Kaliumpermanganaat

chemiese verbinding

Kaliumpermanganaat is 'n sout van kalium en permangaansuur wat mangaan in sy hoogste +7 oksidasietoestand bevat. Die chemiese formule is KMnO4.

Eienskappe

Algemeen

Naam Kaliumpermanganaat
Struktuurformule van
Struktuurformule van
Chemiese formule KMnO4
Molêre massa
CAS-nommer 7722-64-7[1]  
Voorkoms swartpers vastestof  
Reuk geen[1]
Fasegedrag  
Selkonstantes a-910,5; b=572,9; c=742,5pm  
Ruimtegroep Pnma[2] 
Nommer 62  
Strukturbericht H0₂
Smeltpunt ontbind >240 °C[1]
Kookpunt
Digtheid 2,710 [g/cm3][1]
Oplosbaarheid Oplosbaar 65,1 [g/L] [1]

Suur-basis eienskappe

pKa

Veiligheid

Flitspunt nie-brandbaar 
LD50 1 090 [mg/kg] (rot; oraal)[1]

Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande.

 
Portaal Chemie

Die stof is oplosbaar in water en gee dieppers oplossings. Dit is 'n baie sterk oksideermiddel.

Kristalstruktuur

wysig

Kaliumpermanganaat kristalliseer in die ortorombiese barietstruktuur.[3] Dit is die H02-struktuur van die strukturbericht-klassifikasie.

Chemiese eienskappe

wysig

Kaliumpermanganaat is 'n sterk oksideermiddel. Dit oksideer sulfiet en swaweldioksied na sulfaat, waterstofsulfied na swael, yster(II)soute na yster(III), oksaalsuur na koolstofdioksied ensomeer.[4] Dit word in redokstitrasies gebruik.

By verhitting word suurstof vrygestel:

 

Dit vorm 'n mengsel van die bruin mangaan(IV)oksied (met Mn(IV)) en groen kaliummanganaat (met Mn(VI)).[5]

Verwysings

wysig
  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 1,4 1,5 "SDS" (PDF). Fisher.
  2. "Crystal structure of potassium permanganate". Inorg. Chem. 6 (3): 503–507. 1967. doi:10.1021/ic50049a015.
  3. Reginald William James, W. A. Wood (1925). "The crystal structure of barytes, celestine and anglesite". Proceedings of the royal society. 109 (752). doi:10.1098/rspa.1925.0148.{{cite journal}}: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)
  4. E.J. Manson (1947). Schematisch overzicht der chemie. Tjeenk Willink.{{cite book}}: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)
  5. A.F. Holleman, E.H. Buchner (1947). Leerboek der anorganische chemie.{{cite book}}: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)
  NODES