom by verskeie vervaardigers sou aanbeveel.
Die skrywer Billy Aronson het in 1988 'n moderne weergawe van La Bohème geskryf. Vanaf 1989 het Larson saam met hom begin werk. In 1991 het hy gevra of hy die projek heeltemal kan oorneem omrede hy sy eie lewenservaring deel wou maak daarvan.
Die musiekblyspel RENT is in 1996 op die planke gebring en het 'n groot sukses geword. Larson kon nie die sukses van die musiekblyspel beleef nie, aangesien hy op 25 Januarie 1996 dood is aan 'n aorta disseksie, veroorsaak deur Marfan se sindroom.
Verwysings
wysig- ↑ https://thecinemaholic.com/is-superbia-a-real-musical-where-can-i-see-it/ Is Superbia in Tick, Tick... Boom a Real Musical? Where Can I See it?, 2021-12-20, Pratik Handore, 2021-11-19, The Cinemaholic
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Jonathan Larson.