MPLA
Die MPLA (Portugees: Movimento Popular de Libertação de Angola vir Volksbeweging vir die Bevryding van Angola) was 'n bevryingsbeweging, en is nou die regerende party in Angola.
Movimento Popular de Libertação de Angola – Partido do Trabalho | |
MPLA | |
Vlag van die MPLA
| |
Leier | João Lourenço |
---|---|
Slagspreuk | Vrede, werk en vryheid |
Gestig | 1 Desember 1956 |
Nuusbrief | Jornal Éme |
Hoofkwartier | Av. Ho Chi Minh 34, Luanda, Angola |
Jeugvleuel | Juventude do MPLA |
Ideologie | Sosiaal-Demokrasie |
Internasionale affiliasie | Sosialistiese Internasionaal |
Webblad | mpla.org |
Dit is in 1956 gestig om die Portugese koloniale bewind uit Angola (toe nog Portugees-Wes-Afrika) te verdryf. Aanvanklik opereer die MPLA vreedsaam, maar toe die Portugese owerheid in 1961 die leiers toesluit, begin hulle met 'n guerrillastryd. In 1961 word Agostinho Neto tot voorsitter van de MPLA verkies.
Ná die dood van Angola se eerste president, Agostinho Neto op 10 September 1979, is José Eduardo dos Santos Santos op 20 September 1979 tot president van die MPLA verkies, en word hy president van Angola op 21 September 1979.
In September 2018 het João Lourenço die leier geword van die party na aanleiding van die besluit van José Eduardo dos Santos om af te tree.