Molibdeenheksakarboniel

chemiese verbinding

Molibdeenheksakarboniel is 'n verbinding van molibdeen in sy 0 oksidasietoestand en koolstofmonoksied met formule Mo(CO)6.

Eienskappe

Algemeen

Naam Molibdeenheksakarboniel
Struktuurformule van
Struktuurformule van
Chemiese formule Mo(CO)6
Molêre massa 264 [g/mol][1]
CAS-nommer 13939-06-5[1]  
Voorkoms roomkleurige vastestof [1]
Fasegedrag  
Selkonstantes a=1201,9(2)pm; b=1141,5(3) pm; c=648,8(1) pm; Z=4[2]  
Ruimtegroep Pnma 
Nommer 62
Smeltpunt 150 °C[1]
Kookpunt 156 °C[1]
Digtheid 1,96 [g/cm3] @ 25 °C[1]
Oplosbaarheid

Suur-basis eienskappe

pKa

Veiligheid

Flitspunt

Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande.

 
Portaal Chemie

Dit is 'n vaste stof met toksiese eienskappe. In rioolgasse is klein hoeveelhede molibdeenkarboniel (<1 ppb) aangetref.[3]

Kristalstruktuur

wysig

Die stof kristalliseer in 'n ortorombiese molekulêre struktuur wat uit amper perfekte oktaëdriese molekules bestaan.[2]

Chemiese eienskappe

wysig

Molibdeenheksakarboniel is 'n kleurlose, reuklose, lugstabiele en diamagnetiese vaste stof. Dit is nouliks oplosbaar in nie-polêre organiese oplosmiddels en effens oplosbaar in polêre oplosmiddels. Dit kan berei word uit fyn verdeelde (piroforiese) molibdeen en koolstofmonoksied onder hoë druk. Mo(CO)6 het meer toepassings in organiese sintese gevind as enige ander Mo-reagens. Dit word gebruik om verskeie reaksies te kataliseer, naamlik C-C- bindingsvorming, siklisering, ringsplyting van heterosikliese verbindings, reduksies, oksidasies, heterosikliese ringvorming ens.[4]

Verwysings

wysig
  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 1,4 1,5 "Molybdenumhexacarbonyl". Sigma-Aldrich.
  2. 2,0 2,1 Thomas C. W. Mak (1984). "Crystal structure of molybdenum hexacarbonyl". Zeitschrift fur kristallographie. 166: 277–281.
  3. J. Feldmann (1999). "Determination of Ni(CO)4, Fe(CO)5, Mo(CO)6, and W(CO)6 in sewage gas by using cryotrapping gas chromatography inductively coupled plasma mass spectrometry". Journal of Environmental Monitoring. 1.
  4. Jitender M . Khurana, Sushma Chauhan, Arpita Agrawal (2004). "MOLYBDENUM IN ORGANIC SYNTHESIS . A REVIEW". ORGANIC PREPARATIONS AND PROCEDURES INT. 36 (3): 201–276.{{cite journal}}: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)
  NODES
languages 1
os 9