Kores die Grote (Oud-Persies: 𐎤𐎢𐎽𐎢𐏁,[4] IFA: [kʰuːrʰuʃ], Kūruš,[5] Persies: کوروش بزرگ/کوروش کبیر, Kūroš-é-Bozorg) (c. 600 v.C. of 576 v.C. – Desember[6][7] 530 v.C.), ook bekend as Kores II of Kores van Persië,[8] was die eerste Zoroastriese Persiese keiser. Hy was die stigter van die Persiese Ryk onder die Achaemenidiese dinastie.[9] Sy naam word ook Cirus of Sirus gespel.

Kores die Grote
Koning van Āryāvarta,[1][2] Koning van Persië, Koning van Anshan, Koning van Medië, Koning van Babilon, Koning van Sumer en Akkad, Koning van die vier hoeke van die Wêreld[3]
Kores die Grote
Kores die Grote
Regeer 559 v.C. – 530 v.C.
Gebore c. 600 v.C. of 576 v.C.; Anshan, Persië
Oorlede Desember 530 v.C.
Begrawe Pasargadai
Voorganger Kambuses I
Opvolger Kambuses II
Vader Kambuses I
Moeder Mandane van Medië of Argoste van Persië
Eggenoot Kassandane van Persië
Kinders Kambuses II
Bardiya
Artystone
Atossa
Kaart van die Persiese Ryk onder Kores die Grote

Dit was onder sy heerskappy dat die ryk alle voorheen beskaafde state van die antieke Nabye Ooste omsluit het,[9] reusagtig uitgebrei en uiteindelik die oorgrote deel van Suidwes-Asië en heelwat van Sentraal-Asië, nl. van Egipte en die Hellespont in die Weste tot die Indusrivier in die ooste verower het, ten einde die grootste ryk te vestig wat die wêreld destyds nog gesien het.[10]

Die regering van Kores het tussen 29 en 30 jaar geduur. Kores het sy ryk gebou deur eers die Mediese Ryk te beveg en verslaan, daarna die Lidiese en Nieu-Babiloniese Ryk. Voor of ná sy inval van Babilon, het hy 'n veldtog gelei na Sentraal-Asië, wat uitgeloop het op groot veldtogte wat "elke nasie sonder uitsondering onderwerp het."[11] Kores het nie Egipte betree nie, aangesien hy gesterf het in 'n veldslag teen die Massagete langs die Sirdarja in Desember 530 v.C..[12][13] Hy is opgevolg deur sy seun, Kambuses II, wat geslaag het om tot die ryk by te voeg deur Egipte, Nubië en Kyrenaika tydens sy kort regering te verower.

Graftombe van Kores die Grote

As 'n militêre leier was Kores se nalatenskap die kuns van leierskap en besluitneming, en hy het sy sukses toegeskryf aan "Veelsydigheid in raadsbesluite, eenheid in aanvoering."[14] Kores die Grote het die sedes en gelowe van die lande wat hy verslaan het, gerespekteer.[15] Daar word beweer die rol van die Achaemenidiese Ryk, soos deur Kores gestig, was geleë in die besonder suksesvolle model vir gesentraliseerde administrasie en die vestiging van 'n regering wat gestreef het na die opheffing en voordeel van sy onderdane.[9] Die administrasie van die ryk deur satrape, en die kernbeginsel van 'n regeringsetel gevestig te Pasargadai was inderdaad die werk van Kores.[16] Benewens sy eie nasie, Iran, blyk Kores se nalatenskap ook by die Joodse geloof (vanweë sy Edik van Restaurasie), menseregte, politiek, en militêre strategie, asook in die Oosterse en Westerse beskawing.

Sien ook

wysig

Verwysings

wysig
  1. Vesta Sarkhosh Curtis, Sarah Stewart (2005). Birth of the Persian Empire. I.B.Tauris.
  2. Thomas J. Hopkins (1971). The Hindu religious tradition. Dickenson Pub. Co. p. 52.
  3. Ghasemi, Shapour. "The Cyrus the Great Cylinder" (in Engels). Iran Chamber Society. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 31 Oktober 2019. Besoek op 22 Februarie 2009.
  4. Ghias Abadi, R. M. (2004). Achaemenid Inscriptions lrm; (in Persies) (2de uitgawe uitg.). Teheran: Shiraz Navid Publications. p. 19. ISBN 964-358-015-6.
  5. Kent, Ronald Grubb (1384). Old Persian: Grammar, Text, Glossary (in Persies). vertaal na Persies deur S. Oryan. p. 393. ISBN 964-421-045-X.
  6. (Dandamaev 1989, p. 71)
  7. Jona Lendering. "livius.org" (in Engels). livius.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Oktober 2014. Besoek op 19 Julie 2009.
  8. Xenophon, Anabasis I. IX; sien ook M.A. Dandamaev "Cyrus II", in Encyclopaedia Iranica.
  9. 9,0 9,1 9,2 Schmitt Achaemenid dynasty (Hoofstuk i. The clan and dynasty)
  10. Kuhrt, Amélie. "13". The Ancient Near East: C. 3000-330 BC. Routledge. p. 647. ISBN 0-415-16762-0. {{cite book}}: Cite has empty unknown parameter: |chapterurl= (hulp)
  11. Cambridge Ancient History IV Hoofstuk 3c. p. 170. Die aanhaling is van die Griekse historikus Herodotos
  12. Beckwith, Christopher. (2009). Empires of the Silk Road: A History of Central Eurasia from the Bronze Age to the Present. Princeton en Oxford: Princeton University Press. ISBN 978-0-691-13589-2. Bladsy 63.
  13. Kores se sterfdatum word afgelei van die laaste twee verwysings na sy eie regering ('n tablet van Borsippa, gedateer na 12 Augustus, en die laaste van Babilon, 12 September 530 v.C.) en die eerste verwysing na die regering van sy seun Kambuses ('n tablet van Babilon gedateer na 31 Augustus en of 4 September), maar 'n ongedokumenteerde tablet van die stad Kisj dateer die laaste amptelike regering van Kores na 4 Desember 530 v.C.; sien R.A. Parker en W.H. Dubberstein, Babylonian Chronology 626 B.C. - A.D. 75, 1971.
  14. Garvin, David; Roberto, Michael (1 September 2001). "What You Don't Know About Making Decisions". Harvard Business Review. Vol. 79, no. 8. pp. 108–16.
  15. Dandamayev Cyrus (iii. Cyrus the Great) Kores se godsdienstige beleid.
  16. The Cambridge Ancient History Vol. IV p. 42. Sien ook: G. Buchaman Gray en D. Litt, The foundation and extension of the Persian empire, Hoofstuk I in The Cambridge Ancient History, band IV, 2e uitgawe, Gepubliseer deur The University Press, 1927. p. 15. Aanhaling: Die administrasie van die ryk deur satrape, en veel meer behorend tot die vorm of gees van die regering, was die werk van Kores...
  NODES
admin 3