Lagan (Russies en Kalmikies: Лагань) is een van die drie stede in die Republiek van Kalmikië, Rusland. Dit is die enigste nedersetting van die gelyknamige Lagan Stedelike Munisipaliteit en die setel van Lagan-rajon wat nog vyf kleiner dorpies insluit. Dit lê op die klein Laganmeer wat met die nabygeleë Kaspiese See met 'n kanaal verbind is.

Lagan

Лагань
Stad
Amptelike seël van Lagan
Seël
Die ligging van Kalmikië in Rusland
Die ligging van Kalmikië in Rusland
Lagan is in Kalmikië
Lagan
Lagan
Die ligging van Lagan in Kalmikië
Koördinate: 45°23′27″N 47°21′57″O / 45.39083°N 47.36583°O / 45.39083; 47.36583
LandVlag van Rusland Rusland
DeelgebiedKalmikië
RajonLagan
Bevolking
 • Totaal13 834
TydsoneUTC+03:00 (MSK, Moskouse tyd)
Poskode
359221

Lagan is in die 1850's gestig deur etnies Russiese vissers gestig.

Demografie

wysig

Volgens Sensus 2010 het Lagan 14 323 inwoners gehad. Etniese Kalmikiërs vorm die meerderheid van die dorpie se bevolking.[1]

Etniese groepe Sensus 2010 Persentasie
Kalmikiërs 7 188 50,2%
Russe 5 468 38,2%
Kasakke 1 124 7,9%
Tartare 195 1,4%
Onbekend en ander groepe 348 2,3%
Totaal 14 323 100%

Verwysings

wysig
  1. Bespyatov, Tim. "Republic of Kalmykia. Ethnic composition (noisy data from census microdata base), all places: 2010 census". Population statistics of Eastern Europe & former USSR (in Russies). Besoek op 22 Julie 2023.


  NODES