Thomas Kenneth Mattingly (* 17 Maart 1936 - 31 Oktober 2023) was 'n voormalige Amerikaanse vlootoffisier en vlieënier, lugvaartingenieur, toetsvlieënier, adjunkadmiraal in die Amerikaanse Vloot en Nasa-ruimtevaarder. Hy was deel van die Apollo 16-, STS-4 en STS-51-C-missies. Hy sou op Apollo 13 gevlieg het maar is op kort kennisgewing onttrek weens 'n siekte wat hy vermoedelik opgedoen het. Dit blyk later 'n vals alarm te wees. Hy was later die bevelvoerder van die Apollo 16 se beheermodule. Hy is een van slegs 24 persone wat na die Maan gevlieg het. Hy was gewerf as deel van Ruimtevaardergroep 5.

Ken Mattingly
Gebore
Thomas Kenneth Mattingly II

17 Maart 1936
Sterf31 Oktober 2023 (op 87)
NasionaliteitVlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
Beroepruimtevaarder

Persoonlike lewe

wysig

In 1970, trou hy met Elizabeth Dailey.[1] Hulle het een kind.[2]

Mattingly sterf in Arlington, Virginië, op 31 Oktober 2023, op die ouderdom van 87.[3][4] NASA het sy dood twee dae later op 2 November aangekondig.[3]

Verwysings

wysig
  1. Rensberger, Boyce (17 April 1972). "Thomas Kenneth Mattingly 2d". The New York Times. p. 24. Besoek op 10 Desember 2019.
  2. Hero, Basil (2 April 2019). The Mission of a Lifetime: Lessons from the Men Who Went to the Moon. Grand Central Publishing. p. 243. ISBN 978-1-5387-4850-3.
  3. 3,0 3,1 NASA (November 2, 2023). "NASA Administrator Remembers Apollo Astronaut Thomas K. Mattingly II". Persberig. https://www.nasa.gov/news-release/nasa-administrator-remembers-apollo-astronaut-thomas-k-mattingly-ii/. 
  4. Goldstein, Richard (2 November 2023). "Ken Mattingly, Astronaut Scrubbed From Apollo 13, Is Dead at 87". The New York Times.

Eksterne skakels

wysig
  NODES
ELIZA 1
Intern 1
languages 1