Hierdie artikel handel oor die taal. Vir die etniese groep, sien Mapuche.

Mapudungun (afgelei van mapu "aarde", "grond" of "land" en sdugun "praat", "spraak" of "taal") is 'n inheemse taal van Suid-Amerika wat deur sowat 260 000 mense in die suidsentrale Andesstreek van Argentinië en Chili gepraat word. Dit word veral deur die Mapuche gepraat en is naas die amptelike taal Spaans die tweede belangrikste taal van Chili. Mapudungun word oorwegend in die sentrum en suide van Chili gepraat en behoort tot die taalfamilie van Araukaniese tale, 'n geïsoleerde taalfamilie wat naas Mapudungun nog Huilliche insluit.

Mapudungun
Gepraat in: Vlag van Argentinië Argentinië
Vlag van Chili Chili
Totale sprekers: 258 620[1]
Taalfamilie: Araukanies
 Mapudungun
 
Skrifstelsel: Latynse alfabet 
Amptelike status
Amptelike taal in: geen
Gereguleer deur: geen
Taalkodes
ISO 639-1: geen
ISO 639-2: arn
ISO 639-3: arn 
Verspreiding van Mapudungun
Name van die kop se gedeeltes in Mapudungun en Spaans

Sien ook

wysig

Verwysings

wysig
  1. "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Mapudungun" (in Engels). Ethnologue. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Mei 2020. Besoek op 14 April 2016.

Eksterne skakels

wysig
  NODES
Done 1
eth 2
see 1