Lineêr A
Lineêr A is die moderne benaming van 'n antieke skryfstelsel wat deur mense van die Minoïese beskawing op die eiland Kreta in Griekeland gebruik is.
Lineêr A | ||||
Brokstukke van Lineêr A-tablette wat in 'n skuur in Akrotiri, Santorini, ontdek is. | ||||
Soort skryfstelsel | Onontsyfer, vermoedelik 'n lettergreepskrif en ideografies) | |||
Tyd gebruik | c. 1800-1000 v.C. | |||
Rigting | Links na regs | |||
Streek | Kreta | |||
Tale | Minoïes (onbekend) | |||
Stelsels | ||||
Susterstelsels | Kretensiese hiërogliewe | |||
Dogterstelsels | ||||
ISO 15924 | Lina, 400 | |||
Nota | ||||
Hierdie bladsy kan fonetiese IFA-simbole of letters uit ander alfabette bevat | ||||
|
Lineêr A is 'n lettergreepskrif wat ongeveer 2000 v.C. in gebruik geneem is. Dit word nie ten volle verstaan nie en dit is nie heeltemal seker in watter taal dit geskryf is nie. Die skrif is waarskynlik hoofsaaklik gebruik vir rekeningkunde in die administrasie, wat in die groot paleise gebaseer was. Lineêr A is tot die 15de eeu v.C. gebruik.
Hierdie skrif is voorafgegaan deur die Kretensiese hiërogliewe (waaruit dit blykbaar ontwikkel het) en is deur Lineêr B vervang. Laasgenoemde is gebruik vir tekste in Grieks, maar die taal van Lineêr A was blykbaar anders. Daar word gedebatteer oor die verhouding tussen Lineêr A en Lineêr B; in die verlede is die algemene opinie gehuldig dat Lineêr B uit die vroeëre Lineêr A ontwikkel het, terwyl moderne navorsers ingewikkelder verhoudings oorweeg (dat hulle uit verskillende variëteite van hiërogliewe ontwikkel het).
LInear A is verwant aan die Siprominoïese lettergreepskrif (SM), wat ongeveer 100-200 jaar later op Siprus ontstaan het. Die verhouding tussen hierdie twee is onduidelik; dit is moontlik dat SM uit die hiërogliewe eerder as van Lineêr A ontwikkel het.
Die Suid-Afrikaanse taalkundige Maurice Pope het 'n korpus van inskripsies van Lineêr A (in samewerking met Jacques Raison) voorberei, wat later in België gepubliseer is.