Magnesiumhidroksied
chemiese verbinding
Magnesiumhdroksied is 'n chemiese verbinding met formule Mg(OH)2. Dit is 'n vastestof wat effens in water oplosbaar is en basiese eienskappe besit. Dit word in die natuur as die mineraal brusiet aangetref.
Algemeen | |
---|---|
Naam | Magnesiumhidroksied |
Chemiese formule | Mg(OH)2 |
Molêre massa | 58,32 g/mol |
CAS-nommer | 1309-42-8 |
Voorkoms | wit vastestof |
Fasegedrag | |
Strukturbericht | C6 |
Smeltpunt | ontbind (~325 °C) |
Kookpunt | — |
Digtheid | 2,36 (rel. water) |
Oplosbaarheid | effens oplosbaar in water[1] |
Suur-basis eienskappe | |
pKa | |
Veiligheid | |
Flitspunt | |
Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande. | |
Portaal Chemie |
Gebruik
wysig'n Suspensie van die hidroksied in water – melk van magnesia – het 'n pH van ongeveer 9,5 tot 10,5 en word soms teen maagsuurprobleme aangewend. Dit word in die suikervervaardiging en vir die vervaardiging van magnesiummetaal gebruik. Dit word ook as brandvertragende middel gebruik omdat dit bo 'n temperatuur van 325 °C ontbind en 31% water vrystel.[2]
Verwysings
wysig- ↑ ScienceLab MSDS.
- ↑ "Chemicalland21" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 November 2016. Besoek op 30 April 2017.